Skip to main content

1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel

Dawid se visie was vir ‘n tempel wat indrukwekkend groots sal wees, ‘n roem en ‘n sieraad vir alle lande.  Maar sy seun Salomo was nog “jonk en sag”.

Daarom doen Dawid drie goed wat ook die kleiner dele vorm waaruit die hoofstuk opgebou is:

Continue reading

1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening

In die volgende vier hoofstukke fokus die Kronis op die wyse waarop Dawid die diens van die priesters en die Leviete gereël het.  Dit is interessant dat dit nie die hoëpriesters is wat dié funksie vervul het nie, maar die een wat God gekies het om die hele volk te lei, Dawid.  Hy doen dit wel met die hulp van Sadok (1 Kron. 24:3), maar neem die oorhoofse verantwoordelikheid.

In die eerste twee hoofstukke kom die funksies van die priesters aan die orde (hfst. 23), sowel as die drie breër Levitiese diensgroepe , waarna die twee priesterlike diensgroepe aan die orde kom, sowel as die Levitiese familiehoofde (hfst. 24).  In die laaste twee hoofstukke kom die Levitiese sangbediening (hfst. 25) sowel as die poortwagte, die toesig oor die tempelskatte en die regsfunksies aan die beurt (hfst. 26).

Continue reading

1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening

Hierdie twee hoofstukke fokus op Dawid se reëlings in terme van die liturgiese en profetiese funksies van die drie Levitiese bedieningsgroepe (hfst. 25) en die Leviete se funksies as poortwagte, toesighouers oor die tempelskatte en handhawers van die orde en regspraak (hfst. 26).  Die Leviete het regtig ’n omvattende bediening gehad wat selfs sekere meer “sekulêre” funksies ingesluit het.

Continue reading

1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens

Hierdie hoofstuk beskryf vier groepe leiers wat in Dawid se diens was.  Dit was die leëraanvoerders uit die familiehoofde (vers 1-15), die stamhoofde  van die verskillende stamme (vers 16-24), die opsigters oor Dawid se uitgebreide besittings (vers 25-31) en al sy raadgewers (vers 32-34).

Hulle verantwoordelikhede gee ons ’n kykie in die groei van die koninkryk van Dawid en sy finesse met die administrasie en bestuur daarvan.  Dit wys ook dat daar nie ’n waterdigte skeiding was tussen godsdiens en die staat nie.

Continue reading

1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou

Aan die einde van die eerste boekrol waarop 1 Kronieke geskryf is, word Dawid se laaste opdragte oor die bou van die tempel en Salomo se koningskap weergegee.  Dit is in die vorm van:

  1. Dawid se oorleg met al die gesagdraers van die hele Israel (28:1),
  2. twee toesprake aan die leiers (28:2-8; 29:1-9) en twee gesprekke met Salomo (28:9-10; 28:20-21),
  3. die voorsiening van ’n model van die tempel aan Salomo (28:11-19) en
  4. ’n lofprysing aan die Here in die teenwoordigheid van die hele vergadering van leiers (29:10-20).

Die Kronis sluit die verhaal van Dawid en die tempel af met ’n beskrywing van die volk se feesvieringe en ’n eed van getrouheid aan Salomo (29:21-25) sowel as ’n laaste oorsig oor die koningskap van Dawid (29:26-30).

Continue reading

Onlangse kommentaar