Hierdie een en ‘n half hoofstukke beslaan die volgende geslagsregisters wat fokus op die feit dat dié stamme nie in Israel voortbestaan het nie, onder andere omdat hulle nie hulle verhouding met God in ere gehou het nie:
Die stam Simeon – 4:24-43
Die stam Ruben – 5:1-10
Die stam Gad – 5:11-17
Die oorlog van God teen die Hagareërs (nakomelinge van Ismael) – 5:18-22
Die halwe Manassestam – 5:23-24
Die wegvoering van die stamme oos van die Jordaan – 5:25-26
Hierdie twee hoofstukke beslaan die geslagsregisters van Levi (80 verse) en die res van die seuns van Jakob (40 verse). Levi geniet dus dubbeld soveel aandag as die oorblywende 6 stamme in die beoordeling van die Kronis.
Vir die herbou van die godsdienstige lewe van die volk na die ballingskap sou die nageslag van Levi kardinaal belangrik wees. Alle priesterlike funksies is immers deur die Here self aan dié drie stamme uit die nageslag van Levi toegeken (Num. 1 vv.). Soos die nageslag van Juda sosiaal-polities leiding moes neem, só moes die nageslag van Levi geestelik-godsdienstig leiding neem.
Dit het drie funksies ingesluit: priesterlik (6:49), liturgies (6:31-32) en administratief (6:48) – nie ‘n te slegte model om selfs vandag na te volg in die kerk nie!
Die geslagsregisters het die tafel gedek vir die verhale van die koningshuis van Dawid gesentreer rondom die geestelik-godsdienstige verbintenis aan God waarin die nageslag van Levi die voortou sal neem. Hierdie verhale sal nog sterker die boodskap aan die teruggekeerde ballinge onderstreep dat hulle hele lewe op die verbintenis aan God gerig moet wees. God vereis lojaliteit en gehoorsaamheid aan Hom, soos geïllustreer in die verhale van die konings as verteenwoordigers van die volk.
Die Kronis kies om net die verhaal van Saul se selfdood te vertel soos dit in 1 Samuel 31 opgeteken is. Hy verswyg dus die bekende verhaal van 2 Samuel 1 waarin vermeld word dat Saul nie suksesvol was in sy selfdood poging nie, en ‘n jong Amalekiet hom uiteindelik doodgemaak het op Saul se versoek. Waarskynlik doen die Kronis dit om sy lesers die grusame detail te spaar, dat Dawid, ná hy die res van die dag gerou het uit ontsteltenis oor Saul se dood, die Amalekiet laat doodmaak het omdat hy sy hand aan die “gesalfde van die Here” geslaan het.
Trouens, die Kronis verswyg die hele verdere bekende geskiedenis van Saul in 1 Samuel 9 tot 2 Samuel 1, omdat dit ook nie inpas in die doel met sy verhaal nie. Hy wil eintlik net na Saul verwys, en spesifiek na sy dood, as inleiding tot Dawid se bewindsaanvaarding, die man na God se hart. Saul se troubreuk kleur – in die oë van die Kronis – Saul se verhaal só negatief dat dit nie as motivering vir die volk se verbintenis aan God in die tyd ná die ballingskap kan dien nie.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar