Skip to main content

Vyf sekerhede

Synode_te_DordtrechtEk het ‘n navraag gekry oor die ervaring van die werk van die Heilige Gees en deel graag ‘n paar gedagtes daaroor.

Ek vind regtig baie troos in die Dordtse Leerreëls (jy kan dit hier aflaai). Dit gee ons 5 sekerhede (soos die 5 solas!), uitgedruk in Engels met die akroniem TULIP. Dit staan vir Total Depravity, Unconditional Election, Limited Atonement, Irresistable Grace en Perseverance of the Saints.

Ek verstaan dit so:

1. Ons kan nie uit onsself getrou bly nie – Total depravity. Dit is wat ‘n mens ervaar as jy kyk na jou eie ervaring. Daar is nie iets goeds in onsself nie. Maar, dit is nie noodwendig sleg nie, want dit help ons verstaan dat die hoop vir ons lewe nie in onsself lê nie, maar in God.

2. Ons is uitgekies en toegerus deur Woord en Gees om getrou te bly – Unconditional Election. Dit is waarop ek my hoop vestig. God is daar, al ervaar ek Hom nie. Deur sy Woord verseker Hy my dat ek sy kind is. Dit het vir my ‘n werklikheid geword deur die Woord wat vir my lewend gemaak is deur die insig wat die Gees in my standerd nege jaar gegee het, bv. in Johannes 1:12: “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” Ek het die Here se roepstem in my lewe gehoor, Hom aangeneem, en het dus die reg om kind van God genoem te word. Trouens, ek is ‘n kind van God soos 1 Joh. 5:1 sê: “Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is ’n kind van God.”

3. Jesus se versoening het vir al my sondes betaal – Limited (particular) Atonement. Die Here Jesus is die een wat my in aanvegting dra, want aan die kruis het Hy alleen vir my sondes betaal, die sondes van my verlede, hede en toekoms. Dié prys wat Hy betaal het, is genoeg vir my hele lewe, selfs tot na my dood.

4. God se genade is genoeg en effektief vir my – Irresistable (effective) Grace. Dit is seker die mees verstommende belofte dat God belowe dat sy genade nie net genoeg is nie, maar genoegsaam, effektief. God se genade sal doen in my wat nodig is om te doen. My lewe hang nie van myself af nie, maar van Hom wat my liefhet en Homself vir my gegee het. Onlangs het ek met nuwe lidmate wat van ‘n ander kerk na ons toe oorgekom het, hierdie belydenis behandel, en dié gedagte was vir hulle die hoogtepunt van ons gesprek. Inderdaad!

5. God sal my in staat stel om enduit te volhard – Perseverance of the Saints. Hierdie belofte van God is waar vir my, al bars die bottel, al is daar geen ervaring in my hart nie, al voel ek ek staan alleen. Want, dié belydenis staan vas op die belofte van God. Hy sal my enduit laat gaan, al wankel my bene in die geloofstryd.

Oor ervarings:

Ek dink ons moet ook onthou dat ‘n mens die krag van die Heilige Gees as’t ware eers ervaar ná dit reeds gebeur het. Jy sit bv. jou voet op ‘n pad en ervaar stryd en moeite. Maar, as jy terugkyk, kom jy agter, dáár het die Here my gehelp, dáár het ek insig gekry, dáár het iets ten goede uitgewerk. Dan kan ‘n mens weet, dit was die Géés wat my gedra en gelei en goeie dinge vir my gedoen het. Op die koop toe raak dié ervarings geestelike merkers op ‘n mens se pad, dinge waarop jy kan teruggaan om hoop te skep vir die toekoms.

Soos ‘n mens die pad met die Here begin loop, het jy ook soms in die hede die ervaring dat die Gees vir jou insigte gee, jou links of regs stuur. En ek ervaar dat die Woord die belangrikste instrument is wat Hy in my lewe gebruik.

Bv. ek het twee dae terug geworstel met teenstand wat ek ervaar. Dié oggend kry ek ‘n boodskappie van een van die Bybelskool gebruikers wat my met twee tekste uit die lewe van Hiskia in die OT bemoedig. Die tekste het ooreengestem met een van my roepingstekste uit Sagaria 3:7. En ek het onmiddellik besef, maar dit is die Gees wat my bemoedig.

Daarom, vertrou die Here, met jou voet op die pad wat jy weet jy moet loop, en met die Woord as die lig vir daardie pad. Dan sal jy die Gees ervaar, soms as’t ware van “agteraf”, maar ook al hoe meer hier dig by jou.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!