Skip to main content

Nehemia 2 – Nehemia betrek die koning by sy planne en motiveer die leiers in Jerusalem om te begin bou

Hoofstuk 2 fokus op Nehemia wat die geleentheid aangryp om die koning by sy planne te betrek (2:1-10) en die eerste verkenning van die situasie in Jerusalem sowel as die inwerkingstelling van Nehemia se planne (2:11-20).

Nehemia betrek die koning by sy planne – 2:1-10

Ná die 4 maande se voorbereidende gebed en onderskeiding van die regte tyd vir optrede, kry Nehemia ’n opening met die koning wat hom vra waarom hy bedruk lyk.  Die reël was dat niemand negatiewe emosies in die teenwoordigheid van die koning mag vertoon nie, só Nehemia was met reg bang vir wat die koning kon doen.

Nehemia se reaksie is besonder raak verwoord.  Hy fokus op sy eie verbintenis aan Jerusalem – wat in puin lê en waarvan die poorte verbrand is – in term van sy voorvaders se grafte.  Respek vir die dooies het die Perse ná aan die hart gelê.  Die koning kon dus identifiseer met Nehemia se bedruktheid.

Let op hoe Nehemia steeds in gebedsafhanklikheid optree met ’n skietgebed wat hy na die Here opstuur, die eerste keer dat ons van só iets in die Bybel lees.  Sy antwoord op die koning se vraag of daar iets is wat die koning vir hom kan doen, is duidelik vooraf beplan.  Hy vra dus dat die koning hom sanksioneer om die stad te gaan herbou.  Let op dat hy ook nie van die mure praat nie en ook nie die naam van die stad noem nie, want dit is juis wat Artaxerxes ’n tyd gelede geweier het weens die teenstand van die nie-Israeliete in Jerusalem (Esra 4).  Die naam Jerusalem kon moontlik die koning herinner aan sy vorige optrede.

Die feit dat die koningin genoem word, beteken waarskynlik dat dié geleentheid ’n meer private een was en selfs dat sy Nehemia goedgesind was. Die volgende vraag van die koning wys in elk geval duidelik dat die koning Nehemia gaan ondersteun in sy planne.  Nehemia smee die yster terwyl dit warm is en vra briewe aan die politici en staatsmasjinerie in die Judese gebied, sowel as aan die opsigter van die staatsbos sodat hy hout kan hê vir die herbou projek.

Die Here het Nehemia laat slaag – Hy “het sy goeie hand oor my gehou” – sodat die koning ook begeleidende offisiere en ruiters met hom saamstuur.  Dit kontrasteer skerp met Esra se beskroomdheid om hulp van die koning te vra, omdat hy op die sorg van die Here alleen wou staatmaak.  God eer egter albei leiers se afhanklikheid van Hom asook hulle manier van dinge doen.

Die teenstand teen dié onderneming word egter ook van die begin af deur Nehemia genotuleer, veral dié van die Samaritaanse goewerneur Sanballat (’n Goroniet van die dorpie Bet-Goron) en die Ammonitiese amptenaar Tobija.  Later sal hy ook noem van die teenstand van die Arabiese leier, Gesem.

Nehemia verken die situasie en stel sy herbou planne in werking – 2:11-20

Soos Esra 3 dae lank gerus het by sy aankoms in die stad, doen Nehemia dit ook voordat hy die volgende nag stilletjies die situasie gaan verken met net ’n paar man wat saam met hom gaan.  Hier hoor ons duidelik dat hy ’n roeping van die Here ontvang het om die stad se mure te herbou, hoewel hy dit nog met niemand gedeel het nie.  Dit was nog ’n hartsaak vir hom.

Hulle ry al met die muur langs en doen ’n deeglike bestekopname.  Die volgende dag spreek hy die leiers van die stad toe en kry hulle instemming om die muur van Jerusalem te herbou, nie net ter wille van veiligheid nie, maar sodat “dié vernedering nie langer op ons rus nie.”  Hy motiveer hulle  met die verhaal van God wat sy goeie hand oor hom gehou het, sowel as met wat die koning gesê het.  Die leiers reageer baie positief en die werk begin.

Sanballat, Tobija en Gesem-hulle begin egter ook onmiddellik met hulle teenstand en probeer die leiers onseker maak deur Nehemia se aanspraak op die koning se ondersteuning verdag te maak.  Sy antwoord aan hulle maak egter eerder gewag van die Here se ondersteuning in dié projek as dié van die koning, iets wat hulle in elk geval geweet het.  Hy onderstreep ook aan hulle die feit dat hulle geen aandeel, reg of historiese band met Jerusalem het nie.  Die Jode sal dus nie van stryk gebring word deur hulle teenstand nie.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Nehemia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.