Hierdie hoofstuk vertel aan die een kant van die teleurstellende reaksie van die Joganan en die ander leiers op die antwoord wat die Here aan hulle gee deur die profeet Jeremia. Hulle kop het in elk geval in die rigting van Egipte gestaan, en dit is presies wat hulle nou doen. Só verspil hulle die kans om God se bewaring in aksie te sien.
Aan die ander kant vertel die hoofstuk van die woord van die Here wat ook daar in Egipte na Jeremia toe kom, hierdie keer weer in die gedaante van ’n simboliese handeling wat hy moet uitvoer. Die Here word dus nie gedwarsboom deur die ongehoorsaamheid van die Joodse leiers nie. Hy laat van Hom hoor selfs in die vreemde.
Soos hierdie hoofstuk ontvou, kom ’n mens agter hoe genadig die Here is, maar ook hoe wispelturig en hardkoppig sy mense is.
Aan die eenkant antwoord die Here die gebed van Jeremia op versoek van die leiers en die volk en spel presies uit wat hulle moet doen.
Aan die ander kant kom ’n mens alreeds uit die antwoord van die Here agter dat die moontlikheid skraal gaan wees dat die leiers en die volk dié woord gaan gehoorsaam, soos Jeremia 43 duidelik sal wys.
Hierdie hoofstuk gee vir ons perspektief op die dilemma waarin die agtergeblewe Joodse gemeenskap verkeer het ná die koning en ander leiers weggevoer is. Hulle was onmiddellik veral in die krisis van ’n leierskapstryd gedompel.
Aan die eenkant het Nebukadnesar vir Gedalja – een van die vier amptenare wat in Sedekia se tyd leiding geneem het – in bevel van die land geplaas. Gedalja was ’n voorstander van onderhorigheid aan Nebukadnesar en Babel. Hy kon egter nie die uitdagings om dié volk te lei, hanteer nie, selfs nie toe hy gewaarsku word teen die ander leiers wat hom wou doodmaak nie.
Aan die ander kant het daar militêre leiers oorgebly wat hulleself aanvanklik onder Gedalja se goewerneurskap kom stel het, maar gou probleme met hom ondervind het. Onder hulle was daar Ismael en Joganan wat elkeen sy eie rol sou speel in die magstryd wat hier ontvou. Daarom word die twee ook eerste genoem in die lysie van bevelhebbers in vers 8.
Let op hoe elkeen van dié leiers ’n ander beleid van onderhorigheid aan die wêreldmagte van hulle tyd volg – aan die Galdeërs (Gedalja), die Ammoniete (Ismael), en Egipte (Joganan) – wat geweldige onderlinge stryd en konflik tot gevolg gehad het. Nie een van die leiers het regtig die Here in die proses geken nie. Selfs Joganan wat uiteindelik wel vir Jeremia vra om die Here te raadpleeg, slaan dié raad in die wind en gee pad na Tagpanges in Egipte, waar daar ’n Joodse kolonie was (hfst. 42). Hoe tragies.
Die boodskap wat Jeremia nou al vir amper 40 jaar geprofeteer het – dat die Here sy oordeel oor Juda en Jerusalem sal voltrek – word uiteindelik bewaarheid. Die profeet se woorde word ’n wrede werklikheid. Almal, selfs die Galdeërs, moes en het erken, Jeremia is en was ’n ware profeet.
Die verhaal van hierdie hoofstuk word ook in 2 Konings 24-25 en 2 Kronieke 36 met ’n bietjie meer detail vertel, hoewel interessant genoeg die profeet Jeremia as sodanig nie self daarin genoem word nie. Die fokus is daar vierkantig op die konings se lot in lyn met die fokus van die skrywers van Konings en Kronieke.
Die weergawe van Konings word egter ook amper woordeliks net so weergegee in Jeremia hoofstuk 52. Die presiese rede daarvoor is onbekend, hoewel dit nie vreemd in die OT is nie. ’n Mens vind immers dieselfde tipe oorname van verhale in bv. Konings en Jesaja – vgl. 2 Kon. 18-20 en Jesaja 36-39. Moontlik het die hoopvolle karakter van Jer. 52:31-34 – oor die begenadiging van Jojagin in die ballingskap – die redakteur geïnspireer om die boek van Jeremia op ’n hoopvolle noot te laat afsluit.
Die lyding van Jeremia neem in hoofstuk 38 toe met ’n weifelende Sedekia wat eers toelaat dat Jeremia in ’n put gegooi word, voordat iemand hom darem oor Jeremia ontferm (38:1-13). Daarna vra Sedekia weer raad by Jeremia, raad wat hy soos sy gewoonte nou al is – tot sy skade en dié van sy volk – nie volg nie (38:14-28).
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar