Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het
RUS
- Dit bly heerlik om die natuur waar te neem terwyl ’n mens stil raak voor die Here. Ek kyk nou uit op ’n tuin gebaai in sonlig, met sagte geluide wat van buite af inkom in die vertrek.
- Ek loof die Here vir sy voorsiening en sorg en vandag veral dat Hy alles onderhou.
HOOR
- Ek lees die gedeelte in Johannes en die volgende aspekte tref my:
- Liefde vir mekaar sal dissipels se uitstaande kenmerk wees (in teenstelling met Judas) – 13:31-35;
- Hierdie liefde sal onder druk kom – soos in die geval van Petrus vir Jesus (Joh 18:25–27) – maar uiteindelik seëvier – 13:36-38;
- Jesus gaan na sy Vader toe en word daardeur die weg en die waarheid en die lewe vir elkeen wat in Hom glo – 14:1-14;
- Jesus gee hulle die Heilige Gees waardeur God self by hulle Sy intrek sal neem – 14:15-31.
13:31-35 en 36-38: Die punt van hierdie hele gesprek van Jesus is dat liefde bo-oor alles geskryf moet staan. Dit moet die uitstaande kenmerk van ’n dissipel van Jesus wees. Dit moet alles deursuur wat ons doen en sê. Daar moet niks in die pad staan van ’n lewe in liefde nie. En dit beteken, in die konteks van Jesus se naderende dood, dat ’n mens selfs bereid moet wees om jou lewe vir ander af te lê. Dit is ook die punt wat later in hoofstuk 17 oor eenheid gemaak sal word – niks mag in die pad van die eenheid staan nie. En niks mag in die pad van liefde staan nie.
Onlangse kommentaar