Skip to main content

Tag: Leesrooster 2021

PSALM 22:1-15

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 22:1-15

1Vir die musiekleier. Op “Die rooi takbok van die dagbreek”. ‘n Psalm. Van Dawid.

2My God, my God,

waarom het U my verlaat?

Waarom is U ver daarvan

om my te verlos,

ver van die woorde

wat ek uitskreeu?

3My God, ek roep bedags,

maar U antwoord nie,

ook snags,

maar daar is geen rus vir my nie.

4U is tog die •Heilige,

U heers waar die lofliedere

van Israel opklink.

5Op U het ons voorouers vertrou,

hulle het vertrou

en U het hulle bevry.

6Tot U het hulle om hulp geroep

en hulle het ontvlug;

op U het hulle vertrou

en hulle het nie beskaamd gestaan nie.

7Maar ek is ‘n wurm en nie ‘n mens nie,

bespot deur die mense,

verag deur die volk.

8Almal wat my sien,

dryf met my die spot;

hulle gryns en skud die kop:

9“Wend jou tot die Here!” en

“Laat Hy hom bevry,

laat Hy hom red

as Hy hom goedgesind is!”

10U is immers die Een wat my

uit die baarmoeder gehaal het,

my op die borste

van my moeder laat vertrou het.

11Op U is ek aangewese

van die moederskoot af;

van my geboorte af is U my God.

12Moenie ver van my bly nie,

want die nood is naby;

daar is immers niemand wat help nie!

13Baie bulle het my omsingel;

die sterkes van Basan het my vasgekeer.

14Hulle het hulle monde

teen my oopgesper

soos ‘n leeu wat verskeur en brul.

15Soos water is ek uitgestort,

my hele gebeente val uitmekaar;

my hart het geword soos was,

dit het in my liggaam gesmelt.

16My krag het uitgedroog

soos ‘n potskerf,

en my tong kleef

aan my verhemelte;

in die stof van die dood laat U my lê.

17Inderdaad, honde het my omsingel.

‘n Bende kwaaddoeners het my omring;

hulle het my hande en my voete

deurboor.

18Ek kan al my bene tel.

Hulle staar my aan met leedvermaak.

19Hulle verdeel my klere

onder mekaar,

en hulle loot oor my boklere.

20U, Here, moet tog nie

ver van my bly nie;

my bron van krag,

kom my gou te hulp.

21Red tog my lewe van die swaard,

my enigste lewe uit die mag

van die honde.

22Red my uit die bek van die leeu,

en van die horings van buffels.

U het my geantwoord.

23Ek wil u Naam verkondig

aan my •broers;

in die byeenkoms wil ek U loof:

24“Julle wat vir die Here

ontsag het, loof Hom!

Julle, die ganse nageslag

van Jakob, vereer Hom!

Vrees Hom, ganse nageslag van Israel!

25Want Hy het die lyding

van die magtelose

nie geminag of misken nie;

Hy het sy gesig nie vir hom verberg nie;

maar toe hy Hom om hulp gesmeek het,

het Hy gehoor.”

26U is die rede vir my lofprysing

in ‘n groot byeenkoms;

my geloftes sal ek nakom

in die teenwoordigheid

van dié wat vir Hom ontsag het.

27Die verdruktes kan dan eet

en versadig word;

wie Hom raadpleeg,

kan die Here loof.

Mag julle harte vir altyd leef!

28Almal tot aan die uithoeke

van die aarde

moet daaraan dink

en hulle tot die Here bekeer.

Al die familiegroepe van die nasies

moet voor U in aanbidding buig;

29want aan die Here

behoort die koningskap,

en Hy heers oor die nasies.

30Ja, voor Hom sal almal

wat oordadig leef,

in aanbidding neerbuig;

voor Hom sal alle sterflinge kniel,

elkeen wat nie die lewe kan behou nie.

31‘n Nageslag sal Hom dien;

hulle sal van my Heer vertel

aan die volgende geslag.

32Hulle sal kom en sy geregtigheid

bekend maak aan mense

wat nog gebore moet word:

Hy het dit gedoen.

Teks en konteks

Continue reading

JOB 23:1-9, 16-17

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

JOB 23:1-9, 16-17

JOB SE ANTWOORD OP ELIFAS SE DERDE BETOOG

1Job het hierop gereageer en gesê:

2“Ook vandag is my klag rebels;

sy hand is swaar,

ten spyte van my gesug.

3Ag, as ek maar geweet het

waar ek Hom kon vind,

as ek maar tot by

sy vaste woonplek kon kom!

4Ek sou die saak voor Hom uiteensit;

my mond sou ek vul met pleitredes.

5Ek sou kennis neem van die woorde

waarmee Hy teen my getuig;

ek sou begryp wat Hy vir my sê.

6Sou Hy met groot krag

‘n regstryd teen my voer?

Nee, maar Hy sal aan my

aandag gee.

7‘n Opregte sou daar

met Hom redeneer;

en ek sou vir altyd ontkom

aan my regter.

8Kyk, gaan ek oos, is Hy nie daar nie,

en wes, dan gewaar ek Hom nie.

9In die noorde, terwyl Hy werk,

merk ek Hom nie op nie;

verhul Hy Hom in die suide,

sien ek Hom nie raak nie.

10Ja, Hy ken die pad waarop ek gaan;

as Hy my toets –

soos goud sal ek daar uitkom.

11In sy spoor het my voete gebly;

by sy pad het ek gehou,

en nie afgedraai nie.

12Die opdrag van sy lippe –

daaraan het ek my nie onttrek nie;

in die vou van my kleed

het ek die woorde uit sy mond

in bewaring gehou.

13“Maar Hy is uniek –

wie kan Hom teengaan?

Wat Hy graag wil doen,

dit voer Hy uit.

14Ja, Hy sal wat vir my bestem is, volbring.

Hy het baie dinge soos hierdie in gedagte.

15Daarom staan ek verbysterd voor Hom;

as ek daaroor nadink, vrees ek Hom.

16Dit is God wat my swak van hart maak;

dit is die Almagtige wat my verbysterd laat.

17Ja, ek word nie stilgemaak

deur die donker nie,

deur die feit dat ek self

deur diepe duisternis omhul word nie.

Teks en konteks

Continue reading

MARKUS 10:17-31

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

MARKUS 10:17-31

DIE RYK MAN

(Matt 19:16-30; Luk 18:18-30)

17Toe Hy uitgaan om sy reis te hervat, hardloop daar iemand na Hom toe, kniel voor Hom en vra Hom: “Goeie Meester, wat moet ek doen sodat ek die ewige lewe kan erf?” 18Jesus het hom geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, en dit is God! 19Jy ken die gebooie, ‘Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie vals getuig nie; jy mag nie bedrog pleeg nie; eer jou vader en jou moeder.’ ” 20Maar hy antwoord Hom: “Meester, al hierdie dinge het ek van jongs af nagekom.” 21Jesus het stip na hom gekyk, hom liefgekry en vir hom gesê: “Een ding kom jy kort – gaan verkoop alles wat jy het en gee dit vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. En jy, kom hier, volg My.” 22Maar hy het terneergedruk geword oor hierdie antwoord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23Jesus het toe om Hom rondgekyk vir sy dissipels gesê: “Hoe moeilik sal hulle wat rykdom het, in die koninkryk van God ingaan!” 24Die dissipels was verbysterd oor sy woorde. Jesus sê toe weer vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit tog om in die koninkryk van God in te gaan! 25Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk mens om in die koninkryk van God in te gaan.” 26Die dissipels was heeltemal uit die veld geslaan en het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?” 27Jesus het stip na hulle gekyk en gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie, want by God is alles moontlik.”

28Petrus het vir Hom gesê: “Kyk, óns het alles agtergelaat en U gevolg.” 29Jesus het geantwoord: “Amen, Ek sê vir julle: Daar is niemand wat, huis, broers of susters, moeder, vader of kinders of grond ter wille van My en ter wille van die evangelie agterlaat, 30en nie nou in hierdie tyd honderd maal soveel sal ontvang nie: huise, broers en susters, ma’s en kinders, en grond – en vervolgings daarmee saam – en in die bedeling wat kom, die ewige lewe. 31Maar baie wat eerste is, sal laaste wees en wat laaste is, eerste.”

Teks en konteks

Continue reading

HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12

Ek gee albei hoofstukke vir konteks.

GOD SE OPENBARING DEUR SY SEUN

11In die ou tyd het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun.

Hom het Hy aangestel

as erfgenaam van alle dinge,

en deur Hom het Hy

ook die wêreld geskep.

3Hy is die uitstraling

van God se heerlikheid,

en die ewebeeld van sy wese.

Hy hou alles in stand

deur sy magtige woord;

en nadat Hy die reiniging

van sondes bewerk het,

het Hy gaan sit aan die regterhand

van die Majesteit in die hoogtes.

4Hy is hoog bo die engele verhef,

net soos wat Hy ‘n Naam geërf het

wat uitnemender as hulle s’n is.

DIE SEUN VERHEWE BO ENGELE

5Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê:

“Jy is my Seun;

vandag het Ek jou verwek.”

En ook:

“Ek sal vir Hom ‘n Vader wees,

en Hy sal vir My ‘n Seun wees.”

6Maar wanneer Hy die •Eersgeborene weer in die wêreld inlei, sê Hy:

“En laat al die engele van God

Hom aanbid.”

7Oor die engele sê Hy:

“Hy maak sy engele stormwinde,

en sy dienaars vuurvlamme.”

8Maar vir die Seun sê Hy:

“U troon, o God,

is vir ewig en ewig,

en die septer van geregtigheid

is die septer van u koninkryk!

9U het •geregtigheid lief,

en U haat wetteloosheid;

daarom, o God, het u God

U gesalf met olie van vreugde,

meer as u vriende.”

10En:

“U het aan die begin, o Here,

die aarde se fondamente gegrondves,

en die hemele is die werk van u hande.

11Hulle sal vergaan,

maar U bly bestaan.

Soos ‘n kledingstuk

sal hulle almal verslyt,

12en soos ‘n mantel

sal U hulle oprol;

soos ‘n kledingstuk

sal hulle vervang word,

maar U bly dieselfde, en u jare

sal nie tot ‘n einde kom nie.”

13Aan wie van die engele het Hy ooit gesê:

“Sit aan my regterhand,

totdat Ek jou vyande

‘n voetbank vir jou voete gemaak het.”

14Is hulle nie almal dienende geeste, wat uitgestuur word ter wille daarvan om hulle wat die verlossing sal beërf, by te staan nie?

ERNSTIGE VERMANING

21Daarom moet ons soveel te meer aandag gee aan dit wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdryf nie. 2Want as die boodskap wat deur engele verkondig is, inderdaad bindend was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regmatige straf ontvang het, 3hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot verlossing verontagsaam? Hierdie verlossing is eers deur die Here verkondig, en daarna aan ons bevestig deur hulle wat dit gehoor het, 4terwyl God dit verder bevestig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade, en deur gawes van die Heilige Gees, wat uitgedeel is soos Hy dit goedgevind het.

JESUS BROER VAN MENSE

5Want Hy het die komende wêreld waarvan ons praat, nie aan engele onderwerp nie. 6Maar iewers het iemand dit uitdruklik bevestig en gesê:

“Wat is die mens

dat U aan hom dink,

of die mensekind,

dat U na hom omsien?

7U het hom vir ‘n kort rukkie

minder as engele gemaak,

en hom met heerlikheid

en eer gekroon;

8U het alles onder sy voete gestel.”

Deur alles aan hom te onderwerp, het Hy immers niks oorgeslaan wat nie aan hom onderwerp is nie. Nou sien ons egter nog nie dat alles aan hom onderwerp is nie. 9Maar ons sien Jesus, met heerlikheid en eer gekroon, Hy wat deur sy lyding tot in die dood vir ‘n kort rukkie minder as die engele gemaak is, sodat Hy, deur God se genade, ter wille van almal die dood sou ervaar.

10Dit was immers gepas dat Hy, vir en deur wie alles bestaan, ten einde baie kinders tot heerlikheid te lei, die Leidsman van hulle verlossing deur lyding tot volmaaktheid sou bring. 11Want sowel Hy wat heilig maak as hulle wat heilig gemaak word, is almal uit Een. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie, 

12wanneer Hy sê:

“Ek sal u Naam

aan my broers verkondig,

in die byeenkoms

sal Ek u lof besing!”

13En ook:

“Ek sal my vertroue

steeds in Hom stel.”

En ook:

“Kyk, hier is Ek en die kinders

wat God My gegee het!”

14Aangesien die kinders dan aan vlees en bloed deel het, het ook Hy net so aan dieselfde dinge deel gekry, sodat Hy deur sy dood die een wat oor die dood mag het, dit is die Duiwel, kragteloos kon maak, 15en sodat Hy hulle wat uit vrees vir die dood hulle lewe lank in slawerny verkeer het, kon bevry. 16Want Hy is vir seker nie oor engele besorg nie; inteendeel, Hy is oor Abraham se nageslag besorg. 17Daarom moes Hy in elke opsig gelyk word aan sy broers, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue Hoëpriester kon word, om as offer te dien tot versoening van die volk se sondes. 18Want omdat Hy self gely het toe Hy versoek is, is Hy in staat om dié wat versoek word, te help.

Teks en konteks

Continue reading

PSALM 26

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 26

1Van Dawid.

Handhaaf my reg, Here,

want ek, ek gedra my onberispelik;

ek vertrou op die Here,

ek wankel nie.

2Toets my, Here,

en stel my op die proef.

Suiwer my niere en my hart!

3Want ek hou u troue liefde voor oë

en ek leef volgens u waarheid.

4Ek sit nie by bedrieërs nie,

en by slinkse mense kom ek nie.

5Ek het ‘n weersin in die byeenkoms

van kwaaddoeners,

en by goddeloses sit ek nie.

6Ek was my hande

om my onskuld te toon,

sodat ek rondom u altaar kan loop, Here,

7om ‘n loflied te laat opklink

en te vertel van al u wonderdade.

8Here, ek het die huis

waar U woon, lief,

u heerlike woonplek.

9Moet my nie wegruk

saam met sondaars,

my lewe saam met manne

wat bloed vergiet nie,

10hulle aan wie se hande

‘n skanddaad kleef,

en wie se regterhand

vol omkoopgeld is.

11Maar ek, ek gedra my onberispelik –

red my en wees my genadig!

12My voet staan op gelyk grond;

in die byeenkomste

sal ek die Here prys.

Teks en konteks

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda