Skip to main content

Job deurbreek ‘n eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Ek wil iets meer sê oor die probleem van ‘n oorsaak-en-gevolg teologie wat aanhak by bogenoemde twee vrae.

Die vriende van Job werk met ‘n eenvoudige oorsaak-gevolg teologie.  Wat jy doen, het gevolge.  As jy goeie dinge doen, sal daar goeie dinge met jou gebeur.  As jy slegte dinge doen, sal daar slegte dinge met jou gebeur:

Continue reading

Job is ‘n voorbeeld van volharding en gebed

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Daar is egter nog ‘n laaste aspek van Job se voorbeeld wat belangrik is.  Job word twee keer  in die Bybel aangehaal as ‘n voorbeeld van aan die een kant van gebed en aan die ander kant volharding en geduld.

Continue reading

Ander verwante verhale

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die verhaal van Job het ‘n hele paar raakpunte met ander verwante verhale.  Hier is vier verwante verhale in die Ou Nabye Ooste waarin sy verhaal ook afspeel.

Continue reading

Indeling van die boek Job

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die boek Job kan in drie dele verdeel word volgens die taalsoort.

  • Die eerste deel is in prosa geskryf en verduidelik hoe dit gekom het dat só ‘n groot lyding vir Job getref het (hfst. 1-2). Dit handel veral oor JOB SE VERLIES en die vraag na die gehalte van sy vroomheid.
  • Die tweede deel is in poësie geskryf en bevat drie gespreksrondtes tussen Job en sy drie vriende, Elifas, Bildad en Sofar (hfst. 3-27), ‘n bydrae oor die wysheid (hfst. 28), die gesprekke tussen Job en Elihu, waar Elihu eintlik op Job en sy drie vriende in sy vier toesprake reageer (hfst. 29-31; 32-37), en die twee gespreksrondtes tussen God en Job (hfst. 38-39; 40-42:6). Dit handel veral oor JOB SE VERDEDIGING van sy lewe en die vraag na regverdigheid.
  • Die derde deel is weer in prosa geskryf en verduidelik hoe die Here Job se lot verander het (42:7–17). Dit handel oor JOB SE VERLOSSING waarin die vraag na  regverdigheid en die vraag na vroomheid in perspektief gestel word.

Continue reading

Lees, luister, leef

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Soos altyd beklemtoon ek dat hierdie bydraes van my net ‘n leeshulp is.  Jy moet self met die Bybel werk sodat jy die boodskap wat die Here vir jou het daarin kan hoor.  Die Bybel moet immers ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.

Ek stel voor dat jy die volgende metodiek gebruik wat gebaseer is op Lectio Divina en die luistersiklus van die Seisoen van Luister:

Continue reading

Onlangse kommentaar