Skip to main content

Tag: Leesrooster 2021

HEBREËRS 5:1-10

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

HEBREËRS 5:1-10

1Elke hoëpriester wat uit mense geneem word, word immers ook ter wille van mense aangestel vir die offerdiens voor God, sodat hy ter wille van die sondes geskenke en offers kan bring. 2Hy kan deernis hê met dié wat in onkunde dwaal, aangesien hy self ook aan swakheid blootgestel is. 3Juis daarom moet hy, net soos vir die volk, ook vir homself offers vir sy sondes bring. 4Niemand eien die eer vir homself toe nie, maar hy word, net soos Aäron, deur God geroep.

5So ook het Christus nie Homself vereer om Hoëpriester te word nie; die Een wat Hom vereer het, was God, wat vir Hom gesê het:

“Jy is my Seun;

vandag het Ek jou verwek.”

6So sê Hy ook op ‘n ander plek:

“Jy is priester vir ewig,

volgens die orde van Melgisedek.”

7Christus het tydens sy aardse lewe smekinge en pleitbedes met harde krete en trane gebring voor God, wat in staat was om Hom uit die dood te red, en Hy is verhoor op grond van sy eerbiedige onderworpenheid aan God. 8Alhoewel Hy die Seun was, het Hy gehoorsaamheid geleer deur wat Hy gely het. 9En nadat Hy tot volmaaktheid gebring is, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige verlossing geword, 10aangesien Hy deur God aangewys is as “Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek”.

Teks en konteks

Continue reading

PSALM 104:1-9, 24, 35c

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 104:1-9, 24, 35c

1041Loof die Here, o my siel!

Here, my God, U is baie groot;

U is met luister en glans beklee,

2U wat Uself met lig omhul,

soos in ‘n mantel,

wat die hemel oopspan

soos ‘n tentdoek.

3U is die een wat die balke

van sy bokamers op die water oprig,

wat wolke sy strydwa maak,

wat op die vlerke van die wind beweeg;

4wat winde sy boodskappers maak,

vlammende vuur sy dienaars;

5wat die aarde op sy

fondamente vestig

dat dit vir altyd en ewig

nie wankel nie.

6Met oerwater het U dit

soos met ‘n bokleed bedek;

tot bo-oor die berge

het die waters gestaan.

7Weens u dreiging

het die waters gevlug,

weens die geluid van u donder

op die vlug geslaan.

8Dit het oor berge gespoel,

in valleie afgevloei

na die plek wat U daarvoor

bestem het.

9‘n Grens het U gestel waaroor

dit nie mag gaan nie;

dit mag nie terugkeer

om die aarde te bedek nie.

10Dit is U wat fonteine laat

ontstaan in die spruite.

Tussen berge vloei dit deur,

11en gee al die diere van die veld water;

die wilde donkies les hulle dors.

12Langs die strome is die voëls

van die hemel tuis,

tussen die digte blare sing hulle.

13U is die een wat die berge

laat drink uit sy bokamers;

uit die vrug van u arbeid

word die aarde versadig.

14Dit is U wat gras laat groei vir die vee

en plante vir die mens om te verbou,

om voedsel uit die aarde

voort te bring:

15wyn wat ‘n mens se hart bly maak,

olie om die gesig mee blink te maak

en brood wat ‘n mens se hart versterk.

16Die bome van die Here

word versadig,

die seders van die Libanon

wat Hy geplant het,

17waar voëls nesmaak

en ooievaars in sipresse

hulle tuiste het.

18Die hoë berge is vir die klipbokke,

die rotsskeure is ‘n skuilplek vir dassies.

19Hy het die maan gemaak vir feestye;

die son weet wanneer hy

moet ondergaan.

20U laat die duisternis aanbreek

en dit word nag,

wanneer al die diere

van die bos rondsluip.

21Die jong leeus brul vir prooi,

om hulle kos van God te vra.

22As die son opkom, keer hulle terug

en gaan rus in hulle lêplekke.

23Mense gaan uit vir hulle dagtaak,

vir hulle werk tot die aand toe.

24Hoe talryk is u werke, Here!

Alles is met wysheid deur U gemaak;

die aarde is vol van wat aan U behoort.

25Daar is die see, groot

en na alle kante uitgestrek!

Daar wemel dit van ontelbare diere,

klein en groot;

26daar vaar die bote,

en die Leviatan wat U gemaak het

om daarin te speel.

27Hulle almal sien op na U

om vir hulle kos te gee op tyd.

28Gee U vir hulle, raap hulle dit op;

maak U u hand oop,

word hulle versadig met wat goed is.

29Verberg U u gesig,

is hulle angsbevange;

neem U hulle asem weg,

vergaan hulle en keer terug

na die stof wat hulle was.

30Stuur U u asem, word hulle geskape.

U gee die oppervlak van die grond

‘n nuwe voorkoms.

31Mag die majesteit van die Here

vir ewig duur;

mag die Here Hom verheug in sy werke,

32Hy wat na die aarde kyk

en dit bewe,

wat aan die berge raak,

en hulle rook.

33Ek wil vir die Here sing

solank ek leef,

ek wil my God besing

solank ek bestaan.

34Mag my bepeinsing vir Hom

aangenaam wees.

Ek, ek sal my verheug in die Here.

35Mag sondaars van die aarde af verdwyn

en goddeloses nie meer bestaan nie.

Loof die Here, o my siel!

Halleluja!

Teks en konteks

Continue reading

JOB 38:1-7 (34-41)

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

JOB 38:1-7 (34-41)

GOD SE ANTWOORD AAN JOB

381Die Here het Job uit ‘n stormwind geantwoord; Hy het gesê:

2“Wie is hierdie een wat ‘n plan

vertroebel met woorde sonder kennis?

3Omgord maar jou heupe soos ‘n man!

Ek sal jou ondervra,

lig jy My dan in!

4Waar was jy toe Ek

die fondamente van die aarde

gelê het?

Maak dit bekend

as jy die insig verwerf het!

5Wie het die afmetings daarvan bepaal?

Sê as jy dit weet!

Of wie het ‘n maatband daaroor gespan?

6Waarop is sy voetstukke ingesink?

Of wie het die hoeksteen daarvan gelê

7terwyl die oggendsterre saam gejubel,

en al die hemelwesens gejuig het?

8Wie het met dubbeldeure die see ingeperk

toe dit uitgebreek,

uit die baarmoeder voortgekom het,

9toe Ek wolke sy bokleed gemaak,

en hom in ‘n diepe duisternis toegedraai het,

10toe Ek my grens bo hom

oopgebreek het,

en ‘n sluitbalk en dubbeldeure

in plek geplaas het,

11en toe Ek gesê het,

‘Tot hier mag jy kom,

maar nie verder nie;

hier word my grens geplaas

teen jou trotse golwe!’?

12“Het jy op enige van jou lewensdae

‘n opdrag aan die oggend gegee,

vir die rooidag sy plek aangewys

13deur die some van die aarde vas te vat,

sodat goddeloses daarvan afgeskud word?

14Die aarde verander

soos klei onder ‘n rolseël,

sodat alles vorm kry

soos ‘n bokleed.

15Goddeloses word van hulle lig ontneem,

en ‘n opgehefde voorarm word gebreek.

16“Het jy al gekom tot by

die bronne van die see,

en in die onbekende dele

van die diep waters rondgeloop?

17Is die poorte van die dood

vir jou blootgelê,

en die poorte van die pikdonkerte –

het jy dit gesien?

18Het jy al ag geslaan

op die uitgestrektheid van die aarde?

Vertel, as jy dit alles weet!

19Waar is die pad na waar die lig woon;

en die donker, waar is sy plek,

20dat jy hom na sy gebied kan neem,

en die paaie na sy tuiste onderskei?

21Jy moet dit weet,

want jy was toe al gebore,

en die getal van jou lewensdae is baie!

22“Het jy al in die voorraadkamers

van die sneeu ingegaan,

en die voorraadkamers van die hael –

het jy dit al gesien,

23dit wat Ek gereedhou

vir ‘n tyd van angs,

vir die dag van stryd en oorlog?

24Waar is die pad na waar

die weerlig verdeel word,

na waar die oostewind

dit oor die aarde versprei?

25Wie het vir die vloedwaters

‘n voor oopgekloof,

‘n pad vir die harde donderslae,

26om dit te laat reën op ‘n land

sonder mense,

op ‘n woestyn waarin daar

geen mens is nie,

27om so die wildernis

en woesteny te versadig,

en groen grasspriete te laat uitspruit?

28Het die reën ‘n vader,

of wie het geboorte gegee

aan die doudruppels?

29Uit wie se moederskoot

het die ys te voorskyn gekom,

en die ysryp uit die hemel –

wie het daaraan geboorte gegee,

30wanneer water

asof in klip skuilgaan,

en die oppervlakte

van die diep waters dig sluit?

31“Kan jy die koorde

van die Sewester knoop,

of die bande van Orion losmaak?

32Kan jy ‘n sterrebeeld uitlei op sy tyd,

die Beer met haar kleintjies begelei?

33Ken jy die wette

van die hemelruim,

kan jy die invloed daarvan

op die aarde vasstel?

34Kan jy jou stem na die wolke rig,

sodat ‘n watervloed jou bedek?

35Kan jy weerligte vrylaat,

sodat hulle gaan

en vir jou sê, ‘Hier is ons!’?

36Wie plaas wysheid

in die wit wolke,

of wie gee insig

aan die wolke wat wegdryf?

37Wie kan met wysheid

die wolkemassa aftel,

en die waterkruike van die hemel –

wie keer hulle om,

38wanneer die grond

soos gegote metaal verhard,

en die kluite saamklont?

39“Kan jy vir ‘n leeuwyfie prooi jag,

die honger van jong leeus bevredig

40wanneer hulle in lêplekke hurk,

onder ‘n blaredak gereed sit

vir die hinderlaag?

41Wie voorsien aan die kraai sy kos

wanneer sy kuikens aanhoudend

na God roep,

ronddwaal sonder kos? (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

MARKUS 10:34-45

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

MARKUS 10:34-45

DERDE LYDENSAANKONDIGING

(Matt 20:17-19; Luk 18:31-34)

32Terwyl hulle op pad was om na Jerusalem op te gaan, het Jesus voor hulle uit geloop. Die dissipels was verbaas, en dié wat hulle gevolg het, was bang. Hy het die twaalf weer opsy geneem en begin om hulle te vertel van die dinge wat met Hom gaan gebeur. 33“Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die Mens sal aan die leierpriesters en skrifkenners oorgelewer word, en hulle sal Hom ter dood veroordeel en aan die heidene oorlewer. 

34Hulle sal Hom bespot, op Hom spoeg, Hom gesel en doodmaak, maar ná drie dae sal Hy opstaan.”

VERSOEK OOR JAKOBUS EN JOHANNES

(Matt 20:20-28)

35Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, het na Hom gekom en gevra: “Meester, ons wil hê dat wat ons ook al van U vra, U vir ons moet doen.” 36Jesus vra hulle: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?”37Hulle antwoord Hom: “Beskik dat, in u heerlikheid, een van ons aan u regterhand en een aan u linkerhand mag sit.” 38Maar Jesus antwoord hulle: “Julle besef nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink of met die doop gedoop word waarmee Ek gedoop word?” 39Hulle sê vir Hom: “Ons kan.” Jesus sê toe vir hulle: “Die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word. 40Maar om aan my regterhand of linkerhand te sit, is nie vir My om te beskik nie, maar dit is vir hulle vir wie dit voorberei is.”

41Toe die tien dit hoor, het hulle verontwaardig geword oor Jakobus en Johannes. 42Jesus het hulle na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Julle weet dat hulle wat as heersers oor die nasies beskou word, oor hulle baasspeel en dat hulle maghebbers oor hulle gesag uitoefen. 43So is dit egter nie by julle nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, 44en wie eerste onder julle wil wees, moet almal se slaaf wees. 45Want ook die Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie.”

Teks en konteks

Continue reading

HEBREËRS 4:12-16

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

HEBREËRS 4:12-16

1Laat ons daarom versigtig wees, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan, nog bly staan, dat dit nie mag blyk dat een van julle agtergebly het nie. 2Want net soos aan hulle, is die goeie boodskap ook aan ons verkondig. Maar die boodskap wat hulle gehoor het, het hulle nie gebaat nie, omdat hulle nie deur die geloof verenig is met dié wat dit wel gelowig aangehoor het nie. 3Ons wat tot geloof gekom het, gaan immers wel die rus in – soos Hy gesê het,

“So het Ek in my toorn gesweer, ‘Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!’ ”

al was God se werke reeds vanaf die grondlegging van die wêreld afgehandel. 4Hy het immers êrens aangaande die sewende dag gesê: “God het op die sewende dag van al sy werke gerus.” 5En in hierdie gedeelte sê Hy weer: “Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!” 6Aangesien dit dan bly staan dat sommige wel daar sal ingaan – hoewel hulle wat eerste die goeie boodskap gehoor het, vanweë ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie – 7bepaal Hy weer ‘n sekere dag, dit is “vandag”, wanneer Hy baie later, soos hierbo reeds genoem, deur Dawid sê:

“Vandag, as julle sy stem hoor, moenie julle harte verhard nie!”

8As Josua hulle dan tot rus gebring het, sou Hy nie gepraat het van ‘n ander dag daarna nie. 9Daar bly dus steeds ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God. 10Want wie in sy rus ingegaan het, het self ook gerus van sy werke – soos God van syne. 11Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand dalk in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid verval nie.

12Want die woord van God is lewend en kragtig, en skerper as enige tweesnydende swaard.

Dit dring deur tot by die raakpunt tussen siel en gees, tussen gewrig en murg, en beoordeel die hart se voornemens en gedagtes.

13Ja, niks wat geskape is, is vir Hom verborge nie, maar alles is oop en bloot voor sy oë, Hom teenoor wie ons ons moet verantwoord.

JESUS DIE GROOT HOËPRIESTER

14Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons styf vashou aan ons belydenis. 15Want ons het nie ‘n Hoëpriester wat nie medelye met ons swakhede kan hê nie, maar Een wat, soos ons, in alle opsigte versoek is, en dit sonder dat Hy gesondig het. 16Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word.

Teks en konteks

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda