Skip to main content

Tag: Leesrooster 2021

PSALM 127

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 127

1‘n Pelgrimslied. Van Salomo.

As die Here die huis nie bou nie,

swoeg die bouers tevergeefs daaraan.

As die Here oor die stad nie wag hou nie,

bly die wagte tevergeefs wakker.

2Tevergeefs dat julle vroeg opstaan,

eers laat tot rus kom,

kos eet wat moeisaam verkry is.

Netsowel gee Hy dit

aan sy geliefdes in die slaap.

3Kyk, seuns is ‘n erfdeel

wat van die Here kom;

die vrug van die moederskoot

is ‘n beloning.

4Soos pyle in die hand

van ‘n krygsheld,

so is die seuns van jou jeug.

5Gelukkig is die man

wat sy pylkoker

met hulle gevul het.

Hulle sal nie beskaamd staan

wanneer hulle met vyande

in die stadspoort woorde wissel nie. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

RUT 3:1-5; 4:13-17

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

RUT 3:1-5; 4:13-17

Ek gee albei hoofstukke ter wille van konteks.

RUT OP DIE DORSVLOER

31Naomi, Rut se skoonmoeder, het vir haar gesê: “My dogter, moet ek nie vir jou ‘n tuiste soek waar dit met jou goed sal gaan nie? 2Nou ja, Boas wie se werkers jy gevolg het, is mos familie van ons. Hy gaan vanaand by die dorsvloer gars uitwan. 3Was jou, smeer geurige olie aan en trek jou beste klere aan. Dan gaan jy af dorsvloer toe. Maar moenie dat die man weet jy is daar voordat hy klaar geëet en gedrink het nie. 4En as hy gaan slaap, maak seker van die plek waar hy lê. Gaan dan nader, maak sy voete oop en gaan lê daar. Hy sal dan self vir jou sê wat jy moet doen.” 5Rut het geantwoord: “Ek sal alles doen wat u sê.”

6Sy het na die dorsvloer toe afgegaan en alles gedoen wat haar skoonmoeder haar voorgesê het. 7Nadat Boas geëet en gedrink het, en sy hart vrolik was, het hy aan die kant van die hoop graan gaan lê. Sy het stilletjies nadergegaan, sy voete oopgemaak en daar gaan lê. 8In die middel van die nag skrik Boas wakker. Iets raak aan hom, en sowaar, daar lê ‘n vrou by sy voete! 9“Wie is jy?” vra hy. Sy antwoord: “Ek is Rut, u slavin. Gooi die soom van u kleed oor u slavin, want u is die losser.” 10Hy sê toe: “Mag jy geseën word deur die Here, my dogter. Jou trou aan die familie blyk nou nog duideliker as voorheen, aangesien jy nie agter jong mans, of hulle arm of ryk is, aanloop nie. 11Moet dus nie bang wees nie, my dogter. Alles wat jy vra, sal ek doen. Al my mense in die dorp weet immers dat jy ‘n deugsame vrou is. 12Dit is nou wel waar dat ek ‘n losser is, maar daar is ook ‘n losser wat nader familie is as ek. 13Bly vannag hier. En môreoggend, as hy jou wil loskoop, goed, laat hy jou dan loskoop. Maar as hy jou nie wil loskoop nie, dan sal ek, so waar as die Here leef, dit self doen. Bly nou maar lê tot môreoggend.” 14Sy het tot die môre toe by sy voete bly lê.

Nog voordat ‘n mens iemand anders sou kon herken, het sy opgestaan, want hy het gesê: “Dit mag nie bekend word dat ‘n vrou na die dorsvloer gekom het nie.” 15Boas sê toe vir haar: “Gee die sjaal wat jy om het en hou dit oop.” Sy het dit oopgehou, en hy het ses mate gars daarop afgemeet en dit op haar skouer getel. Daarna is hy die dorp in.

16Toe sy by haar skoonmoeder kom, vra sy vir haar: “Hoe het dit toe gegaan, my dogter?” Sy het haar alles vertel wat die man vir haar gedoen het. 17Sy het ook gesê: “Hierdie ses mate gars het hy vir my gegee, want hy het gesê, ‘Jy mag nie met leë hande by jou skoonmoeder aankom nie.’ ” 18Naomi antwoord: “My dogter, wag nou maar totdat jy weet hoe die saak uitval. Die man sal nie tot rus kom tensy hy die saak vandag nog afhandel nie.”

BOAS AS LOSSER

41Boas het na die dorpspoort gegaan en daar gaan sit. Juis toe kom die losser van wie hy gepraat het, daar verby. “Draai af hierheen, kom sit hier!” sê Boas vir hom. Die man het afgedraai en gaan sit. 2Boas kry toe nog tien manne, van die dorp se oudstes, en sê vir hulle: “Kom sit hier!” Nadat hulle gaan sit het, 3sê hy vir die losser: “Die deel van die grond wat aan Elimeleg, ons familielid, behoort, word verkoop deur Naomi, wat teruggekom het van die gebied van Moab. 4Ek het gedink ek moet jou inlig en vir jou sê: Neem die grond oor in die teenwoordigheid van diegene wat hier sit en oudstes van my volk. As jy as losser wil optree, doen dit dan. Maar as jy nie as losser wil optree nie, sê dit vir my, sodat ek dit weet; want daar is niemand behalwe jy wat as losser kan optree nie, en ek is die volgende ná jou.” Die man sê toe: “Ja, ek sal as losser optree.” 5Daarop sê Boas: “Maar die dag wanneer jy die grond by Naomi oorneem en ook by Rut die Moabiet, wat die weduwee van die oorledene is, dan neem jy dit oor, sodat die oorledene se naam oor sy familiebesit kan voortleef.”

6Toe sê die losser: “Nee, dan kan ek dit nie as losser vir my verkry nie, anders bederf ek daarmee my familiebesit. Neem jy my lossingsreg oor, want ek wil nie as losser optree nie.”

7Wanneer dit gegaan het oor lossingsreg en ruiltransaksies, was dít vroeër in Israel die gebruik om enige saak te bevestig: ‘n Persoon moes sy sandaal uittrek en dit vir die ander party gee. Dit het dan in Israel as bekragtiging van die saak gegeld. 8Toe die losser vir Boas sê: “Neem die lossingsreg vir jou oor,” het hy sy sandaal uitgetrek.

9Daarop sê Boas vir die oudstes en al die mense: “Vandag is julle getuies dat ek alles wat aan Elimeleg en alles wat aan Kiljon en Maglon behoort, by Naomi oorneem. 10En ook Rut, die Moabiet, die vrou van Maglon, neem ek vir my oor as vrou om die naam van die oorledenes oor hulle familiebesit te laat voortleef, en sodat die naam van die oorledenes nie onder die familie en uit die poort van sy woonplek verdwyn nie. Julle is vandag getuies daarvan.” 11Al die mense wat by die dorpspoort was en die oudstes sê toe: “Ons is getuies. Mag die Here gee dat die vrou wat in jou huis inkom soos Ragel en Lea sal wees, die twee wat die huis van Israel gebou het. Mag jy van krag tot krag gaan in Efrata en roem verwerf in Betlehem! 12Mag, uit die nageslag wat die Here vir jou uit hierdie jong vrou gee, jou huis wees soos dié van Peres wat Tamar vir Juda in die wêreld gebring het.”

GEBOORTE VAN OBED

13Boas het Rut by hom geneem en sy het sy vrou geword. Hy het by haar ingegaan, en die Here het haar swanger laat word. Sy het aan ‘n seuntjie geboorte gegee. 14Die vroue het vir Naomi gesê:

“Die Here moet geprys word!

Hy het jou vandag nie sonder

‘n losser gelaat nie.

Mag dié losser beroemd wees in Israel.

15Mag hy jou lewenslus herstel

en jou versorg op jou oudag.

Jou skoondogter, wat jou liefhet,

het hom in die wêreld gebring,

sy wat vir jou meer werd is

as sewe seuns.”

16Naomi het die kind geneem en op haar skoot gesit en sy pleegmoeder geword. 17Die buurvroue het vir hom ‘n naam gegee. Hulle het gesê: “’n Seun is vir Naomi gebore”, en hom toe Obed genoem.

GESLAGSREGISTER VAN KONING DAWID

Obed was die vader van Isai, en Isai die vader van Dawid. 18Hier volg die geslagsregister van Peres:

Peres het Gesron verwek

19Gesron het Ram verwek

Ram het Amminadab verwek

20Amminadab het Nagson verwek

Nagson het Salmon verwek

21Salmon het Boas verwek

Boas het Obed verwek

22Obed het Isai verwek

Isai het Dawid verwek.

Teks en konteks

Continue reading

MARKUS 12:28-34

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

MARKUS 12:28-34

VRAAG OOR DIE BELANGRIKSTE GEBOD

(Matt 22:34-40; Luk 10:25-28)

28Een van die skrifkenners wat hulle hoor redeneer het, het nader gekom. Toe hy sien dat Jesus hulle goed geantwoord het, vra hy Hom: “Watter gebod is die belangrikste van almal?” 29Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. 30Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’. 31Die tweede is dit, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is belangriker as dié nie.”

32Die skrifkenner het vir Hom gesê: “Uitstekend, Meester, dit is waar wat u sê, dat ‘Hy die Enigste is en dat daar geen ander is as Hy nie’. 33‘Om Hom lief te hê met jou hele hart, jou hele verstand en met al jou krag, en om jou naaste lief te hê soos jouself’, is belangriker as al die brandoffers en diereoffers.” 34Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God nie.” Niemand het dit toe meer gewaag om Hom iets te vra nie. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

HEBREËRS 9:11-14

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

HEBREËRS 9:11-14

UITNEMENDER HEILIGDOM EN OFFERDIENS

91Die eerste verbond het bepalings vir aanbidding gehad, asook ‘n heiligdom wat aards was. 2Die voorste tent was toegerus met die kandelaar, en die tafel met die •vertoonbrode, en is die “Heilige” genoem. 3En agter die tweede tempelgordyn was ‘n tent, wat die Allerheiligste genoem is; 4dit het die goue altaar vir die reukwerk bevat en die •verbondsark, wat aan alle kante met goud oorgetrek was. Daarbinne was die goue kruik met manna, en die staf van Aäron wat gebot het, asook die tafels van die verbond; 5en bo-op was die gerubs van heerlikheid, wat die versoendeksel oorskadu het. Hieroor kan ons egter nie nou in besonderhede praat nie.

6Met hierdie dinge dan so ingerig, gaan die priesters gereeld die voorste tent binne om hulle rituele diens te verrig. 7Maar by die tweede tent gaan net die hoëpriester in, en dit slegs een keer per jaar, en nie sonder bloed wat hy vir homself offer, en vir die sondes wat die volk onwetend gedoen het nie. 8Daarmee dui die Heilige Gees aan dat die weg na die heiligdom nog nie oopgestaan het solank die voorste tent nog bestaan het nie. 9Dit versinnebeeld tot op hede hoe gawes en offers gebring is wat nie in staat was om die gewete van die een wat die offer bring, volkome te reinig nie. 10Dit het net gegaan oor kos en drank, en verskillende reinigingsrituele – bepalings vir die liggaam, wat opgelê is tot op die bestemde tyd van regstelling.

11Christus egter het gekom as Hoëpriester van die goeie dinge wat nou verwesenlik is, en Hy het deur ‘n uitnemender en meer volmaakte tabernakel beweeg wat nie deur mensehande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie van hierdie skepping is nie. 12Hy het ook nie met die bloed van bokramme en bulkalwers nie, maar eens en vir altyd, met sy eie bloed, die heiligdom binnegegaan, en ‘n ewige verlossing bewerkstellig. 13Want as die bloed van bokramme en bulle, en die as van ‘n jong vers, die verontreinigdes deur besprinkeling wy, met die oog op die reiniging van die liggaam, 14hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees as vlekkelose offer aan God geoffer het, ons gewete reinig van dooie werke, sodat ons die lewende God kan dien?

15Aangesien daar ‘n dood was, as losprys vir die oortredings, ten tyde van die eerste testament, is Hy juis daarom Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat dié wat geroep is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. 16Waar ‘n testament ter sprake is, is dit nodig om die dood van die een wat dit gemaak het, te bevestig. 17‘n Testament tree tog deur die dood in werking, aangesien dit nooit van krag is solank die een wat dit gemaak het, nog leef nie. 18Daarom is ook die eerste verbond nie sonder bloed ingewy nie. 19Immers, nadat elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk bekend gemaak is, het hy die bloed van die bulkalwers en die bokramme saam met water geneem, en met helderrooi wol en marjoleinhet hy die boekrol self, en ook die hele volk besprinkel, 20terwyl hy sê: “Dit is die bloed van die verbond wat God vir julle bepaal het.” 21En op dieselfde wyse het Hy die tabernakel en al die godsdienstige voorwerpe met die bloed besprinkel. 22Feitlik alles is volgens die wet met bloed gereinig; ja, sonder bloedvergieting vind geen vergifnis plaas nie.

Teks en konteks

Continue reading

PSALM 146

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 146

LOFPRYSING

(Ps 146 – 150)

1461Halleluja!

Loof die Here, o my siel!

2Ek wil die Here loof solank ek leef;

ek wil my God besing solank ek bestaan.

3Moenie op vooraanstaandes

vertrou nie,

op ‘n mens, by wie daar

geen verlossing is nie.

4Sy asem gaan uit,

hy keer terug na die grond;

op daardie dag is sy planne

daarmee heen.

5Gelukkig is die mens

wat die God van Jakob as sy hulp het,

wie se hoop gevestig is

op die Here, sy God –

6Hy wat hemel en aarde

gemaak het,

die see, en alles wat daarin is,

Hy wat trou bly tot in ewigheid,

7wat die reg van verdruktes handhaaf,

aan hongeres brood gee.

Die Here laat gevangenes vry;

8die Here maak blindes se oë oop;

die Here rig dié op

wat terneergedruk is.

Die Here het regverdiges lief;

9die Here beskerm •vreemdelinge;

vaderloses en weduwees help Hy op,

maar die pad van goddeloses

maak Hy krom.

10Die Here sal vir ewig regeer,

jou God, Sion,

van geslag tot geslag.

Halleluja! (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda