Nehemia 2 – Nehemia betrek die koning by sy planne en motiveer die leiers in Jerusalem om te begin bou

Hoofstuk 2 fokus op Nehemia wat die geleentheid aangryp om die koning by sy planne te betrek (2:1-10) en die eerste verkenning van die situasie in Jerusalem sowel as die inwerkingstelling van Nehemia se planne (2:11-20).

Nehemia betrek die koning by sy planne – 2:1-10

Ná die 4 maande se voorbereidende gebed en onderskeiding van die regte tyd vir optrede, kry Nehemia ’n opening met die koning wat hom vra waarom hy bedruk lyk.  Die reël was dat niemand negatiewe emosies in die teenwoordigheid van die koning mag vertoon nie, só Nehemia was met reg bang vir wat die koning kon doen.

Nehemia se reaksie is besonder raak verwoord.  Hy fokus op sy eie verbintenis aan Jerusalem – wat in puin lê en waarvan die poorte verbrand is – in term van sy voorvaders se grafte.  Respek vir die dooies het die Perse ná aan die hart gelê.  Die koning kon dus identifiseer met Nehemia se bedruktheid.

Let op hoe Nehemia steeds in gebedsafhanklikheid optree met ’n skietgebed wat hy na die Here opstuur, die eerste keer dat ons van só iets in die Bybel lees.  Sy antwoord op die koning se vraag of daar iets is wat die koning vir hom kan doen, is duidelik vooraf beplan.  Hy vra dus dat die koning hom sanksioneer om die stad te gaan herbou.  Let op dat hy ook nie van die mure praat nie en ook nie die naam van die stad noem nie, want dit is juis wat Artaxerxes ’n tyd gelede geweier het weens die teenstand van die nie-Israeliete in Jerusalem (Esra 4).  Die naam Jerusalem kon moontlik die koning herinner aan sy vorige optrede.

Die feit dat die koningin genoem word, beteken waarskynlik dat dié geleentheid ’n meer private een was en selfs dat sy Nehemia goedgesind was. Die volgende vraag van die koning wys in elk geval duidelik dat die koning Nehemia gaan ondersteun in sy planne.  Nehemia smee die yster terwyl dit warm is en vra briewe aan die politici en staatsmasjinerie in die Judese gebied, sowel as aan die opsigter van die staatsbos sodat hy hout kan hê vir die herbou projek.

Die Here het Nehemia laat slaag – Hy “het sy goeie hand oor my gehou” – sodat die koning ook begeleidende offisiere en ruiters met hom saamstuur.  Dit kontrasteer skerp met Esra se beskroomdheid om hulp van die koning te vra, omdat hy op die sorg van die Here alleen wou staatmaak.  God eer egter albei leiers se afhanklikheid van Hom asook hulle manier van dinge doen.

Die teenstand teen dié onderneming word egter ook van die begin af deur Nehemia genotuleer, veral dié van die Samaritaanse goewerneur Sanballat (’n Goroniet van die dorpie Bet-Goron) en die Ammonitiese amptenaar Tobija.  Later sal hy ook noem van die teenstand van die Arabiese leier, Gesem.

Nehemia verken die situasie en stel sy herbou planne in werking – 2:11-20

Soos Esra 3 dae lank gerus het by sy aankoms in die stad, doen Nehemia dit ook voordat hy die volgende nag stilletjies die situasie gaan verken met net ’n paar man wat saam met hom gaan.  Hier hoor ons duidelik dat hy ’n roeping van die Here ontvang het om die stad se mure te herbou, hoewel hy dit nog met niemand gedeel het nie.  Dit was nog ’n hartsaak vir hom.

Hulle ry al met die muur langs en doen ’n deeglike bestekopname.  Die volgende dag spreek hy die leiers van die stad toe en kry hulle instemming om die muur van Jerusalem te herbou, nie net ter wille van veiligheid nie, maar sodat “dié vernedering nie langer op ons rus nie.”  Hy motiveer hulle  met die verhaal van God wat sy goeie hand oor hom gehou het, sowel as met wat die koning gesê het.  Die leiers reageer baie positief en die werk begin.

Sanballat, Tobija en Gesem-hulle begin egter ook onmiddellik met hulle teenstand en probeer die leiers onseker maak deur Nehemia se aanspraak op die koning se ondersteuning verdag te maak.  Sy antwoord aan hulle maak egter eerder gewag van die Here se ondersteuning in dié projek as dié van die koning, iets wat hulle in elk geval geweet het.  Hy onderstreep ook aan hulle die feit dat hulle geen aandeel, reg of historiese band met Jerusalem het nie.  Die Jode sal dus nie van stryk gebring word deur hulle teenstand nie.

Nehemia


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: