Skip to main content

Tag: Leesrooster 2021

JOB 1:1; 2:1-10

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

JOB 1:1; 2:1-10

JOB SE TEENSPOED

11In die land Us was daar ‘n man met die naam Job. Hierdie man was opreg en onberispelik in sy optrede; hy het vir God ontsag gehad en die kwaad vermy. 

2Daar is vir hom sewe seuns en drie dogters gebore. 3Hy het seweduisend stuks kleinvee, drieduisend kamele, vyfhonderd pare beeste, vyfhonderd donkiemerries en ‘n besondere groot werksmag gehad. Hierdie man was meer vermoënd as enigiemand in die ooste.

4Sy seuns het die gewoonte gehad om elkeen in sy eie huis, om die beurt, ‘n fees aan te bied. Hulle het dan ‘n boodskap gestuur en hulle drie susters genooi om saam met hulle te eet en te drink. 5Wanneer die feesdae verby was, het Job hulle laat haal en hulle geheilig. Hy het vroeg in die môre vir elkeen van hulle ‘n •brandoffer gebring; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle harte gevloek.Job het dit elke keer gedoen.

JOB SE GELOOFSTOETS

6Toe, op ‘n dag, het die hemelwesens gekom om by die Here hulle plekke in te neem. Die satan het ook saam met hulle gekom.

7Die Here sê toe vir die satan: “Waar kom jy vandaan?” Die satan het die Here geantwoord; hy het gesê: “Van rondswerf op die aarde en daar rondloop.” 8Die Here het vir die satan gesê: “Het jy kennis geneem van my dienskneg Job? Daar is immers niemand soos hy op aarde nie. Hy is onberispelik in sy optrede en opreg, ‘n man wat vir God ontsag het en die kwaad vermy.” 9Die satan het die Here geantwoord; hy het gesê: “Is dit sonder rede dat Job ontsag het vir God? 10Is dit nie U self wat hom en sy huis, en alles wat aan hom behoort, aan alle kante afgeskerm het nie? Sy handewerk het U geseën, en sy veestapel het in die land uitgebrei. 11Maar steek nou net u hand uit en tas alles aan wat aan hom behoort – hy sal U beslis in u gesig vloek.”

12Die Here sê toe vir die satan: “Kyk, alles wat aan hom behoort, is in jou hand. Net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie.” Die satan het toe uitgegaan, weg van die Here af.

13Toe, op ‘n dag, terwyl sy seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, 14kom daar ‘n boodskapper by Job aan en sê: “Die beeste was aan die ploeg, en die donkiemerries het langsaan gewei; 15toe loods die Sabeërs ‘n aanval en vat hulle. Hulle het die werkers met die skerpte van die swaard neergevel. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.”

16Terwyl dié een nog besig is om te praat, kom ‘n ander een daar aan en sê: “Die vuur van God het uit die hemel geval en die kleinvee en werkers verbrand en verteer. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.”

17Terwyl dié een nog besig is om te praat, kom ‘n ander een daar aan en sê: “Galdeërs het drie eenhede opgestel, ‘n plundertog uitgevoer op die kameeltroppe en hulle gevat. Hulle het die werkers met die skerpte van die swaard neergevel. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.”

18Terwyl dié een nog besig is om te praat, kom ‘n ander een daar aan en sê: “U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis, 19toe daar onverwags ‘n sterk wind van die woestyn se kant af kom en die vier hoeke van die huis tref. Dit het op die jongmense ingestort en hulle het gesterf. Net ek alleen het vrygekom om dit aan u te kom vertel.”

20Job het toe opgestaan, sy mantel geskeur, sy kop kaal geskeer, op die grond neergeval en in aanbidding gebuig. 21Hy het gesê:

“Naak het ek uit my moeder se skoot gekom,

en naak sal ek na die skoot van die aarde terugkeer.

Die Here het gegee

en die Here het geneem.

Mag die Naam van die Here geprys word!”

22Ondanks dit alles het Job nie gesondig nie en aan God niks ongerymds toegeskryf nie.

21Toe, op ‘n dag, het die hemelwesens gekom om by die Here hulle plekke in te neem. Die satan het ook saam met hulle gekom om sy plek by die Here in te neem. 2Die Here sê toe vir die satan: “Waar kom jy vandaan?” Die satan het die Here geantwoord; hy het gesê: “Van rondswerf op die aarde en daar rondloop.” 3Die Here het vir die satan gesê: “Het jy kennis geneem van my dienskneg Job? Daar is immers niemand soos hy op aarde nie. Hy is onberispelik in sy optrede en opreg, ‘n man wat vir God ontsag het en die kwaad vermy. Hy volhard steeds in sy onberispelike optrede, al het jy My aangestig om hom sonder rede te laat ondergaan.” 4Die satan het die Here geantwoord; hy het gesê: “Dit is maar ‘n vel vir ‘n vel. Alles wat aan ‘n mens behoort, sal hy gee in ruil vir sy lewe. 5Maar steek net u hand uit en tas sy beendere en sy vleis aan – hy sal U beslis in u gesig vloek.”

6Die Here sê toe vir die satan: “Kyk, hy is in jou hand, maar sy lewe moet jy spaar.” 7Die satan het toe uitgegaan, weg van die Here af. Hy het Job getref met dodelike swere, van kop tot tone.

8Job het ‘n potskerf gevat om hom mee te krap, terwyl hy in die as sit. 9Sy vrou het vir hom gesê: “Volhard jy steeds in jou onberispelike optrede? Vloek God, en sterf!” 10Hy het egter vir haar gesê: “Jy praat soos een van die dwase vroue praat. Die goeie wat van God kom, dié aanvaar ons, maar die slegte – moet ons dit nie ook aanvaar nie?” Ondanks dit alles het Job nie met ‘n enkele woord gesondig nie.

JOB SE DRIE VRIENDE

11Drie van Job se vriende het gehoor van al die teenspoed wat hom oorgekom het. Hulle het toe van die plekke waar hulle woon, Elifas uit Teman, Bildad uit Suag, en Sofar uit Naäma, op ‘n bepaalde plek byeengekom om met hom meegevoel te gaan betuig en hom te gaan bemoedig. 12Toe hulle van ver af opkyk en hom nie eens herken nie, het hulle hardop gehuil. Hulle het elkeen sy mantel geskeur, en hulle het stof in die lug op gegooi, oor hulle koppe. 13Hulle het saam met hom op die grond gesit – sewe dae en sewe nagte lank. Niemand het ‘n woord met hom gepraat nie, want hulle het gesien dat die pyn ondraaglik erg was.

Teks en konteks

Continue reading

MARKUS 10:2-16

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

MARKUS 10:2-16

HUWELIK EN EGSKEIDING

(Matt 19:1-12)

101Jesus het gereedgemaak, daarvandaan vertrek en in die gebied van Judea oorkant die Jordaan aangekom. Die skares stroom toe opnuut na Hom toe, en soos Hy gewoond was, het Hy hulle weer onderrig.

2Daar het ook Fariseërs nader gekom en, om Hom te toets, gevra of dit vir ‘n man toelaatbaar is om van sy vrou te skei. 3Hy het hulle geantwoord: “Wat het Moses julle beveel?” 4Hulle antwoord toe: “Moses het ‘n man toegelaat om ‘n skeibrief te skryf en te skei.” 5Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is weens julle harde harte dat hy hierdie reël vir julle neergelê het; 6‘maar van die begin van die skepping af het God hulle manlik en vroulik gemaak’. 7Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, 8en die twee sal een liggaam wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. 9Daarom, wat God saamgevoeg het, moet ‘n mens nie skei nie.”

10Terug in die huis het die dissipels Hom hieroor uitgevra. 11Hy antwoord hulle toe: “Wie van sy vrou skei en met ‘n ander vrou trou, pleeg egbreuk teenoor haar; 12en as sy van haar man skei en met ‘n ander man trou, pleeg sy egbreuk.”

KINDERTJIES GESEËN

(Matt 19:13-15; Luk 18:15-17)

13Hulle het kindertjies na Jesus gebring sodat Hy hulle kon aanraak, maar die dissipels het hulle berispe. 14Toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie langer verhinder nie, want die koninkryk van God behoort aan mense soos hulle. 15Amen, Ek sê vir julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie.” 16Hy neem hulle toe in sy arms en seën hulle terwyl Hy sy hande op hulle lê.

Teks en konteks

Continue reading

MARKUS 9:38-50

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

MARKUS 9:38-50

TEEN ONS OF VIR ONS

(Luk 9:49-50)

38Johannes het vir Hom gesê: “Meester, ons het iemand in u Naam demone sien uitdryf, en ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.” 39Maar Jesus het gesê: “Moet hom nie keer nie, want niemand wat in my Naam ‘n kragtige daad doen, kan net daarna sleg van My praat nie. 40Want wie nie teen ons is nie, is vir ons. 41Wie vir julle in my Naam ‘n beker water te drinke gee omdat julle aan Christus behoort – •Amen, Ek sê vir julle: Hy sal beslis nie sy beloning verbeur nie.”

WAARSKUWING TEEN STRUIKELBLOKKE

(Matt 18:6-9; Luk 17:1-2)

42“Wie een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit sou vir hom beter wees as die maalklip van ‘n donkie om sy nek gehang en hy in die see gegooi word. 43As jou hand jou laat struikel, kap dit af! Dit is vir jou beter om vermink die lewe in te gaan as om met twee hande weg te gaan tot in Gehenna, in die onblusbare vuur. 45As jou voet jou laat struikel, kap dit af! Dit is vir jou beter om kreupel die lewe in te gaan as om met twee voete in Gehenna gegooi te word. 47En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit! Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan as om met twee oë in Gehenna gegooi te word, 48waar die wurm in hulle nie doodgaan en die vuur nie geblus word nie. 49Want elkeen sal met vuur gesout word. 50Sout is goed, maar as sout smaakloos geword het, waarmee sal julle dit weer smaak gee? Julle moet sout in julleself hê en in vrede met mekaar leef.” (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

PSALM 124

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 124

1‘n Pelgrimslied. Van Dawid.

As die Here nie vir ons was nie – laat Israel dit sê –

2as die Here nie vir ons was toe mense teen ons opgestaan het nie,

3dan het hulle ons lewendig ingesluk toe hulle toorn teen ons ontbrand het;

4dan het die water ons oorspoel, ‘n stroom ons oorweldig;

5dan het die tierende waters ons lewens oorweldig.

6Die Here moet geprys word, Hy wat ons nie as prooi aan hulle tande oorgegee het nie.

7Ons, net soos ‘n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers:

Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug.

8Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Teks en konteks

Continue reading

ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22

Ek gee al drie hoofstukke ter wille van konteks.

TEREGSTELLING VAN HAMAN

71Die koning en Haman het by koningin Ester gaan eet. 2Terwyl hulle op die tweede dag van die feesmaal wyn gedrink het, het die koning weer vir Ester gevra: “Wat is jou versoek, koningin Ester? Wat jou versoek ook al is, dit sal vir jou gegee word. En wat jou wens ook al is, al is dit die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word.” 3Koningin Ester het geantwoord en gesê: “As ek guns vind in u oë, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe vir my gegee word, dit is my versoek; en die lewe van my volk, dit is my wens. 4Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg te word, om vermoor en uitgewis te word. Was ons net as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek nog stilgebly het, want so ‘n beproewing sou nie genoeg gewees het om die koning daarmee te belas nie.” 5Koning Ahasveros vra toe vir koningin Ester: “Wie is hy? En waar is hierdie man wat hom aanmatig om so iets te doen?” 6En Ester antwoord: “’n Verdrukker en vyand is hierdie bose Haman.” Haman het ineengekrimp van vrees voor die koning en die koningin.

 7Die koning het woedend van die wynbanket af opgestaan en na die tuin van die paleis gegaan, maar Haman het agtergebly om by koningin Ester om sy lewe te smeek, want hy het gesien dat die koning reeds oor sy ondergang besluit het. 8Toe die koning terugkeer van die paleistuin na die feesvertrek, val Haman juis neer op die bank waarop Ester geleun het. Die koning het uitgeroep: “Wil hy die koningin aanrand, selfs hier by my in die paleis?” Die koning se woorde was nog nie koud nie, toe bedek die dienaars al Haman se gesig. 

9Garbona, een van die koning se paleisamptenare het gesê: “Kyk, Haman het selfs ‘n paal gereedgemaak vir Mordegai, wat in belang van die koning gepraat het. Daardie paal staan by Haman se huis, vyftig el hoog.” Die koning het gesê: “Hang hom daaraan op!” 10Hulle het Haman toe gehang aan die paal wat hy vir Mordegai voorberei het. Daarna het die woede van die koning bedaar.

81Op dieselfde dag het koning Ahasveros die besittings van Haman, die vyand van die Jode, vir koningin Ester gegee. Mordegai het voor die koning verskyn, want Ester het vir die koning gesê wat sy verwantskap met haar is. 2Die koning het sy seëlring afgehaal wat hy van Haman afgeneem het en dit aan Mordegai gegee. En Ester het vir Mordegai aangestel oor Haman se besittings.

UITVAARDIGING VAN ‘N NUWE WET

3Ester het weer met ‘n versoek na die koning gegaan. Sy het voor sy voete neergeval en gehuil en hom gesmeek om die onheil af te weer wat Haman, die Agagiet, teen die Jode beplan het. 4Die koning het die goue septer na Ester uitgesteek. Sy het opgestaan en voor die koning gaan staan 5en gesê: “As die koning dit goedkeur, en as ek sy guns geniet, as die saak vir die koning aanvaarbaar is, en as die koning my goedgesind is, gee skriftelik opdrag dat die dokumente met die plan van Haman, seun van Hammedata, die Agagiet, om die Jode uit te delg wat in al die provinsies van die koning is, herroep word. 6Want hoe sal ek dit kan verduur om toe te kyk hoe my volk deur so ‘n ramp getref word? En hoe sal ek dit kan verduur om toe te kyk hoe my familie uitgewis word?” 7Koning Ahasveros het vir koningin Ester en vir Mordegai, die Jood, gesê: “Kyk, Haman se besittings het ek vir Ester gegee en vir hom het hulle gehang aan die paal, omdat hy die Jode wou uitmoor. 8Skryf julle nou na goeddunke in die naam van die koning aan die Jode en verseël dit met die seëlring van die koning, want ‘n dokument wat geskryf is in die naam van die koning en verseël is met die seëlring van die koning kan nie herroep word nie.” 9Die skrywers van die koning is dadelik ontbied, in die derde maand, die maand Siwan, op die drie-en-twintigste dag. Net soos Mordegai beveel het, het hulle alles neergeskryf vir die Jode, die satrape, die streekgoewerneurs en die hoë amptenare van die provinsies, vanaf Indië tot by Kus, 127 provinsies. Dit is geskryf in die skrif van elke provinsie en in die taal van elke volk, ook aan die Jode in hulle skrif en hulle taal. 10Mordegai het in die naam van koning Ahasveros geskryf en die dokumente verseël met die koning se seëlring. Dit is uitgestuur met boodskappers te perd, ruiters op vinnige perde uit die koninklike stal. 11Die koninklike bevel het aan die Jode in elke stad en dorp die reg gegee om bymekaar te kom en hulleself te verdedig. Enige gewapende mag van enige volk of provinsie wat hulle aanval, kon hulle verdelg, doodmaak en uitroei – vrou en kind – en hulle vyande se eiendom plunder. 12Dit alles kon op een bepaalde dag in al die provinsies van koning Ahasveros gedoen word, op die dertiende dag van die twaalfde maand, die maand Adar. 13‘n Afskrif van die dokument moes as wet in elke provinsie in die openbaar afgekondig word aan alle volke, sodat die Judeërs op hierdie dag gereed kon wees om wraak te neem op hulle vyande. 14Die boodskappers, ruiters op vinnige perde uit die koninklike stal, het haastig vertrek volgens die koninklike bevel. Die wet is ook afgekondig in die vestingstad Susan. 15Mordegai het van die koning weggegaan, geklee in ‘n koninklike kleed van pers wolstof en linne, ‘n groot kroon van goud en ‘n mantel van fyn, wit materiaal en purperrooi wol. En die stad Susan het gejubel en gejuig. 16Vir die Judeërs was dit ‘n tyd van lig en vreugde, vrolikheid en eer. 17In elke provinsie en in elke stad, elke plek waar die woord en wet van die koning bekend geword het, was daar vreugde en vrolikheid onder die Jode, maaltye en feesdae. Baie mense uit die volke van die land het hulle as Jode voorgedoen omdat die vrees vir die Jode hulle oorval het.

TRIOMF VAN DIE JODE

91In die twaalfde maand, dit is die maand Adar, op die dertiende dag, moes die wet en bevel van die koning uitgevoer word. Dit was die dag waarvoor die vyande van die Jode gewag het om hulle te oorweldig. Die omgekeerde het egter gebeur: Die Jode het diegene wat hulle gehaat het, oorweldig. 2Die Jode het bymekaargekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasveros, om diegene wat hulle ondergang gesoek het, dood te maak. Niemand kon voor hulle stand hou nie, want vrees vir die Jode het al die volke oorval. 3Al die •hoë amptenare van die provinsies en die satrape, die streekgoewerneurs en die amptenare wat die koning se sake hanteer, het die Jode gesteun, want vrees vir Mordegai het hulle oorval. 4Mordegai het immers belangrik geword in die koninklike paleis en berigte oor hom het deur al die provinsies versprei. Ja, die man Mordegai het al hoe magtiger geword. 5Die Jode het op hulle vyande toegeslaan en met die swaard dood en verwoesting gesaai; hulle het met hulle haters gedoen net wat hulle wou. 6In die vestingstad Susan het die Jode vyfhonderd mense doodgemaak en uitgewis. 7Hulle het ook Parsandata en Dalfon en Aspata 8en Porata en Adalja en Aridata 9en Parmasta en Arisai en Aridai en Wajesata, 10die tien seuns van Haman, seun van Hammedata en teenstander van die Jode, doodgemaak, maar nie ‘n hand op die buit gelê nie. 11Die aantal mense wat in die vestingstad Susan doodgemaak is, is nog dieselfde dag aan die koning bekend gemaak.

12Die koning het vir koningin Ester gesê: “In die vestingstad Susan het die Jode ‘n slagting aangerig. Hulle het 500 mense uitgewis, ook die tien seuns van Haman. Wat sou hulle nie in die res van die provinsies van die koning gedoen het nie! Wat jy versoek, word aan jou gegee. Wat jy verder wens, sal toegestaan word.” 13Ester het geantwoord: “As die koning dit goedkeur, gee dan die Jode in Susan die toestemming om môre ook die wet soos vandag uit te voer en laat hulle die tien seuns van Haman aan die paal hang.” 14Die koning het bevel gegee dat dit gedoen moet word. ‘n Wet is in Susan uitgevaardig en die tien seuns van Haman is gehang. 15Die Jode wat in Susan was, het weer bymekaargekom op die veertiende dag van die maand Adar. Hulle het nog driehonderd mense in Susan doodgemaak, maar nie ‘n hand op die buit gelê nie. 16Intussen is die res van die Jode in die koning se provinsies ook bymekaar geroep om hulle lewens te verdedig en verligting te kry van hulle vyande. Hulle het 75 000 van hulle haters doodgemaak, maar nie ‘n hand op die buit gelê nie. 17Dit het alles gebeur op die dertiende dag van die maand Adar. Op die veertiende dag het hulle gerus en dit ‘n dag van feesviering en vreugde gemaak. 18Die Jode wat in Susan was, het egter bymekaargekom op die dertiende en die veertiende dag. Eers op die vyftiende dag het hulle gerus en dit ‘n dag van feesviering en vreugde gemaak. 19Daarom maak die Jode wat in dorpe op die platteland woon, die veertiende dag van die maand Adar ‘n dag van vreugde en feesviering, ‘n feesdag waarop hulle eetgoed aan mekaar stuur.

INSTELLING VAN DIE PURIMFEES

20Mordegai het hierdie gebeure opgeskryf. Hy het toe briewe gestuur na al die Jode, naby en ver, in al die provinsies van koning Ahasveros, 21en hulle gelas om elke jaar die veertiende en die vyftiende dag van die maand van Adar te herdenk 22as die dae waarop die Jode bevry is van hulle vyande, as die maand waarin hulle droefheid verander is in blydskap en ‘n tyd van rou in ‘n tyd van feesviering. Hulle moes dit dae van feesviering en vreugde maak en aan mekaar eetgoed stuur en aan die armes geskenke uitdeel. 

23Die Jode het onderneem om voort te gaan met wat hulle begin het om te doen soos wat Mordegai vir hulle voorgeskryf het. 24Want Haman, seun van Hammedata, die Agagiet, die vyand van al die Jode, het beplan om die Jode te vernietig. Hy het deur die Pur, dit is met die lot, beslis dat hulle ontwrig en vernietig moet word. 25Maar weens Ester se intrede by die koning het hy skriftelik beveel: “Haman se bose plan wat hy teen die Jode bedink het, moet op sy eie kop neerkom.” Toe het hulle hom en sy seuns aan die paal gehang. 26Daarom noem hulle hierdie dae Purim, na die naam Pur. Op grond van al die woorde in hierdie brief en alles wat hulle van die gebeure gesien en beleef het, 27het die Jode dit ingestel en hulle daaraan verbind, hulle en hulle nageslag, en almal wat by hulle aansluit, om nie hierdie twee dae na te laat nie, maar om dit altyd jaarliks, soos dit voorgeskryf is, op die vasgestelde tyd te eerbiedig. 28Hierdie dae moet onthou en gevier word deur elke volgende generasie, deur elke familie, in elke provinsie en in elke stad. Hierdie dae van die Purim mag onder die Jode nie nagelaat word nie en die herinnering daaraan mag onder hulle nageslagte nie vergete raak nie. 29Koningin Ester, die dogter van Abigajil, asook Mordegai, die Jood, het met volle gesag hierdie tweede brief geskryf om die Purim te bevestig. 30Die briewe is gestuur aan al die Jode in die 127 provinsies van Ahasveros se koninkryk – woorde van vrede en trou – 31om hierdie dae van Purim te bevestig op die tye soos wat Mordegai, die Jood, en koningin Ester dit vir hulle vasgestel het, en soos wat hulle hulleself en hulle nakomelinge daartoe verbind het volgens die voorskrifte van vas en weeklag. 32‘n Bevel van Ester het hierdie voorskrifte van die Purim bevestig en dit is in ‘n boekrol opgeskryf.

Teks en konteks

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda