Job 24 – Waarom reken die Almagtige nie in hierdie lewe af met onregverdiges nie?

Ná Job sy eie lot bekla het en sy angs oor die Almagtige se oënskynlik onverstaanbare optrede verwoord het, fokus hy in twee dele op die verdere onrusbarende feit dat hierdie Almagtige nie in sy almag optree teen die wydverspreide onreg van mense in die wêreld nie (24:1-17). Hy is bewus daarvan dat die dood tog ook ‘n streep trek vir onregverdiges, waarin hy eintlik van die argumente van sy drie vriende eggo (24:18-25).
Die probleem daarmee is net dat dit vir Job lyk asof dieselfde lot regverdiges en onregverdiges tref. Hoe kan dit reg wees? Dít maak net nie sin vir Job nie. God se oënskynlike onverskilligheid teenoor vromes en goddeloses bring groot verwarring vir hom.
Onlangse kommentaar