Skip to main content

Geestelike volwassenheid

Wat is geestelike volwassenheid, Bybels gesproke?

Ek het ‘n navraag gekry oor geestelike volwassenheid as ‘n mens dit deur die bril van die Skrif bekyk.  Ek het die volgende vyf aspekte in die Skrif gevind wat ek graag oor geestelike volwassenheid wil uitlig.

GEESTELIKE VOLWASSENHEID IS:

  1. OM ANDER TE KAN OPBOU: Paulus beskryf in 1 Korintiërs 14 geestelike volwassenheid as die vermoë wat iemand het om ander geestelik te kan opbou, bemoedig en vertroos. Dit kan net gebeur as ‘n mens kan onderskei tussen dít wat voordelig is, en dít wat sleg is vir gelowiges: “Broers en susters, moenie in julle denke kinders wees nie. Wees onvolwasse in die slegte dinge, maar in julle denke volwasse.” (1 Kor. 14:20).
  2. OM DIE WAARHEID TE KAN ONDERSKEI: In 2 Korintiërs 13 gaan hy verder om geestelike volwassenheid te beskryf as die vermoë om die waarheid van God te kan onderskei om nie net die goeie te doen nie, maar te volhard in die geloof. Geestelike volwassenheid is daarom ook die vermoë om vermaning te aanvaar, om eensgesind te wees, en in vrede te leef (2 Kor. 13:11).
  3. OM VAS TE STAAN EN TE VOLHARD: In Filippense 3 spel Paulus dit uit as ‘n vermoë om vas te staan en te volhard in die wedloop vir die hemelse prys van die ewige lewe. Dit sluit in om alles in ‘n mens se vermoë te doen om die Here Jesus beter te leer ken en die krag van sy opstanding te ondervind, sowel as die voorreg om vir Hom te ly in dié wêreld. Let op dat dit oor ‘n gesindheid gaan, nie oor die feit of jy ver op die pad gevorder het nie.
  4. OM STANDVASTIG EN VOLKOME GEHOORSAAM TE WEES: Hy voeg daaraan in Kolossense 4 by dat geestelike volwassenheid ‘n groeiende vermoë is om  standvastig en volkome gehoorsaam aan die wil van God vir die lewe te wees: “Epafras … staan in diens van Christus Jesus en bid altyd ernstig vir julle dat julle staande mag bly, geestelik volwasse en in alles volkome gehoorsaam aan die wil van God.” (Kol. 4:12).
  5. OM VOLGROEID EN VOLMAAK IN CHRISTUS TE WEES: Maar die belangrikste bydrae oor hierdie onderwerp gee Paulus in Kolossense 1 en Efesiërs 4.  In Kolossense 1 wei Paulus uit oor geestelike volwassenheid as een van die uitkomste van ons onderrig van gelowiges wat net in Christus moontlik is: “Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.” (Kol. 1:28).  En hy spel die doel van geestelike volwassenheid in Efesiërs 4 uit as ‘n volgroeidheid en volmaaktheid in Christus, iets waarna ons strewe, maar eers in die lewe hierna volledig kan bereik: “So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ’n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.” (Ef. 4:13).

Hoe weet ek wanneer ek al hoe meer geestelik volwasse word?

Ons weet dus ons raak al hoe meer geestelike volwasse as ons 1) agterkom dat ons al hoe meer ander kan help om geestelik te groei en 2) in onsself agterkom dat die Here ons help om al hoe vaster in geloof en gehoorsaamheid vas te staan in Christus.

Waarop moet ons fokus om al hoe meer geestelik volwasse te word?

Die enigste manier om hierin te groei, is om op die Here Jesus Christus self te fokus, om na Hom te luister en vir Hom te leef. Daarin speel die luister na die Woord van God onder leiding van die Heilige Gees in gebed ‘n primêre rol, maar ook ‘n geestelike groep wat mekaar hierin ondersteun.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!