Geestelike volwassenheid

Wat is geestelike volwassenheid, Bybels gesproke?

Ek het ‘n navraag gekry oor geestelike volwassenheid as ‘n mens dit deur die bril van die Skrif bekyk.  Ek het die volgende vyf aspekte in die Skrif gevind wat ek graag oor geestelike volwassenheid wil uitlig.

GEESTELIKE VOLWASSENHEID IS:

  1. OM ANDER TE KAN OPBOU: Paulus beskryf in 1 Korintiërs 14 geestelike volwassenheid as die vermoë wat iemand het om ander geestelik te kan opbou, bemoedig en vertroos. Dit kan net gebeur as ‘n mens kan onderskei tussen dít wat voordelig is, en dít wat sleg is vir gelowiges: “Broers en susters, moenie in julle denke kinders wees nie. Wees onvolwasse in die slegte dinge, maar in julle denke volwasse.” (1 Kor. 14:20).
  2. OM DIE WAARHEID TE KAN ONDERSKEI: In 2 Korintiërs 13 gaan hy verder om geestelike volwassenheid te beskryf as die vermoë om die waarheid van God te kan onderskei om nie net die goeie te doen nie, maar te volhard in die geloof. Geestelike volwassenheid is daarom ook die vermoë om vermaning te aanvaar, om eensgesind te wees, en in vrede te leef (2 Kor. 13:11).
  3. OM VAS TE STAAN EN TE VOLHARD: In Filippense 3 spel Paulus dit uit as ‘n vermoë om vas te staan en te volhard in die wedloop vir die hemelse prys van die ewige lewe. Dit sluit in om alles in ‘n mens se vermoë te doen om die Here Jesus beter te leer ken en die krag van sy opstanding te ondervind, sowel as die voorreg om vir Hom te ly in dié wêreld. Let op dat dit oor ‘n gesindheid gaan, nie oor die feit of jy ver op die pad gevorder het nie.
  4. OM STANDVASTIG EN VOLKOME GEHOORSAAM TE WEES: Hy voeg daaraan in Kolossense 4 by dat geestelike volwassenheid ‘n groeiende vermoë is om  standvastig en volkome gehoorsaam aan die wil van God vir die lewe te wees: “Epafras … staan in diens van Christus Jesus en bid altyd ernstig vir julle dat julle staande mag bly, geestelik volwasse en in alles volkome gehoorsaam aan die wil van God.” (Kol. 4:12).
  5. OM VOLGROEID EN VOLMAAK IN CHRISTUS TE WEES: Maar die belangrikste bydrae oor hierdie onderwerp gee Paulus in Kolossense 1 en Efesiërs 4.  In Kolossense 1 wei Paulus uit oor geestelike volwassenheid as een van die uitkomste van ons onderrig van gelowiges wat net in Christus moontlik is: “Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.” (Kol. 1:28).  En hy spel die doel van geestelike volwassenheid in Efesiërs 4 uit as ‘n volgroeidheid en volmaaktheid in Christus, iets waarna ons strewe, maar eers in die lewe hierna volledig kan bereik: “So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ’n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.” (Ef. 4:13).

Hoe weet ek wanneer ek al hoe meer geestelik volwasse word?

Ons weet dus ons raak al hoe meer geestelike volwasse as ons 1) agterkom dat ons al hoe meer ander kan help om geestelik te groei en 2) in onsself agterkom dat die Here ons help om al hoe vaster in geloof en gehoorsaamheid vas te staan in Christus.

Waarop moet ons fokus om al hoe meer geestelik volwasse te word?

Die enigste manier om hierin te groei, is om op die Here Jesus Christus self te fokus, om na Hom te luister en vir Hom te leef. Daarin speel die luister na die Woord van God onder leiding van die Heilige Gees in gebed ‘n primêre rol, maar ook ‘n geestelike groep wat mekaar hierin ondersteun.

View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: