Nehemia 9 – Die geloofsgemeenskap verootmoedig hulle voor die Here met skuldbelydenis onder begeleiding van die Leviete

Nehemia 9-10 vorm ’n eenheid in die beskrywing wat alles op dié vasdag gebeur het:

  • Die geloofsgemeenskap het hulle voor die Here verootmoedig met skuldbelydenis onder begeleiding van die Leviete – 9:1-37.
  • Die geloofsgemeenskap het hulle aan die Here verbind met ’n skriftelike ooreenkoms bevestig deur ’n plegtige eed saamgestel uit sewe sleutel elemente van die wet  – 9:38-10:39

Ons lees vandag hoofstuk 9.

Verootmoediging

Die dag ná die huttefees het die Jode vir ’n vasdag bymekaargekom om hulle voor die Here te verootmoedig.  Die verootmoediging het bestaan uit:

  • die voorlesing uit die wetboek van God – 3 uur lank! – en
  • die belydenis van hulle eie sonde sowel as dié van hulle voorvaders terwyl hulle die Here aanbid (voor Hom gebuig) het – weereens 3 uur lank!

Dit is duidelik dat dié liturgie en gebed (een van die langstes in die Bybel!) vooraf geskryf is, waarskynlik deur Esra, en deur die Leviete uitgevoer is, miskien in ’n spreekkoor of in wisselspraak (hulle tree saam op).  Die inhoud van die gebed kom ooreen met die soortgelyke maar korter gebed van Esra in Esra 9:

  • Die een groep van 8 Leviete het die Here aangeroep en hulle nood aan sy teenwoordigheid en vergifnis verwoord.
  • Die ander groep van 8 Leviete het die Jode begelei in ’n lofprysing wat skuldbelydenis ingesluit het.

Gebed

Die gebed bestaan uit 3 dele:

’n Belydenis van hulle geloof – 9:5-15

  • God se grootheid word geloof in die skepping van alles, die verkiesing van die Abrahamsvolk, die Uittog uit Egipte, die begeleiding deur die Rietsee sowel as die woestyn, waar Hy nie net vir hulle die wet by Sinaiberg gegee en die voorskrifte van wat goed is, geleer het nie, maar hulle ook met brood en water versorg het om hulle uiteindelik in die Beloofde Land te laat intrek.  ’n Kragtige geloofsbelydenis wat die konkrete dade van God in die geskiedenis verheerlik.  Dit is waaroor ’n geloofsbelydenis altyd gaan, om God se lof te besing.  Geloofsbelydenisse is altyd doksologie!  En belangrik – dit gaan die skuldbelydenis VOORAF.

’n Belydenis van hulle sonde – 9:16-31

  • Hulle verklaar die ongehoorsaamheid en onbetroubaarheid van die voorvaders sowel as hulle eie onomwonde: “hulle het geweier om te luister” en “hulle het nie die wonderdade onthou nie”! TOG, deel van hulle skuldbelydenis is dat God ’n God is wat vergewe – en dan stapel hulle sy goeie eienskappe op: genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde.  Die wonder is: “U het hulle nie verlaat nie!”
  • Dieselfde geskiedenis in die woestyn word nou uit die hoek van die die Here se genade vertel – die lig op hulle pad het nie verdof nie en sy “goeie Gees” het hulle nie verlaat nie en hulle kon die Beloofde Land binnetrek en hulle daar verlustig in God se “groot goedheid”.  Dít is die evangelie van die OT, iets wat tot vandag toe nog met ons praat en ons sekerheid in ons verhouding met God gee.
  • In direkte kontras hiermee wy die Leviete dan verder uit oor die ongehoorsaamheid van die volk in die land wat telkens vir hulle in ’n siklus van verdrukking en verlossing ten opsigte van hulle teenstanders gebring het, weens die herhalende aard van hulle ongehoorsaamheid en gelukkig ook die hulpgeroep, wat God se geduld tot die uiterste toe beproef het, al het Hy ook telkens barmhartigheid getoon.

’n Beroep op God – 9:32-37

  • Hulle smeek God om sy verbond en troue liefde in stand te hou en nie al die ellende waarin hulle die afgelope 2 eeue verkeer, gering te ag nie.  God se regverdigheid word geloof in direkte kontras met die onreg en ongehoorsaamheid van die volk … maar … en dan vervolg hulle beroep op God: “hier is ons vandag slawe, ons is slawe in hierdie land, die land wat U aan ons voorvaders gegee het … Sy ryke opbrengs behoort aan die konings wat U oor ons aangestel het as gevolg van ons sondes; die konings maak met ons en ons vee soos hulle wil. Ons verkeer in groot nood.”

Hulle maak dus ’n appèl op God se genade om in te gryp en hulle weer vry van inmenging deur ander koninkryke te maak.

  • Hulle loof God vir sy verbintenis aan hulle.
  • Hulle bely hulle sonde.
  • Hulle vra vir vergifnis en verlossing.

En hulle verbind hulle aan God om Hom alleen te dien, soos ons in hoofstuk 10 verder gaan lees.

Nehemia


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: