Skip to main content

Jeremia 43 – Jeremia word teen sy sin saamgeneem na Egipte

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie hoofstuk vertel aan die een kant van die teleurstellende reaksie van die Joganan en die ander leiers op die antwoord wat die Here aan hulle gee deur die profeet Jeremia. Hulle kop het in elk geval in die rigting van Egipte gestaan, en dit is presies wat hulle nou doen.  Só verspil hulle die kans om God se bewaring in aksie te sien.

Aan die ander kant vertel die hoofstuk van die woord van die Here wat ook daar in Egipte na Jeremia toe kom, hierdie keer weer in die gedaante van ’n simboliese handeling wat hy moet uitvoer.  Die Here word dus nie gedwarsboom deur die ongehoorsaamheid van die Joodse leiers nie.  Hy laat van Hom hoor selfs in die vreemde.

Continue reading

Jeremia 42 – Die Here waarsku teen ’n vlug na Egipte

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnSoos hierdie hoofstuk ontvou, kom ’n mens agter hoe genadig die Here is, maar ook hoe wispelturig en hardkoppig sy mense is.

  • Aan die eenkant antwoord die Here die gebed van Jeremia op versoek van die leiers en die volk en spel presies uit wat hulle moet doen.
  • Aan die ander kant kom ’n mens alreeds uit die antwoord van die Here agter dat die moontlikheid skraal gaan wees dat die leiers en die volk dié woord gaan gehoorsaam, soos Jeremia 43 duidelik sal wys.

Continue reading

Jeremia 40:7-41:18 – Juda word verder lamgelê in ’n leierskapstryd

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie hoofstuk gee vir ons perspektief op die dilemma waarin die agtergeblewe Joodse gemeenskap verkeer het ná die koning en ander leiers weggevoer is.  Hulle was onmiddellik veral in die krisis van ’n leierskapstryd gedompel.

Aan die eenkant het Nebukadnesar vir Gedalja – een van die vier amptenare wat in Sedekia se tyd leiding geneem het – in bevel van die land geplaas.  Gedalja was ’n voorstander van onderhorigheid aan Nebukadnesar en Babel.  Hy kon egter nie die uitdagings om dié volk te lei, hanteer nie, selfs nie toe hy gewaarsku word teen die ander leiers wat hom wou doodmaak nie.

Aan die ander kant het daar militêre leiers oorgebly wat hulleself aanvanklik onder Gedalja se goewerneurskap kom stel het, maar gou probleme met hom ondervind het.  Onder hulle was daar Ismael en Joganan wat  elkeen sy eie rol sou speel in die magstryd wat hier ontvou.  Daarom word die twee ook eerste genoem in die lysie van bevelhebbers in vers 8.

Let op hoe elkeen van dié leiers ’n ander beleid van onderhorigheid aan die wêreldmagte van hulle tyd volg – aan die Galdeërs (Gedalja), die Ammoniete (Ismael), en Egipte (Joganan) – wat geweldige onderlinge stryd en konflik tot gevolg gehad het.  Nie een van die leiers het regtig die Here in die proses geken nie.  Selfs Joganan wat uiteindelik wel vir Jeremia vra om die Here te raadpleeg, slaan dié raad in die wind en gee pad na Tagpanges in Egipte, waar daar ’n Joodse kolonie was (hfst. 42).  Hoe tragies.

Continue reading

Jeremia 39:1-40:6 – Jerusalem val voor Nebukadnesar en Jeremia word vrygelaat

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie boodskap wat Jeremia nou al vir amper 40 jaar geprofeteer het – dat die Here sy oordeel oor Juda en Jerusalem sal voltrek – word uiteindelik bewaarheid.  Die profeet se woorde word ’n wrede werklikheid.  Almal, selfs die Galdeërs, moes en het erken, Jeremia is en was ’n ware profeet.

Die verhaal van hierdie hoofstuk word ook in 2 Konings 24-25 en 2 Kronieke 36 met ’n bietjie meer detail vertel, hoewel interessant genoeg die profeet Jeremia as sodanig nie self daarin genoem word nie.  Die fokus is daar vierkantig op die konings se lot in lyn met die fokus van die skrywers van Konings en Kronieke.

Die weergawe van Konings word egter ook amper woordeliks net so weergegee in Jeremia hoofstuk 52.  Die presiese rede daarvoor is onbekend, hoewel dit nie vreemd in die OT is nie.  ’n Mens vind immers dieselfde tipe oorname van verhale in bv. Konings en Jesaja – vgl. 2 Kon. 18-20 en Jesaja 36-39.  Moontlik het die hoopvolle karakter van Jer. 52:31-34 – oor die begenadiging van Jojagin in die ballingskap – die redakteur geïnspireer om die boek van Jeremia op ’n hoopvolle noot te laat afsluit.

Continue reading

Jeremia 38 – Jeremia ly in die put totdat Sedekia hom raadpleeg

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie lyding van Jeremia neem in hoofstuk 38 toe met ’n weifelende Sedekia wat eers toelaat dat Jeremia in ’n put gegooi word, voordat iemand hom darem oor Jeremia ontferm (38:1-13).  Daarna vra Sedekia weer raad by Jeremia, raad wat hy soos sy gewoonte nou al is – tot sy skade en dié van sy volk – nie volg nie (38:14-28).

Continue reading

Onlangse kommentaar