Skip to main content

Job 11 – Sofar: As jy jou verstand reg gebruik, sal jy jou kop sonder skaamte kan oplig

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die arrogante en selfversekerde Sofar praat in die eerste rondte veral uit ‘n intellektuele deurskouing van die lewe: “As jy jou verstand reg wil gebruik … kan jy jou kop sonder skaamte oplig.” (Job 11:13,15).  Sofar het ‘n antwoord op alles, en hy spaar Job nie.  Job is volgens hom duidelik skuldig.  God het nog nie eers begin om hom vir al sy sondes te straf nie (11:1-6).  Job begryp nie werklik wie God is nie.  Hy tree soos ‘n idioot op as hy dink dat hy ‘n greep op die kennis van God het (11:7-12).  Job moet net sy hande in gebed na die Here toe uitsteek, sy sonde van hom af verwyder en nie toelaat dat onreg in hom woon nie.  Dan sal God sy lot verander en hy weer goeie vooruitsigte hê (11:13-20).

Continue reading

Oorsig oor die eerste gespreksrondte – Job 3-11

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

As ‘n mens nou terugkyk op die eerste rondte van gesprek raak dit duidelik dat die drie vriende nie net in wisselende grade van wreedheid dieselfde vergeldingsdogma aanhang nie, maar eintlik stemme van Satan word, die teenstander van God wat die Here self aangevat het met sy slotsom oor die oorsaak-en-gevolg opsomming van die lewe.

Onthou dat die Satan beweer het in Job 1-2 dat godvresendes nie lojaal teenoor God sal bly as Hy nie vir hulle gee wat Hy belowe nie.  Daar is dus, het die Satan beweer, ‘n reglynige verband tussen oorsaak en gevolg in die toewyding van godvresendes.

Wat dus hier in die gesprek van die drie vriende met Job op die spel is, is presies dieselfde tipe vraag as in die hemel, al is hulle nie regtig bewus daarvan nie, hierdie keer net as volg uitgedruk: Sal Job sy vroomheid behou al draai sy vriende teen hom?  Hulle beskou hulle bydrae in die gesprek waarskynlik slegs as deel van die vraag na die regverdigheid van die lewe, wat vir hulle ‘n baie eenvoudige antwoord het.  Vanuit die hemelse perspektief is die vraag na vroomheid egter steeds baie lewendig, die vraag of Job enduit aan die Here sal vasgryp ten spyte van sy verlies.

Continue reading

Job 12:1-13:19 – Bly liewer stil, ek wil met die Here praat

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Job reageer baie skerp sarkasties op sy drie vriende se raad aan hom: “Werklik, julle is die enigste mense wat iets weet!” Hy het ook verstand, net soos hulle, en staan nie vir hulle terug nie.  Trouens, wie weet nie dié dinge wat hulle nou onder sy neus kom vryf nie!

Hy hanteer die verskillende gedagtes wat hulle het min of meer met minagting en raai hulle in die eerste deel aan om liewer stil te bly – hy het immers ‘n baie beter en meer omvattende idee as hulle van God se wysheid en betrokkenheid by die lewe (13:13-25) – sodat hy met die Here kan praat, iets wat hy dan inderdaad doen in die tweede deel van hfst. 13:20 af.  Sy gesprek met hulle (12:1-13:19) gaan dus oor in gebed tot die Here (13:20-14:22).

Continue reading

Job 13:20-14:22 – As ‘n mens sterf, sal hy weer lewe?

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Wat Job in die gesprek met God wil hoor, is wat die misdade en sondes is wat hy begaan het.   Die Here moet hom net ‘n blaaskans gee van die straf wat hy verduur, en die skrik vir God wat dreig om hom te oorval, sodat hy en God die saak van sy skuld al dan nie kan uitmaak.

Hy is immers soos ‘n verwaaide blaar, ‘n droë stoppel, ‘n stuk klere wat deur motte gevreet is, nie die moeite werd om met soveel aandag uit te sonder vir hierdie bitter lyding nie.  Die Here se merk is op hom – daar staan letterlik in 13:27: “U plaas merke op die wortels van my voete (voetsole)” – sodat Job nêrens kan vlug waar die Here nie sy voetspore kan volg nie.

Dié manier van doen sou tot troos kon wees – onthou die speelgoed in die Toy Story reeks wat met trots Andy se naam op hulle voetsole vertroetel het, omdat dit hulle spesiale status om aan hom te behoort, verkondig het – maar is vir hom ‘n werklikheid wat hom verskrik.

Continue reading

Job 15 – Elifas: Jou swaarkry en lyding bewys dat jy goddeloos is

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Elifas gaan verder om vanuit sy eie ervaring (15:17), gerugsteun deur die woorde van die wyse mense (15:18), Job die leviete voor te lees.  In die eerste deel – 15:1-16 – fokus hy op die feit dat Job vanselfsprekend sondig moet wees.  In die tweede deel – 15:17-35 – fokus hy op die feit dat die goddelose deur angs geteister word (15:20) – en let op dat hy ‘n direkte verband tussen Job en die goddelose trek – en die dood nie sal vryspring nie (15:30). Dít moet Job tot inkeer bring, sodat hy sy sonde voor God kan bely en hy nie sy woede só op God moet rig nie (15:13).

Continue reading

Onlangse kommentaar