Ons het herlewing nodig
‘n Mens kan jou nie regtig indink hoe sleg dit in 1857 gegaan het nie. Amerika was in ‘n toestand van sosiale, morele, politieke, geestelike en ekonomiese verval. Die bankstelsel het ineengestort. Die spoorweë het bankrot gespeel. Fabrieke het toegemaak. Burgeroorlog het gedreig. Mense was radeloos en sonder hoop. Die toekoms was donker.

Toe roep die Here vir Jeremiah Calvin Lanphier, ‘n stadsendeling van die North Dutch Reformed gemeente in Fultonstraat. Hy was baie besorgd oor die impak van die landsituasie op die geestelike toestand van die mense van New York. Hy het ‘n passie vir die Here gehad, en ‘n passie vir die mense wat hy moes bedien.

Hy het begin met ‘n weeklikse gebedsbyeenkoms. Hy het deeglik beplan, pamflette laat druk, laat aflewer – hy het die stad in blokke opgedeel – en mense oral uitgenooi vir die eerste byeenkoms op 23 September 1857. Dit sou plaasvind in die konsistorie van die kerk in Fultonstraat.

Slegs 6 mense het die eerste week se byeenkoms bygewoon. Maar, belangrik, dit het hom nie afgesit nie. Hy het weer geadverteer. Die tweede week het die bidders verdriedubbel. 20 mense het kom bid. Die derde week was daar 40 mense. Die vierde week was daar 100 mense.
Binne enkele weke was die kerkgebou vol en het mense daagliks begin bymekaarkom om tydens middagete te bid. Mettertyd is daar nog en nog gebedsbyeenkomste gereël. By sommige van dié byeenkomste was daar tot 5 000 mense teenwoordig.
In die vier maande tot die einde van 1857 het die beweging ontplof tot honderde gebedsbyeenkomste in verskillende areas. Dit is beleef as ‘n herlewing, ‘n werk van God.
Duisende mense het in dié tyd tot bekering gekom. Dit het nie net by New York gebly nie, maar oor die hele Amerika uitgebrei. Vandaar het dit gesprei na Brittanje, Europa, Indonesië en uiteindelik na Suid-Afrika. Ons Pinksterbidure is die getuienis daarvan.
Alles oor een man se gehoorsaamheid, Jeremiah Lanphier.
Dit is hierdie gebedsvisie wat ons nou nodig het in ons kerk en land.
View all posts in this series
- Die plek van vas in geloofsgewoontes - May 2, 2013
- God se bekende en verborge wil - May 13, 2013
- Die gebed van die hart of Jesus gebed - July 11, 2016
- Geestelike volwassenheid - March 15, 2017
- Reisgenote in geloofsvorming - June 14, 2018
- Gedagtes oor ons lewe voor God - June 15, 2018
- Ons het herlewing nodig - November 19, 2019
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Pieter
Middag Chris.
Kan jy my help met die waarvan Jesus in Matteus 24 vers 35 praat
“Die tyd kom wanneer julle die afskuwelike voorwerp wat verontreiniging veroorsaak en waarvan die profeet Daniel gepraat het in die tempel sal sien staan dan moet julle heuwels toe vlug”
Daniel 9 vanaf vers 26 vertel Daniel “Na die tydperk van 62 eenhede van sewes sal die gesalfde leier doodgemaak word. Die stad en tempel sal vernietig word wanneer ‘n koning en sy leer daar kom. Sy einde sal met oorstromings kom. (27) Hy sal met baie ‘n ooreenkoms sluit vir ‘n tydperk van een eenheid van sewe. Vir ‘n halwe eenheid sal hy die praktyk van die offer ophef. Hy sal ‘n veragtelikke ding oprig wat die tempel verontreinig totdat die tyd aanbreek dat dit wat oor hom bepaal is oor hom sal losbars.
In Daniel 11 verse 31 en 32 praat Daniel ook oor om en by dieselfde.
Dankie vir die goeie werk wat jy hier doen
Groete
Chris van Wyk
Hi Pieter, jy kan lees wat ek oor Matteus en Daniël geskrywe het by hierdie skakel: https://bybelskool.com/matteus-243-51-jesus-motiveer-sy-dissipels-tot-waaksaamheid-en-gereedheid-betroubaarheid-en-verstandigheid/
Pieter
Baie dankie Chris. Waardeer