Skip to main content

Job 6 – Julle beskou medelye met ‘n vriend as ‘n las

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Job begin die eerste rondte van sy antwoord aan Elifas in hoofstuk 6 met ‘n persoonlike worsteling met van die perspektiewe wat Elifas oopgemaak het (6:1-13).  Hy volg dit op met ‘n skerp kritiek op die gebrek aan simpatie wat hy by sy vriende opmerk, waarin hy hulle ook al hoe meer direk aanspreek en hulle optrede bevraagteken (6:14-30).

Hy sluit sy antwoord in hoofstuk 7 af met ‘n gesprek met God waarin hy worstel met sy verganklikheid (“Dink daaraan, o God, dat my lewe maar net ‘n asempie is.” – 7:1-10).  Hy sou dit waardeer as die Here hom nou net so ‘n bietjie laat asemskep en vergewe as hy dan gesondig het in die bittere beproewing wat hom getref het  (7:11-21).

Ek plaas albei bydraes oor Job se eerste antwoord aan Elifas ter wille van dié wat dit as ‘n eenheid wil lees.  Jy kan dit ook oor twee dae lees.  Die volgende bydrae oor Bildad se verweer hierop, word dus eers Vrydag geplaas.

Continue reading

Job 7 – In my bittere beproewing soek ek vergifnis

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Dink daaraan, o God, dat my lewe maar net ‘n asempie is – 7:1-10

Dat dié beproewing van Job al ‘n geruime tyd voortduur, sien ‘n mens in die verwysing in vers 3 na die “maande” wat hy al deurbring met swaarkry.  Hy voel soos ‘n dagloner wat smag na ‘n stukkie koelte en verlang na betaaltyd, sodat hy verlossing kan kry van sy harde lewe.

Daarom wend hy hom tot die Here, want hy weet dit is al plek waar hy enige rus sal kan vind.  Sy smart is immers so groot dat hy nie eers rus kry in die nag nie.  Hy weet dit sal net in ‘n ontmoeting met God kan gebeur.

Hoe goed kan ‘n mens nie jouself indink in sy situasie waarin hy oortrek is van wurms, vol rowe en stof, met sy vel vol barste wat aanhoudend etter (7:5).  “Die nag sleep stadig verby en ek rol rusteloos rond tot dagbreek toe.” (7:4).

Daarom vra hy dat die Here aan hom sal dink.  Job is immers baie bewus van sy verganklikheid.  Sy dae loop vinnig uit.  Sy lewe is maar net ‘n asempie: “U sal nog so na my kyk, dan is ek nie meer daar nie.” My plek sal vir altyd leeg wees.

Continue reading

Job 8 – Bildad: Teenspoed beteken God se afkeur en voorspoed sy goedkeuring

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Dit skok ‘n mens om die gebrek aan simpatie in die brutale Bildad se woorde te lees.  Hy wyt die kinders se dood aan God se straf vir hulle eie oortredings en Job se siekte aan die feit dat hy nie vlekkeloos is en reg het voor God nie (8:4-5).

Bildad sluit dus by Elifas se argumente aan, maar radikaliseer dit.  Hy handhaaf onomwonde die perspektief dat God regverdig is en dat alle rampe dus ‘n teken is van sy straf vir die onreg van mense (8:1-7).  Bildad baseer dit op die wysheid van die tradisie – die oorgelewerde insig wat van die voorgeslagte af kom – sowel as op die wette van die natuur, die sogenaamde algemene openbaring (8:8-10) en wys met uitdagende metafore aan hoe dit uitspeel in die lewe van die goddelose en die vrome (8:11-22).

Continue reading

Job 9 – Waarom pynig die Here my sonder dat ek dit verdien?

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Job antwoord die brutale Bildad in hoofstuk 9 met ‘n bevestiging: “Ek weet dit is soos jy sê: Wie kan sy saak teen God wen?” (9:2).  Maar brei dan in sy antwoord uit op sy beswaar dat dit God is: “wat my met ‘n stormwind pynig (sy kinders is immers dood in ‘n stormwind!), wat my (met) baie wonde slaan sonder dat ek dit verdien.” (9:17).  Sy lyding is onverdiend wat hom laat besef dat God se grootheid wel voordele het, maar ook nadele, die eerste deel van sy antwoord (9:1-19).

Daarom is Job beswaard: “Ek is onskuldig!” (9:21).  As daar maar net iemand was wat tussen hulle kon kom staan (9:33), want hy is bang dit gaan nog erger met hom (9:28), die tweede deel van sy antwoord (9:20-35).

Continue reading

Job 10 – Maak aan my bekend waarom U hierdie stryd teen my voer

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Job se antwoord aan Bildad gaan spontaan oor in ‘n gebed tot die Here in hoofstuk 10 dat dié hom: “tog nie skuldig sou verklaar nie”, maar aan hom bekend sal maak: “waarom voer U hierdie stryd teen my.” (10:2).  Die Here het hom immers die lewe gegee en met liefde versorg en oor hom gewaak.  Waarom het die Here dít dan gedoen, as hy nou sonder rede versaak word?  Moes hy nie liewer nooit die lewe gesien het nie?  Dit sou tog beter gewees het as om hierdie lyding te moet deurstaan?

Job walg daarom aan sy lewe, nie net omdat hy ly nie, maar veral omdat hy in die duister is oor die redes vir sy lyding.  Hy smag daarna dat die Here die redes vir sy lyding sal bekendmaak.

Hy werk dus eintlik net soos die drie vriende met die basiese veronderstelling dat die lewe regverdig moet wees – die vromes moet God se goedheid ervaar, en die goddeloses sy toorn.  Maar, dié teologie is besig om vir hom te verkrummel.

Continue reading

Onlangse kommentaar