Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
RUS
- Die is ’n mooi oggend met so ’n ligte briesie wat stoot.
- Ek loof die Here dat Hy alles onderhou.
HOOR
- Ek lees die verhaal van Jesus se inhegtenisname en verhoor.
- Die volgende aspekte tref my daarin:
Die verhaal van Getsemane tot net voor die kruisiging word in 6 episodes vertel:
- Jesus word gevange geneem– Joh 18:1-11;
- Jesus verskyn voor Annas, die vorige hoëpriester – Joh 18:12-14;
- Petrus verloën Jesus die eerste keer – Joh 18:15-18;
- Annas ondervra Jesus aangaande sy leer – Joh 18:19-24;
- Petrus verloën Jesus nog twee keer – Joh 18:25-27;
- Pilatus verhoor Jesus – Joh 18:28-40.
18:1-11: Let op dat Jesus nie terugdeins vir die inhegtenisneming nie, en Homself identifiseer aan die soldate en wagte. Sy beheer van die situasie blyk ook uit die toegestane versoek dat die dissipels nie ook gevange geneem sal word nie.
Hy kies dus om dié roete van die kruis te volg, en nie met geweld die koninkryk van God te vestig nie. Daarom keer Hy ook vir Petrus toe dié met geweld Hom probeer verdedig. Hy moet die lydensbeker drink – dit is sy opdrag en daaraan wil Hy gehoorsaam wees.
Onlangse kommentaar