Skip to main content

WEEK 4: 2 Kronieke 1-9

Ons fokus dié week op die regering van Salomo soos dit in 2 Kronieke 1-9 beskryf word.  Daarna volg die verhaal van die res van die 20 konings van die suidelike ryk soos dit ontvou het na die skeuring van die ryk van Salomo, met terloopse verwysing na die konings van die noordelike ryk Israel.  Altesame was daar 24 konings van Juda oor die 500 jaar van Saul tot by Sedekia.Ek sal ter aanvang van volgende week se leeswerk ook ‘n oorsig van al die konings gee wat ’n handige sinopsis van die res van Kronieke sal gee.

Ons lees Salomo se verhaal as volg:

  • Dag 1 – 2 Kronieke 1 – Salomo se wysheid
  • Dag 2 – 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel
  • Dag 3 – 2 Kronieke 6 – Salomo praat met die mense en met God
  • Dag 4 – 2 Kronieke 7 – Salomo wy die tempel in
  • Dag 5 – 2 Kronieke 8-9 – Salomo se nasionale en internasionale invloed

2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar

Die eerste hoofstuk teken twee prentjies van Salomo oor die bou van die tempel aan die orde kom: Salomo as wyse man  (vers 1-13 – vgl. 1 Kon. 3:1-15) en as vernuftige handelaar (vers 14-17 – vgl. 1 Kon. 10:26-29).

Continue reading

2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel en God se teenwoordigheid vul Sy huis

Ons lees 4 hoofstukke vandag wat oor 3 onderwerpe gaan:

  • Die voorbereidings vir die bou van die tempel – 2:1-18 – vgl. 1 Kon. 5:1-18
  • Die bou van die tempel – 3:1-5:1 – vgl. 1 Kon. 6:1-39 en 7:15-51
  • Die ark word in die tempel gesit – 5:2-14 – vgl. 1 Kon. 8:1-9

Die voorbereidings vir die bou van die tempel – 2:1-18

Die Kronis beskryf die wyse waarop Salomo te werk gegaan het om die tempel te bou.  Sy voorneme struktureer sy voorbereiding, goeie raad vir enigiets wat jy aanpak: “Begin with the end in mind”.

Continue reading

2 Kronieke 6 – Salomo plaas gebed sentraal in die verhouding met God

Die Kronis volg in dié gedeelte sy bron in 1 Konings 8 redelik getrou.  Dit bevat twee gesprekke, die een ‘n toespraak gerig aan die volk (vers 1-11) en die ander ’n gebed gerig aan die Here wat so pas Sy teenwoordigheid in ’n wolk bevestig het (vers 12-42).  Daarmee plaas Salomo gebed sentraal in die verhouding met God, iets wat selfs vir die vreemdelinge sal geld.

Continue reading

2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo

Hoofstuk 7 voltooi die verhaal van Salomo se bouwerk aan die tempel met die inwyding daarvan (vers 1-11) sowel as ’n tweede verskyning van die Here aan Salomo een nag (vers 12-22).  Die Kronis gebruik die verhaal van die inwyding in 1 Konings 8, maar brei dit uit met die inleiding oor die vuur van die Here, sowel as die detail oor die liturgiese begeleiding.  Hy beklemtoon dus met meer detail die wonder karakter van die inwyding van die tempel, sowel as die rol wat die Leviete gespeel het, waarskynlik omdat hy die teruggekeerde ballinge van God se seël op die tempel as simbool van Sy teenwoordigheid sowel as die keuse van die Leviete vir die bediening binne die tempel wou oortuig.

Hy gebruik 1 Konings 9 se verhaal oor die verskyning van die Here aan Salomo met ’n paar minder belangrike weglatings en byvoegings.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms