Hierdie keuse wat van elkeen gevra word, hou verband met die stryd tussen lig en duisternis wat van die eerste verse aan die orde gestel word. Dit vorm die konseptuele raamwerk waarmee Johannes die boodskap van Jesus vertel. Jou keuse vir geloof in Jesus lei na lig en lewe. Jou keuse teen geloof in Jesus lei na duisternis en dood (Du Rand).
Johannes druk hierdie dualisme ook uit met die beskrywing van God se wêreld as “van bo” (anothen – 1:51; 3:13,31) en ons wêreld as “van onder” (tôn katô – 8:23). Jesus kom van God se wêreld na ons toe (3:16) en sal deur sy kruisdood, opstanding en verheerliking die gelowiges na Hom toe trek (12:32) terwyl die heerser van hierdie wêreld uitgedryf sal word (12:31). So sal gelowiges deel van die ryk van lig word, en dié wat kies om nie te glo nie, steeds deel van die ryk van die duisternis bly.
Die prentjie wat Johannes van Jesus teken in sy evangelie is uniek, en veelvlakkig, as ’n mens dit met die sinoptiese evangelies, Markus, Matteus en Lukas se prentjie vergelyk. Johannes beskryf Jesus in 5 tydperke (Du Rand):
in sy pre-historiese bestaan as die Woord van God (1:1);
in die historiese verlede soos dit in die geskrifte van Moses en die profete ’n neerslag gekry het (1:45; 5:46 – vgl 12:41 wat na Jesaja 6:10 verwys);
in die narratiewe hede van sy geboorte, lewe, bediening, lyding, kruisdood en opstanding;
in die historiese toekoms waar Hy sy mense begelei en bystaan deur sy Gees (14:16);
in die eskatologiese toekoms vanwaar Hy sal kom om die dooies op te wek, sommige tot die ewige lewe (wat reeds nou ’n aanvang neem) en ander tot veroordeling (5:24-29).
Johannes teken Jesus as Een met die Vader (10:30), wat weet wat die Vader weet (10:38). Johannes vertel ons ook nie, soos in die sinoptiese evangelies (Mark 14:36), dat Jesus bid dat die lydensbeker van Hom weggeneem word nie, maar juis dat Hy bid dat God se Naam daardeur verheerlik sal word, ten spyte van Sy ontsteltenis (12:27-28). Die klem val dus in sy vertelling op Jesus se Goddelike aanvaarding van die lydensweg, eerder as op die eg-menslike worsteling wat Hy tereg ook deurgemaak het.
Met die 8 Ek-is uitsprake van Jesus word die prentjie van Jesus in terme van sy Goddelike betekenis vir mense uitgespel. Hy maak God bekend aan die wêreld, in terme wat ryk aan Ou Testamentiese betekenis is:
“Ek is wat Ek is” – 8:24,58 – vgl Eks 3:14, waar dieselfde van God self gesê word;
“Ek is die brood wat lewe gee” – 6:35,48 – vgl Eks 16:4, waar God deur die manna voorsien het;
“Ek is die lig vir die wêreld” – 8:12 – vgl Jes 49:6 waar dit van die dienaar van die Here voorspel word;
“Ek is die ingang vir die skape” – 10:7, 9 – vgl Eseg 41 waar die ingang na die hemelse tempel en God se ewige teenwoordigheid beskrywe word;
“Ek is die goeie herder” – 10:11,14 – vgl Eseg 34 waar God self as herder optree en sy dienaar Dawid daarvoor aanstel;
“Ek is die opstanding en die lewe” – 11:25 – vgl Jes 53:7-12 waar die dienaar van die Here se dood en opstanding beskrywe word wat lewe vir baie sal gee;
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe” – 14:6 – vgl Jes 30:20-21 waar God as die Een beskryf word wat sy volk leer en op die regte koers hou;
“Ek is die wingerdstok” – 15:5 – vgl Jes 5 waar Israel die wingerd van die Here is, maar in hulle roeping gefaal het.
Jesus word egter ook as ’n man van vlees en bloed geteken – hy raak moeg (4:6) en dors (19:28), huil oor Lasarus (11:35), en bloei aan die kruis (19:34). Daarmee bevestig Johannes die menslikheid van Jesus teenoor die valse profete van sy tyd wat net op Jesus se goddelikheid klem gelê het.
Anders as die ander evangelies vertel Johannes net van 7 wonderwerke of wondertekens (hy gebruik die woord semeia eerder as dunamis wat die Sinoptici gebruik) , wat Jesus voor sy kruisdood gedoen het, waarvan een, die water wat te Kana in wyn verander is, net deur Johannes vertel word:
Die wonder van die water wat in wyn verander is by Kana – 2:1–11;
Die genesing van die seun van die regeringsamptenaar – 4:43–54;
Die genesing van die siek man by die bad van Betesda – 5:2–9;
Die vermeerdering van die brood – 6:1–14;
Jesus wat loop op die water – 6:16–21;
Die genesing van die man wat blind gebore is – 9:1–7;
Die opwekking van Lasarus – 11:1–44.
Die wonderwerke is vir Johannes tekens van God se werk wat in Jesus sigbaar raak. Hy doen die werke van sy Vader (9:3) waardeur Hy sy heerlikheid demonstreer (2:11) en mense tot geloof uitnooi (20:31), hoewel die ware betekenis daarvan eers na die opstanding helder begryp sou kon word (2:22). Die geloof (regeringsamptenaar – 4:53) en ongeloof (Fariseërs – 11:47) van mense blyk daarom ook uit hulle reaksie op die tekens, waartoe daar ook nog ’n kategorie van ’n wondergeloof bygevoeg kan word (skare by die Paasfees – 2:23-25; Galileërs – 3:2-3; Jesus se broers – 7:3-7), waarop Jesus nie peil getrek het nie.
Johannes verbind dié wondertekens aan ’n hele aantal toesprake van Jesus waarin die betekenis daarvan dieper uitgespel word:
Die betekenis van die water wat in wyn verander (2:1-11) word opgevolg deur die gesprek oor die nuwe lewe wat in Jesus moontlik raak (3:1-21).
Die gesprek met die Samaritaanse vrou oor die lewende water (4:7-26), die genesing van die siek man by die bad van Betesda (5:1-17) en Jesus wat op die see loop (6:16-21), mond uit in die gesprek oor die Heilige Gees wat strome van lewende water word in ons binneste (7:1-49).
Die genesing van die regeringsamptenaar se seun (4:43-54) hou verband met die gesprek oor Jesus, die Seun van God, wat lewe gee (5:18-47).
Die vermeerdering van die brood (6:1-15) hou verband met Jesus se gesprek oor Homself as die brood van die lewe (6:22-65).
Die genesing van die man wat blind gebore is (9:1-12) hou verband met Jesus wat die lig vir die wêreld is (8:12-59; 9:5).
Die opwekking van Lasarus uit die dood (11:1-44) hou verband met Jesus, die Goeie Herder, wat lewe gee in oorvloed (10:1-42).
Na sy kruisdood is daar nog ’n paar wonderwerke: die opstanding en die leë graf (20:1-10), Jesus se wonderverskynings (20:14, 19, 26; 21:1) en die wonderlike visvang (21:1-14). Met hierdie laaste wonderwerk word die groterwordende betekenis van Jesus vir hierdie wêreld antisipeer, wat die hernuwing van die opdrag aan Petrus om Hom te volg so noodsaaklik maak.
Johannes praat ’n hele paar keer oor die Heilige Gees:
Johannes die Doper by Jesus se doop – 1:32–34;
Jesus in gesprek met Nikodemus – 3:6–34;
Jesus in sy toespraak op die laaste groot dag van die Huttefees – 7:38,39;
Jesus in die “klein Pinkster” van sy afskeidsgesprek met die dissipels – 20:22.
Sy gebruik van die term parakletos is egter ’n unieke beskrywing van die werk van die Heilige Gees (14:16, 26; 15:26; 16:7). Dit teken die Gees in die persoonlike rol wat Hy sal speel in die lewe van gelowiges. Die Heilige Gees is die “ander Trooster” (14:16), die Tweede Een naas Jesus, wat in ’n baie spesifieke sin die teenwoordigheid van Jesus by sy dissipels sal wees – as getuie, as voorspraak, as trooster en as helper ( Du Rand). Dit kom ooreen met die beeld wat Paulus in sy briewe gee van die Heilige Gees gee as getuie (Rom 8:16; Gal 4:6), voorspraak (Rom 8:26), trooster (Fil 2:1) en helper (1 Kor 12; Rom 12).
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar