Skip to main content

Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie

RUS

  • Die huis is stil, dit is pragtig buite.  En ek het net ’n behoefte aan God se teenwoordigheid – om Hom as naby te ervaar.
  • Ek gee hierdie behoefte van my in gebed aan Hom met die verwagting dat dié Skrifgedeelte iets van Hom vir my sal gee.

HOOR

  • Ek lees die gedeelte, een van my geliefdes.
  • Die volgende aspekte tref my (met ’n bietjie insette van kommentare na die tyd daarby ingewerk, soos ek dit altyd doen):

Drie reaksies op Jesus word in hierdie gedeelte vertel: 1) mense wat tot geloof in Hom kom op grond van die wondertekens wat Hy gedoen het – 2:23-25, en 2) die gesprek wat Nikodemus, die Fariseër en bekende leermeester, met Jesus een nag kom voer het – 3:1-22 en 3) die getuienis van Johannes die Doper oor Jesus – 3:22-36.

Let op dat die wonderteken van die water wat in wyn verander is, hou verband met die persoonlike geloofsvernuwing wat in die beoordeling van die wondergelowiges sowel as die geloofsgesprek met Nikodemus aangeroer word.  Net so hou die reiniging van die tempel verband met die godsdiensvernuwing wat in die gesprek met die Samaritaanse vrou by die put net hierna in hoofstuk 4 aangeroer sal word.

Continue reading

WEEK 2: Johannes 4:1-8:11

Ons lees hierdie week:

  1. die bekende verhaal van die Samaritaanse vrou waarin lewende water ’n belangrike rol speel (4:1-42),
  2. van twee genesings: die regeringsamptenaar se seun (4:43-54) en die siek man by die bad van Betesda (5:1-16) waarop Jesus uitbrei en praat oor die lewe wat Hy bring (5:18-47),
  3. van die vermeerdering van brood (6:1-15) waarop Jesus kommentaar lewer (6:22-40) nadat Hy op die water geloop het (6:16-21) om sy beheer oor dinge wat die dissipels bang maak, te demonstreer,
  4. van die verskillende reaksies op Jesus – die Jode wat Hom nie begryp nie (6:41-59), selfs van sy dissipels (6:60-71) en broers (7:1-9) wat nie glo nie en
  5. van die lewende water wat sal vloei uit dié wat wel glo (7:10-39) wat tot ’n verdere aantal reaksies op Hom lei en dit ’n vrou wat in owerspel betrap is eerder as die Joodse godsdienstige leiers wat in Hom glo (7:37-8:11).

Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe

RUS

  • Dit is nog stil en donker buite.
  • Ek bid om God se teenwoordigheid vir hierdie dag.

HOOR

  • Ek lees die Skrifgedeelte met groeiende verwondering oor die impak wat Jesus op mense het.
  • Wat my in hierdie gedeelte tref:
Let op dat Jesus se volgende gesprek ’n direkte gevolg is van die Fariseërs se kennisname van sy groeiende bediening, ’n bediening wat groter begin word as dié van Johannes die Doper, soos wat hy net in die vorige perikoop beskrywe het, sal gebeur. Hoewel dit nog onderbeklemtoon is, hoor ’n mens daarin ook die broeiende konflik met die leidende Joodse godsdienstige partye.

Interessant genoeg is die leidende metafoor steeds dié van water – ons het alreeds kennis geneem van die verandering van water in wyn (Kana), die verwysing na gebore uit water (Nikodemus), die verwysing na die reiniging met water (Johannes die Doper) en nou die doop (Jesus).  En dít is presies dié metafoor wat in die verhaal van die Samaritaanse vrou die hoofrol gaan speel – ’n dors Jesus by die put, die water wat hy van haar vra, en die lewende water wat Jesus vir haar kan gee.

Continue reading

Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde

RUS

  • Ek raak stil voor die Here en vra vir insig in wat Hy aan my openbaar deur die evangelie.

HOOR

  • In my lees van hierdie gedeelte tref die volgende aspekte my:

Die gedeelte bestaan uit vier perikope:

  1. die 2de wonderteken van die genesing van die regeringsamptenaar se seun (Matteus 8:5-13 en Lukas 7:1-10 het ’n soortgelyke verhaal waar dit ’n slaaf is wat genees word) – 4:43-54;
  2. die 3de wonderteken van die genesing van die siek man by die bad van Betesda – 5:1-17;
  3. die verweer van Jesus teen die Jode wat reeds nou al sy dood beplan, dat Sy genesings sy band met die Vader bevestig wat die ewige lewe gee vir elkeen wat in Hom glo – 5:18-29;
  4. die werk van Jesus wat Hy as getuienis aanbied waarmee Hy mense uitnooi om die lewe uit Sy hand te aanvaar, ’n getuienis wat ooreenkom met wat die Skrifte inderdaad ook oor Hom getuig, as hulle dit net sou glo – 5:30-47.

Continue reading

Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou

RUS

  • Ek het vandag ’n behoefte aan God se vrede wat alle verstand te bowe gaan en ek vra die Here daarvoor.

HOOR

  • Ek lees die Skrifgedeelte en hier is wat my getref het:

’n Mens sien in hoofstuk 6-7 hoe ’n digte verhaal Johannes vir ons vertel – alles het met alles te make.  Die verhaallyn is as volg:

  • Jesus doen die broodwonder wat Sy gestuurdheid en goddelikheid bevestig – 6:1-15.
  • Jesus loop op die see wat ’n opening skep om verder met die skare oor die betekenis van die broodwonder te kan gesels – 6:16-21.
  • Jesus verduidelik dat Hy die brood van die lewe is en dat mense op Hom moet fokus – 6:22-40.
  • Die Jode verstaan nie Jesus se woord nie, al openbaar Jesus iets meer oor die kruis wat in die toekoms vir Hom voorlê – 6:41-59.
  • Selfs onder Jesus se dissipels is daar mense wat nie glo nie – 6:60-71.
  • Jesus se broers vind dit ook moeilik om in Hom te glo 7:1-9.
  • Jesus leer die mense by die huttefees dat Hy die Christus is, dat Hy moet ly, maar die Gees sal gee vir elkeen wat in Hom glo – 7:10-39.
  • Dit lei tot verdere meningsverskil oor Jesus en ongeloof by die Joodse leiers – 7:40-52.

Continue reading

Onlangse kommentaar