Skip to main content

Inleiding op die boek Nehemia

Die boek van Nehemia volg op dié van Esra en handel oor die laaste fase van die terugkeer na Juda met die bou van die mure van Jerusalem in die tyd van koning Artaxerxes (445 v.C. – sy Hebreeuse naam is Artasasta).  Die volk was nou al amper ’n eeu terug in hulle eie land (van 539 v.C. af).  Die tempel is herbou deur Serubbabel (516 v.C.).  Die beoogde volksmoord in die tyd van Ester en Mordegai is afgeweer (êrens in die eerste helfte van die 5de eeu v.C. in die tyd van Xerxes, in Hebreeus genoem Ahasveros).  Die volk se gehoorsaamheid aan die wet is herstel in die tyd van Esra, ten minste in terme van hulle huwelikslewe.  Wat nog gekort het, was die stad self waarvan die mure nog vervalle gelê het.

Continue reading

Nehemia 1 – Nehemia reageer met indringende gebed op die nood in Jerusalem

Nehemia skop die boek af met die ontstellende nuus wat hy in 445 v.C. van Ganani kry dat die Jode in Juda in groot ellende en smaad lewe, dat die mure van die stad Jerusalem vervalle is en die stadspoorte verbrand.

Continue reading

Nehemia 2 – Nehemia betrek die koning by sy planne en motiveer die leiers in Jerusalem om te begin bou

Hoofstuk 2 fokus op Nehemia wat die geleentheid aangryp om die koning by sy planne te betrek (2:1-10) en die eerste verkenning van die situasie in Jerusalem sowel as die inwerkingstelling van Nehemia se planne (2:11-20).

Continue reading

Nehemia 3-4 – Nehemia inspireer die volk deur gebed en goeie beplanning midde-in erge teenstand

Ons lees vandag twee hoofstukke wat vir ons die keuse vir volharding midde-in groot uitdagings skets:

  • Nehemia se leiding en organisasie van die bouwerk – 3:1-32
  • Die hantering van die teenstand van buitestaanders – 4:1-23

Continue reading

Nehemia 5 – Vrygewigheid herstel menswaardigheid en ewewig

Hoofstuk 5 handel oor twee sake:

  • Die herstel van die reg van armes om met menswaardigheid behandel te word – 5:1-13
  • Die beskrywing van Nehemia se vrygewigheid as aanleiding tot sy gebed tot die Here – 5:14-19

Continue reading

Onlangse kommentaar