Skip to main content

Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop

RUS

  • My diepste behoefte is aan God se teenwoordigheid.
  • My gebed is dat die lees van Johannes my in God se teenwoordigheid sal bring.  Ek wil daarin leef.

HOOR

  • Ek lees die gedeelte stil, want alles is stil rondom my – huismense slaap rustig.
  • My nadenke:
Johannes begin nie by Jesus se geboorte nie.  Hy begin ook nie met ’n geslagsregister wat Jesus binne die geskiedenis van die mens en Israel sou plaas nie (anders as Matteus).  Hy begin selfs nie by Jesus se betrokkenheid by die skepping waarvan die Psalms (33:6) en die Pentateug (Gen 1:3) vertel nie (anders as Lukas).  Hy begin by God se tyd, die ewigheid, voordat alles gemaak is, voordat daar selfs iets soos ons tyd was.

Jesus is die Woord (logos[1]) van God, nie net goddelik nie, maar Godself (ook 1 Joh 1:1; Open 19:13)!  Uit Hom is alles gemaak, want Hy was die lewe van alles (Kol 1:16).  En dit skyn soos ’n lig in die duisternis wat ons lewens verlig (Joh 5:26 – vgl Spr 6:23 – “die tôrâ is ’n lig”).

Continue reading

Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels

RUS

  • Ek het vandag behoefte om versterk te word in my oortuiging dat Jesus God is en betrokke by my.
  • Ek raak stil voor God dat dié oortuiging my diepste wese tot rus kan bring.

HOOR

  • Ek lees die gedeelte met die son wat al blink op die blare van die bome in my tuin.
  • Die volgende aspekte van hierdie gedeelte tref my:

Johannes skets ’n opeenvolging van gebeure versprei oor 4 dae wat almal iets sê van wie Jesus werklik is:

  1. die getuienis van Johannes die Doper – 1:19-28 (vgl 1:6),
  2. die koms van die Heilige Gees wat op Jesus bly – 1:29-34,
  3. die eerste volgelinge van Jesus as die Lam van God deur Johannes die Doper se getuienis – 1:35-42, en
  4. Jesus wat self begin om volgelinge te werf – 1:43-51.

Continue reading

Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon

RUS

  • Ek het vandag krag nodig om ’n lang “to-do” lysie af te handel.
  • Ek bid vir wysheid met prioritisering en afhandeling.

HOOR

  • Ek lees die Skrifgedeelte terwyl my huismense begin roer.
  • Die volgende aspekte uit die gedeelte tref my:
Jesus is by ’n bruilof in die dorpie van Natanael, Kana.  Sy ma is daar sowel as sy dissipels (en waarskynlik ook sy broers [2:12]).  Miskien was dit ’n familie-troue wat moontlik verklaar hoekom Maria verantwoordelik gevoel het om die gebrek aan wyn aan Jesus uit te wys – hulle gevolg was immers ’n groot groep ekstra gaste!

Sy ma se interaksie met Hom en die kelners sê vir my dat sy ook iets verstaan het van Sy deernis met mense, selfs wanneer so iets doodgewoons gebeur as wyn wat by ’n partytjie opraak.  En dat sy ook geweet het dat Sy deernis tot optrede sal lei.  Hoe dit ook al sy, sy bring die behoeftes van die gasheer en –vrou na Hom toe, in die verwagting dat Hy iets sal kan doen.

Continue reading

Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my

RUS

  • My diepste behoefte vanoggend is vrede.
  • Ek bid daarvoor en bring my behoeftes voor God met danksegging en smeking, soos Filippense 4 my leer.

HOOR

  • Ek lees die Skrifgedeelte hardop in my kantoor.
  • Die volgende aspekte tref my:
Hierdie gedeelte kom ook in die ander evangelies voor (Mark 11:15–19; Matt 21:12–17; Luk 19:45–48).  Johannes plaas sy verhaal egter aan die begin van Jesus se bediening, terwyl die ander dit in die laaste week van Jesus se bediening, interessant genoeg ook reg voor ‘n Paasfees, plaas.

Baie is al geskryf om hierdie verskil te verklaar.  Daar is redelike konsensus dat daar net een só ‘n gebeurtenis was, dat dit wel in die laaste week van Jesus se bediening was, en dat Johannes ‘n teologiese punt probeer maak deur die verhaal hier te plaas – Jesus wil die ware aanbidding van God herstel, soos ‘n mens ook in die gesprek met Nikodemus en die Samaritaanse vrou hierna agterkom. Die reiniging van die tempel is dus in daardie konteks vir hom belangrik.

Continue reading

Die eiename JHWH en Jesus

Iemand het ‘n vraag gevra oor die eiename JHWH en Jesus, waarop ek as volg geantwoord het:

Vertaling is ‘n kuns, want ‘n mens werk met dooie tale wat nie vandag meer lewende gebruikers het, vir wie jy kan gaan vra as jy twyfel nie.

JHWH

So ver my kennis strek, werk dit as volg:

Continue reading

Onlangse kommentaar