Skip to main content

1 Kronieke 11-12 – Dawid word deur God en volk as koning gevestig

Die Kronis fokus, na die kort inleiding in hoofstuk 10 oor Saul, nou in die res van dié boekrol op koning Dawid.

In hoofstuk 11-12 word vier perikope gewy aan die uitbreiding en bevestiging van Dawid se invloedsfeer:

Continue reading

1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring

Die Kronis fokus vervolgens op Dawid en die ark.  Dawid se eerste mislukte poging om die ark na Jerusalem te bring (1 Kron. 13:1-14) – waarvoor die Kronis die eerste deel van die verhaal in 2 Sam 6 gebruik – word opgevolg deur drie verhale uit 2 Sam 5, oor:

  1. die bouwerk aan Dawid se paleis met internasionale erkenning en hulp – 1 Kron. 14:1-2,
  2. die uitbreiding van sy gesin – 1 Kron. 14:3-7 – en
  3. die duidelike leiding van die Here in twee van sy veldslae teen die Filistyne – 1 Kron. 14:8-17.

Al drie hierdie verhale  bevestig aan Dawid dat die Here dit goed bedoel met hom en vir hom op drie vlakke van sy lewe begelei, voorsien en beskerm: as koning  in sy paleis, as pa in sy gesin en as gerekende leier onder die nasies.

Dít gee Dawid die moed om die ark uiteindelik suksesvol terug te bring na Jerusalem terwyl hy uitvoerige voorsorgmaatreëls tref om dit volgens die wil van die Here te doen – 1 Kron. 15 – waarvoor die Kronis die tweede deel van die verhaal in 2 Sam 6 inspan.

Continue reading

1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God

Die Kronis fokus vervolgens eerstens op die feesviering met die tuiskoms van die ark, die simbool van God se teenwoordigheid, in Jerusalem.  Hy gebruik ‘n deel van die verhaal in 2 Sam. 6 daarvoor en voeg daarby ‘n keurspel uit drie Psalms (Ps. 105:1–15; 96:1–13; 106:47–48) met die titel “Loof die Here”, wat Dawid Asaf en sy ampsgenote vir die eerste keer laat uitvoer het by die geleentheid.

Tweedens neem hy die verhaal uit 2 Sam. 7 oor wat vertel van Dawid se behoefte om ‘n huis vir die Here te bou wat lei tot die allesomvattende belofte van die Here om inteendeel Dawid se huis te bou en sy koningskap vir altyd te bevestig.

Continue reading

1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan

Die Kronis sit Dawid se verhaal voort in 1 Kron. 18-20 met ‘n fokus op sy oorloë.  Let op hoe wyd die gebied is wat Dawid aan homself en Israel onderhorig maak.  Trouens dit strek tot aan die Eufraat.

Let egter ook op dat agter dit alles dit die “hand” van die Here was wat Dawid se koninkryk, sy huis, uitgebrei het, presies soos die vorige hoofstuk aan hom belowe het: “Die Here het vir Dawid gehelp net waar hy gegaan het.”  Agter Dawid se hand in oorlog was die Here met Sy hand in die geskiedenis besig om Sy belofte aan Dawid te vervul. En dit is wat die Kronis vir sy geslag wil onderstreep, sodat hulle God sal vertrou om op dieselfde wyse in hulle tyd op te tree.

Daarna vertel hy tog een van Dawid se groot sondes met die volkstelling in 1 Kron. 21 wat ’n noodsaaklike stuk agtergrond vir die res van Dawid se verhaal rondom die voorbereidings vir die bou van die tempel is.

Continue reading

WEEK 3: 1 Kronieke 22-29

Die laaste deel van 1 Kronieke fokus op Dawid en sy reëlings rondom die tempeldiens van die priesters en Leviete.  Dit sluit af met die bevestiging van Salomo se koningskap met die insluiting van die opdragte om die tempel te bou.  Daar is nie parellelle gedeeltes in Samuel hieroor nie.

Ons lees dit soos volg:

  • Dag 1 – 1 Kronieke 22 – Dawid en die voorbereidings vir die tempel
  • Dag 2 – 1 Kronieke 23-24 – Dawid en die priesterlike bediening
  • Dag 3 – 1 Kronieke 25-26 – Dawid en die drie Levitiese bedieningsgroepe
  • Dag 4 – 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens
  • Dag 5 – 1 Kronieke 28-29 – Dawid se laaste opdragte oor die tempel en Salomo se koningskap

Onlangse kommentaar