Skip to main content

Nehemia 11-12 – Die gemeenskapslewe in Jerusalem word herstel en die muur feestelik ingewy

Ons lees vandag weer 2 hoofstukke.

  • In hoofstuk 11 word ’n lys van inwoners gegee wat in Jerusalem kom woon het asook in die nedersettings buite Jerusalem.
  • In hoofstuk 12 word die lys van die priesters en Leviete wat in die tyd van Serubbabel teruggekom het uit Babel opgedateer en die hoofstuk afgesluit met die beskrywing van die inwyding van die voltooide muur van Jerusalem.

Die gemeenskapslewe in Jerusalem word herstel – 11:1-24

Die besluit van Nehemia om die leiers van die volk aan te moedig om in Jerusalem te kom bly (7:4-5) werp nou nog meer vrugte af.  Die ander Jode het besluit om die lot te werp sodat een uit elke tien families in Jerusalem kan kom woon.  Só is uiteindelik ook die gemeenskapslewe in Jerusalem herstel, soos dit die geval was met die bou van die tempel (Serubbabel), die herstel van die wetboek van God se funksie in die lewe van die volk (Esra) en die herbou van die mure van Jerusalem (Nehemia).  Die volk was baie bly daaroor en het die families geprys wat bereid was om dit te doen.

Nehemia lys dan die leiers van Juda (468), Benjamin (928) sowel as die priesters (822 plus nog 370), Leviete (284), poortwagte (172), asook ’n paar tempelslawe en sangers waarvan die getalle nie gegee word nie, wat in Jerusalem kom woon het.  Let op die dubbele gebruik van die term “heilige stad” (vers 1 en 18) wat hierna meermale vir Jerusalem gebruik is.  Dit reflekteer waarskynlik hulle besef dat hulle die heiligheid van God aan die nasies moes vertoon.

Dit sluit die nedersettings buite Jerusalem in – 11:25-36

Buite om Jerusalem was daar ook ’n hele paar nedersettings wat deur mense van Juda (17 gebiede) en Benjamin (15 gebiede) bewoon is, sowel as ’n paar afdelings Leviete.  Priesters het almal in Jerusalem gewoon, want dit is waar hulle hul priesterlike werk in die tempel gedoen het.

Die register van legitieme priesters en Leviete word opgedateer – 12:1-26

Nehemia lys dan die priesters en Leviete wat in die dae van Serubbabel en Jesua uit Babel teruggekeer het – 22 priesterlike families en 8 Levitiese families.  Hy brei ook uit oor die hoëpriesterlike familie waarvan die laaste een nog aktief was in die tyd van koning Darius II (423-404 v.C.) wat Artaxerxes opgevolg het.

Jojakim is natuurlik nie die koning van net voor die ballingskap nie, wel die hoëpriester wat Jesua opgevolg het.  In sy tyd is nog 20 priesterlike families bygevoeg.  Die Kroniekboek wat hier vermeld word, is nie die Bybelse boeke van die Kronis nie, maar ’n amptelike joernaal van die diensdoenende personeel van die tempel.

Die herboude muur van Jerusalem word feestelik ingewy – 12:27-47

Met die oog op die inwyding van die herboude muur van Jerusalem is alle Leviete opgekommandeer om sorg te dra vir die inwyding.  Dit is voorafgegaan deur ’n reinigingsproses wat selfs die poorte en muur ingesluit het, waarskynlik met brandoffers (vgl. 2 Kron. 29:29).

Die hoogtepunt van die dag was toe die leiers van Juda saam met twee groot kore op die muur geklim en al met die muur langs gestap het, die een suid op die muur langs en die ander noord.  Dit is nou dié muur waarvan Tobija gesê het dat dit sal omval as ’n jakkals daarteen opspring (Neh. 4:3)!

Die ander mense saam met Nehemia het die prosessie gevolg en uiteindelik offers gebring onder groot gejuig en gesing in die tempel van die Here. “Die mense was bly. God het hulle groot blydskap gegee. Ook die vrouens en kinders was bly. Jy kon die blydskap van Jerusalem ver hoor.

Nog twee hervormings sou direk hierna volg – die formalisering van die offergawe, eerstelinge en die tiendes met die pragtige opmerking: “Die priesters en die Leviete het voordeel getrek uit die blydskap van Juda!” (12:44-47) – asook die verdere inwerkingstelling van die afskeiding van mense van vreemde godsdienste (13:1-3).

Heelwat later, met Nehemia se tweede termyn in Jerusalem, het die afrekening met Tobija gekom, die herstel van die Leviete se voorregte en diens, sowel as maatreëls oor die Sabbat.  Die plegtige ooreenkoms van tevore het sonder die regte leierskap dus nie lank gehou nie en moes weer in werking gestel word!  Daaroor môre verder.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Nehemia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms