Skip to main content

Vyf sekerhede

Synode_te_DordtrechtEk het ‘n navraag gekry oor die ervaring van die werk van die Heilige Gees en deel graag ‘n paar gedagtes daaroor.

Ek vind regtig baie troos in die Dordtse Leerreëls (jy kan dit hier aflaai). Dit gee ons 5 sekerhede (soos die 5 solas!), uitgedruk in Engels met die akroniem TULIP. Dit staan vir Total Depravity, Unconditional Election, Limited Atonement, Irresistable Grace en Perseverance of the Saints.

Ek verstaan dit so:

1. Ons kan nie uit onsself getrou bly nie – Total depravity. Dit is wat ‘n mens ervaar as jy kyk na jou eie ervaring. Daar is nie iets goeds in onsself nie. Maar, dit is nie noodwendig sleg nie, want dit help ons verstaan dat die hoop vir ons lewe nie in onsself lê nie, maar in God.

2. Ons is uitgekies en toegerus deur Woord en Gees om getrou te bly – Unconditional Election. Dit is waarop ek my hoop vestig. God is daar, al ervaar ek Hom nie. Deur sy Woord verseker Hy my dat ek sy kind is. Dit het vir my ‘n werklikheid geword deur die Woord wat vir my lewend gemaak is deur die insig wat die Gees in my standerd nege jaar gegee het, bv. in Johannes 1:12: “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” Ek het die Here se roepstem in my lewe gehoor, Hom aangeneem, en het dus die reg om kind van God genoem te word. Trouens, ek is ‘n kind van God soos 1 Joh. 5:1 sê: “Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is ’n kind van God.”

3. Jesus se versoening het vir al my sondes betaal – Limited (particular) Atonement. Die Here Jesus is die een wat my in aanvegting dra, want aan die kruis het Hy alleen vir my sondes betaal, die sondes van my verlede, hede en toekoms. Dié prys wat Hy betaal het, is genoeg vir my hele lewe, selfs tot na my dood.

4. God se genade is genoeg en effektief vir my – Irresistable (effective) Grace. Dit is seker die mees verstommende belofte dat God belowe dat sy genade nie net genoeg is nie, maar genoegsaam, effektief. God se genade sal doen in my wat nodig is om te doen. My lewe hang nie van myself af nie, maar van Hom wat my liefhet en Homself vir my gegee het. Onlangs het ek met nuwe lidmate wat van ‘n ander kerk na ons toe oorgekom het, hierdie belydenis behandel, en dié gedagte was vir hulle die hoogtepunt van ons gesprek. Inderdaad!

5. God sal my in staat stel om enduit te volhard – Perseverance of the Saints. Hierdie belofte van God is waar vir my, al bars die bottel, al is daar geen ervaring in my hart nie, al voel ek ek staan alleen. Want, dié belydenis staan vas op die belofte van God. Hy sal my enduit laat gaan, al wankel my bene in die geloofstryd.

Oor ervarings:

Ek dink ons moet ook onthou dat ‘n mens die krag van die Heilige Gees as’t ware eers ervaar ná dit reeds gebeur het. Jy sit bv. jou voet op ‘n pad en ervaar stryd en moeite. Maar, as jy terugkyk, kom jy agter, dáár het die Here my gehelp, dáár het ek insig gekry, dáár het iets ten goede uitgewerk. Dan kan ‘n mens weet, dit was die Géés wat my gedra en gelei en goeie dinge vir my gedoen het. Op die koop toe raak dié ervarings geestelike merkers op ‘n mens se pad, dinge waarop jy kan teruggaan om hoop te skep vir die toekoms.

Soos ‘n mens die pad met die Here begin loop, het jy ook soms in die hede die ervaring dat die Gees vir jou insigte gee, jou links of regs stuur. En ek ervaar dat die Woord die belangrikste instrument is wat Hy in my lewe gebruik.

Bv. ek het twee dae terug geworstel met teenstand wat ek ervaar. Dié oggend kry ek ‘n boodskappie van een van die Bybelskool gebruikers wat my met twee tekste uit die lewe van Hiskia in die OT bemoedig. Die tekste het ooreengestem met een van my roepingstekste uit Sagaria 3:7. En ek het onmiddellik besef, maar dit is die Gees wat my bemoedig.

Daarom, vertrou die Here, met jou voet op die pad wat jy weet jy moet loop, en met die Woord as die lig vir daardie pad. Dan sal jy die Gees ervaar, soms as’t ware van “agteraf”, maar ook al hoe meer hier dig by jou.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda