Skip to main content

Tag: Leesrooster 2021

RUT 1:1-18

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

RUT 1:1-18

Ek plaas hoofstuk 1-2 en volgende week ook die laaste twee hoofstukke, 3-4, ter wille daarvan om die hele verhaal te lees. Dit is ‘n kleinood in die Bybel!

NAOMI SE VERLIES

11In die jare toe die rigters nog regeer het, was daar hongersnood in die land. ‘n Man van Betlehem in Juda het tydelik in die gebied van Moab gaan bly, hy en sy vrou en sy twee seuns. 2Die man se naam was Elimeleg, sy vrou se naam was Naomi en sy twee seuns se name was Maglon en Kiljon. Hulle was van die Efrata-familie uit Betlehem in Juda. Hulle het in die gebied van Moab aangekom. Terwyl hulle daar was, 3is Naomi se man Elimeleg dood, en is sy en haar twee seuns agtergelaat. 4Hulle het Moabitiese vroue geneem. Die een se naam was Orpa en die ander een se naam was Rut.

Hulle het sowat tien jaar daar gebly, 5toe is ook die twee seuns, Maglon en Kiljon, dood. Die vrou het alleen agtergebly, sonder haar twee kinders en sonder haar man.

TERUGKEER VAN NAOMI

6Sy het toe gereedgemaak om met haar skoondogters terug te keer uit die gebied van Moab, want sy het daar in die gebied van Moab gehoor dat die Here na sy volk omgesien het deur vir hulle brood te gee. 7Sy is toe weg uit die plek waar sy gewoon het, en haar twee skoondogters saam met haar. Op pad terug na die land Juda 8sê Naomi vir haar twee skoondogters: “Julle moet liewer teruggaan, elkeen na haar ma se huis. Mag die Here julle goed behandel soos wat julle die oorledenes en my goed behandel het. 9Mag die Here gee dat julle elkeen ‘n tuiste vind in die huis van ‘n man.” Toe het sy hulle gesoen, maar hulle het hardop begin huil 10en vir haar gesê: “Nee, ons wil saam met u teruggaan na u volk!” 11Maar Naomi sê: “Draai om, my dogters! Om watter rede sal julle saam met my gaan? Is daar nog seuns in my liggaam wat vir julle mans kan word? 12Draai om, my dogters! Gaan terug, want ek is te oud om weer te trou. Al sou ek dink daar is nog hoop vir my, en selfs al sou ek reeds vannag ‘n man hê, selfs aan seuns geboorte gee, 13sal julle vir hulle kan wag totdat hulle groot is? Sal julle om daardie rede julleself daarvan weerhou om te trou? Nee, my dogters, dit is vir my baie swaarder as vir julle. Die Here het immers sy hand teen my uitgestrek.” 14Hulle het toe weer hardop gehuil.

Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het aan haar vasgeklou. 15Naomi sê vir haar: “Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar gode toe. Gaan terug, agter jou skoonsuster aan.” 16Maar Rut het geantwoord:

“Moet my nie probeer dwing

om u te verlaat nie

of om van u af weg

te gaan nie,

want waar u gaan,

sal ek gaan,

en waar u bly,

sal ek bly.

U volk is my volk,

u God is my God.

17Waar u sterf,

sal ek sterf,

en daar sal ek begrawe word.

“Die Here kan my maar swaar straf as ek nie woord hou nie: Net die dood sal ons skei.” 18Toe Naomi sien dat sy vasbeslote is om saam met haar te gaan, het sy opgehou om haar te probeer ompraat. 

19So het die twee van hulle toe aangestap tot hulle by Betlehem aangekom het.

Toe hulle in Betlehem aankom, was die hele dorp in rep en roer oor hulle. Die vroue sê vir mekaar: “Is dit werklik Naomi?” 20Sy het vir hulle gesê:

“Moet my nie Naomi noem nie,

noem my Mara,

want die Almagtige het dit vir my

baie bitter gemaak.

21Met ‘n vol lewe is ek hier weg,

maar die Here het my leeg

laat terugkom.

Waarom my Naomi noem

terwyl die Here my teenstander

geword het

en die Almagtige my kwaad

aangedoen het?”

22So het Naomi teruggekeer. Haar skoondogter, Rut die Moabiet, het saam met haar teruggekom uit die gebied van Moab. Hulle het in Betlehem aangekom aan die begin van die garsoes.

RUT OP BOAS SE LANDE

21Naomi het aan haar man se kant ‘n familielid gehad, ‘n vermoënde man uit die geslag van Elimeleg met die naam Boas. 2Rut, die Moabiet, het vir Naomi gesê: “Kan ek maar na die lande toe gaan en by die gerwe, agter iemand wat my goedgesind sal wees, gaan are optel?” “Gaan maar, my dogter,” het Naomi haar geantwoord. 3Sy het toe geloop en gaan are optel in die lande agter die snyers. En dit was toe so dat dié deel van die land aan Boas, uit die geslag van Elimeleg, behoort.

4Boas het juis van Betlehem af daar aangekom. “Die Here is met julle!” groet hy toe die snyers. “Die Hereseën u,” antwoord hulle hom. 5Boas vra toe vir sy werker wat toesig hou oor die snyers: “Aan wie behoort hierdie jong vrou?” 6Die werker wat toesig hou oor die snyers, antwoord hom: “Sy is ‘n jong vrou uit Moab wat saam met Naomi uit die gebied van Moab teruggekom het. 7Sy het gevra, ‘Kan ek maar are optel en bymekaarmaak by die hopies agter die snyers?’ Sy het gekom en is van vanoggend af tot nou toe op haar voete; hier het sy nog maar min gerus!”

8Boas sê toe vir Rut: “Luister, my dogter, jy hoef nie in ‘n ander land te gaan are optel nie. Moet selfs nie eers hiervandaan weggaan nie. Bly by my vrouewerkers, 9kyk in watter land hulle oes en volg hulle. Ek het my werkers uitdruklik beveel om jou glad nie lastig te val nie. As jy dors is, moet jy na die kruike gaan en drink van wat die werkers daar skep.”

10Rut kniel toe, buig vooroor met haar gesig teen die grond en vra vir hom: “Waarom is u so goed vir my? U gee vir my om, en dit terwyl ek ‘n buitelander is?” 11Boas antwoord haar: “Ek is goed ingelig oor alles wat jy vir jou skoonmoeder gedoen het ná die dood van jou man: dat jy jou vader, jou moeder en jou geboorteland verlaat het en dat jy na ‘n volk gekom het wat jy nie voorheen geken het nie. 12Mag jy vir alles wat jy gedoen het, ruim vergoed word deur die Here, die God van Israel, onder wie se vleuels jy kom skuil het.”

13“U is goed vir my, Meneer,” antwoord sy, “u het my immers jammer gekry; ja, u het mooi gepraat met my, u diensmeisie, en dit terwyl ek nie eers een van u slavinne is nie!”

14Teen etenstyd sê Boas vir haar: “Kom hier, kom eet van die brood. Doop jou stukkie in die asyn.” Sy het langs die snyers gaan sit en hy het vir haar gebraaide koring aangebied. Sy het geëet totdat sy versadig was en selfs nog daarvan oorgehou.

15Toe sy opstaan om weer te gaan are optel, het Boas sy werkers opdrag gegee en gesê: “Sy mag ook tussen die hopies optel. Julle mag haar nie verneder nie! 16Julle moet selfs vir haar are uit die bondels uittrek en dit laat lê sodat sy dit kan optel. Julle mag nie met haar raas nie!”

17Rut het tot die aand are opgetel in die land. Sy het uitgeslaan wat sy opgetel het: Dit was ongeveer ‘n efa gars. 18Sy het dit gedra, en toe sy in die dorp kom, sien haar skoonmoeder wat sy opgetel het. Daarop haal Rut ook van die kos uit wat sy oorgehou het nadat sy genoeg geëet het en gee dit vir haar skoonmoeder.

19Haar skoonmoeder vra haar toe: “Waar het jy vandag are opgetel en by wie het jy gewerk? Mag die een wat jou bevoordeel het, geseënd wees!” Sy vertel toe vir haar skoonmoeder by wie sy gewerk het: “Die man by wie ek vandag gewerk het, se naam is Boas.” 20Naomi het vir haar skoondogter gesê: “Mag hy geseën word deur die Here, wat nie nagelaat het om sy verbondstrou aan die lewendes en die dooies te bewys nie.” Naomi het ook vir haar gesê: “Die man is verwant aan ons: Hy is een van ons lossers.”

21Rut, die Moabiet, sê toe: “Hy het ook vir my gesê, ‘Jy moet by my werkers bly totdat hulle met my hele oes klaar is.’ ” 22Daarop sê Naomi vir Rut, haar skoondogter: “My dogter, dis goed dat jy saam met sy vrouewerkers uitgaan, sodat mans jou nie op ‘n ander land lastig val nie.”

23Rut het Boas se vrouewerkers gevolg en are opgetel totdat die garsoes en die koringoes verby was. Sy het in dié tyd by haar skoonmoeder gebly.

Teks en konteks

Continue reading

MARKUS 10:46-52

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

MARKUS 10:46-52

GENESING VAN DIE BLINDE BARTIMEUS

(Matt 20:29-34; Luk 18:35-43)

46Hulle het in Jerigo aangekom. En toe Hy met sy dissipels en ‘n groot skare uit Jerigo vertrek, het ‘n blinde bedelaar, Bartimeus, die seun van Timeus, langs die pad gesit. 47Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, begin hy uitroep: “Seun van Dawid, Jesus, ontferm U oor my!” 48Baie mense het hom berispend aangesê om stil te bly, maar hy het net al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” 49Jesus het gaan staan en gesê: “Roep hom!” Hulle roep toe die blinde man en sê vir hom: “Hou moed! Staan op! Hy roep jou.” 50Hy gooi toe sy bokleed af, spring op en kom na Jesus toe. 51Jesus vra hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Die blinde man antwoord Hom: “Rabboeni, dat ek kan sien.” 52Jesus sê toe vir hom: “Gaan! Jou geloof het jou gered.” En dadelik kon hy sien, en hy het Hom op sy pad gevolg. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

HEBREËRS 7:23-28

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

HEBREËRS 7:23-28

CHRISTUS EN DIE ORDE VAN MELGISEDEK

14Dit is tog baie duidelik dat ons Here uit Juda voortgespruit het, ‘n stam oor wie Moses niks in verband met priesters gesê het nie. 15Dit is nog duideliker as ‘n ander priester opstaan volgens die ewebeeld van Melgisedek 16– een wat dit nie volgens die voorskrif van ‘n menslike gebod geword het nie, maar volgens die krag van onvernietigbare lewe. 17Daar word trouens getuig:

“Jy is priester vir ewig,

volgens die orde van Melgisedek.”

18Aan die een kant is dit die opheffing van die voormalige gebod, omdat dit swak en nutteloos was 19– die wet het mos niks vervolmaak nie – maar aan die ander kant is dit die aanbreek van ‘n beter hoop, waardeur ons tot God nader.

20Wat hierdie saak betref, dit het nie sonder eedswering plaasgevind nie: Hulle het wel sonder eedswering priesters geword, 21maar Hy het dit inderdaad met eedswering geword, deur God wat vir Hom gesê het:

“Die Here het ‘n eed afgelê,

en dit sal Hom nie berou nie:

Jy is priester vir ewig.”

22Daarvolgens het Jesus ook borg van ‘n beter verbond geword. 

23Boonop was daar baie ander mense wat priesters geword het, omdat die priesters deur die dood verhinder is om aan te bly; 24maar omdat Hy tot in ewigheid bly, besit Hy ‘n priesterskap wat nie tot ‘n einde kom nie. 25Dit is waarom Hy ook volkome in staat is om hulle wat deur Hom na God toe kom, te verlos – omdat Hy altyd leef, om ter wille van hulle in te tree.

26So ‘n hoëpriester was ook vir ons gepas: een wat heilig, onskuldig, onbevlek, afgesonder van die sondaars, en hoër as die hemele verhef is, 27wat, anders as die hoëpriesters, nie elke dag nodig het om eers ter wille van hulle eie sondes offers te bring, en daarna vir die volk nie. Want dit het Hy eens en vir altyd gedoen toe Hy Homself as ‘n offer gebring het. 28Die wet stel mense met swakhede as hoëpriesters aan,maar die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.

Teks en konteks

Continue reading

JOB 42:1-6, 10-17

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

JOB 42:1-6, 10-17

JOB SE ANTWOORD AAN DIE HERE

421Job het die Here geantwoord; hy het gesê:

2“Ek weet dat U alles kan vermag,

dat geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

3Wie is die een wat ‘n plan verberg,

terwyl hy geen kennis het nie?

Daarom het ek, sonder begrip,

ja, sonder kennis, my mening gegee

oor dinge wat vir my te wonderbaar is.

4Luister, en ek sal praat!

U het gesê,

‘Ek sal jou ondervra,

lig jy My dan in!’

5Op hoorsê het ek van U verneem,

maar nou het my oog U gesien.

6Daarom herroep ek dit,

en het ek berou –

in stof en as.”

NASKRIF

7Nadat die Here hierdie woorde vir Job gesê het, het die Here vir Elifas uit Teman gesê: “My toorn het ontbrand teen jou en jou twee vriende; want julle het nie, soos my dienskneg Job, gesê wat reg is oor My nie. 8Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, gaan na my dienskneg Job, en bring ter wille van julleself ‘n •brandoffer. My dienskneg Job moet vir julle bid, dat Ek julle nie iets onbehoorliks aandoen nie. Ek sal net teenoor hóm goedgesind wees, want julle het nie, soos my dienskneg Job, gesê wat reg is oor My nie.” 9Elifas uit Teman, Bildad uit Suag, en Sofar uit Naäma, het toe gegaan en gedoen wat die Here vir hulle gesê het, en die Here was Job goedgesind.

10Die Here het Job se lot verander toe hy vir sy vriende gebid het. Die Here het alles wat Job besit het, vermeerder – dubbeld soveel. 11Al sy broers en susters en al sy vorige kennisse het na hom gekom en saam met hom in sy huis brood geëet. Hulle het met hom meegevoel betuig en hom getroos oor al die onheil wat die Here oor hom laat kom het. Elkeen van hulle het vir hom een kesita en een goue ring gegee.

12Die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin. Hy het veertienduisend stuks kleinvee, sesduisend kamele, ‘n duisend pare beeste en ‘n duisend donkiemerries besit. 13Hy het ook sewe seuns en drie dogters gehad. 14Job het die eerste dogter Jemima genoem, die tweede Kesia en die derde Keren-Happoeg. 15In die hele land kon daar nie vroue so mooi soos Job se dogters gevind word nie. Hulle vader het aan hulle ‘n erfdeel saam met hulle broers gegee.

16Job het daarna honderd-en-veertig jaar lank geleef. Hy het sy kinders en sy kinders se nageslag gesien – vier geslagte. 17Job het gesterf, oud en versadig van lewensdae.

Teks en konteks

Continue reading

PSALM 34:1-8 (19-22)

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 34:1-8 (19-22)

341Van Dawid. Toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abimeleg, dié hom weggejaag en hy toe weggegaan het.

א ALEF

2Ek wil die Here die hele tyd prys,

my mond is voortdurend vol van sy lof.

ב BET

3In die Here sal ek roem;

verdruktes sal dit hoor

en hulle verheug.

ג GIMEL

4Maak saam met my

die Naam van die Here groot,

ja, laat ons saam sy Naam verheerlik.

ד DALET

5Ek het die Here geraadpleeg,

en Hy het my geantwoord;

van al my verskrikkinge

het Hy my gered.

ה HE

6Verdruktes kyk op na Hom

en hulle straal;

hulle gesigte hoef nie rooi

van skaamte te wees nie.

ז ZAJIN

7Hierdie magtelose het geroep

en die Here het gehoor,

en uit al sy benoudhede

het Hy hom verlos.

ח GET

8Die Engel van die Here

trek ‘n laer rondom hulle

wat vir die Here ontsag het

en Hy red hulle.

ט TET

9Beproef dit en ervaar:

Die Here is goed,

gelukkig is die mens

wat by Hom skuil.

י JOD

10Julle moet ontsag hê vir die Here,

julle wat aan Hom toegewy is;

want wie vir Hom ontsag het,

ly geen gebrek nie.

כ KAF

11Jong leeus kry swaar en ly honger,

maar wie die Here soek,

ly geen gebrek aan alles wat goed is nie.

ל LAMED

12Kom, kinders, luister na my,

ontsag vir die Here sal ek julle leer.

מ MEM

13Wie is die mens wat lewe begeer,

graag jare wil hê

om die goeie te ervaar?

נ NUN

14Weerhou jou tong van kwaad

en jou lippe daarvan

om bedrieglik te praat.

ס SAMEK

15Vermy die kwaad, en doen die goeie;

soek vrede, en jaag dit na.

ע AJIN

16Die oë van die Here

is op die regverdiges,

sy ore op hulle hulpgeroep.

פ PE

17Die gesig van die Here

is gerig teen kwaaddoeners

om hulle gedagtenis uit te roei

van die aarde af.

צ TSADE

18Regverdiges roep om hulp

en die Here luister,

uit al hulle benoudhede red Hy hulle.

ק KOF

19Die Here is na aan hulle

wat gebroke harte het;

wie se gees verpletter is, verlos Hy.

ר RESJ

20‘n Regverdige ervaar baie teenspoed,

maar uit dit alles red die Here hom.

שׁ SJIN

21Hy beskerm al sy bene;

nie een van hulle word gebreek nie.

ת TAW

22Boosheid veroorsaak

‘n goddelose se dood

en hulle wat ‘n regverdige haat,

sal daarvoor boet;

23die Here red die lewens

van sy diensknegte

en niemand wat by Hom skuil,

sal boet nie.

Teks en konteks

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda