Skip to main content

Deuteronomium 18 – Die priesters kry alles wat die Here toekom en die profete raak God se woordvoerders

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Na die aandag aan die publieke sisteme van die regstelsel en die politiek, fokus Moses op die godsdienstige sisteme, die priesters en Leviete (Deut. 18:1-8) en die profeet wat die Here vir hulle sal gee (Deut. 18:9-22).  In die geval van die stam van Levi geld die beginsel dat hulle alles kry wat die Here toekom uit die oorvloed wat Hy vir die volk gee.  In die geval van die profeet – let op die enkelvoud – geld die beginsel dat hy, soos Moses, alles moet deurgee wat die Here vir hom in die mond lê.  Hulle word die woordvoerders van die Here.

Die volk moet daarom die profeet nougeset gehoorsaam en doelbewus en konsekwent alle ander stemme ignoreer.  Sommige dink dat Moses hier verwys na die profeteamp.  Die NT beskou dit ten diepste as ‘n verwysing na die Here Jesus Christus (Mark. 6:15; Matt. 21:11, 46; Luk. 1:76; 7:16; 24:19; Joh. 1:45; 4:19; 5:46; 6:14; 7:40; 9:17; Hand. 3:22-23; 7:37).

Continue reading

Deuteronomium 19 – Eerbied vir die lewe, grenslyne en waaragtige getuienis word beveel

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Na Moses se aandag aan die publieke – (regters, konings) en godsdienstige sisteme (priesters en profete) lê hy die tweede tafel van die wet verder uit.  Die aandag aan die gesagstrukture van die publieke en godsdienstige dele van die samelewing in hoofstuk 17-18 was intiem verweef aan die vyfde gebod aan kinders om hulle ouers te eer, om hulle vaders en moeders “gewig” in die lewe te gee.  Sonder ‘n gesonde onderwerping aan gesagstrukture by die huis, sou die onderwerping aan die gesagsfigure in die samelewing altyd op losse skroewe staan.  Albei was gebaseer op dieselfde beginsel in die wet, die vyfde gebod.

Die wyse waarop oortredings van die sesde gebod hanteer word, jy mag nie moord pleeg nie, kom nou volgende in hoofstuk 19 aan die beurt waar Moses begin om oor die voorsiening van asielstede vir moord sonder opset te praat (Deut. 19:1-13).  Hy sal in die volgende hoofstukke ook nog aan ander aspekte daarvan aandag gee, veral in terme van wat in oorlog en verwante sake moet gebeur.

Daaraan koppel Moses ook oortredings van die tiende, agste, en negende gebod, jy mag nie begeer of steel nie (grenslyne verskuif), of vals getuienis lewer nie (Deut. 19:14-21).  Hy sal verder aan ook uitvoerig oor die sewende gebod (bv. Deut. 24) praat.  Dit is regdeur duidelik dat die Tien Gebooie die basis is van alles wat hy aan die volk deurgee.

Continue reading

Deuteronomium 20 – Die Here soek vreeslose voetsoldate wat die oorlog met ‘n vredesaanbod begin

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses het reeds vroeër in hierdie tweede preek van hom die Here se oorlogsbeleid aangeraak (Deut. 7; vgl. Eks. 15).  Hy sal ook nog vier keer perspektiewe byvoeg (oor huwelike met krygsgevange vroue – Deut. 21:10-14; oor reinheid in die kamp – Deut. 23:9-14; oor pasgetroude mans wat ‘n jaar van oorlog vrygestel is – Deut. 24:5; oor die uitwissing van die Amalekiete – Deut. 25:17:19).

Hier preek hy verder oor die Here se oorlogsbeleid in terme van hulle vreeslose ingesteldheid (Deut. 20:1-4), vrystelling van gepreokkupeerdes van hul oorlogsverpligtings (Deut. 20:5-9), die vredesaanbod wat die vernietiging van die stede en hulle mense voorafgaan (Deut. 20:10-18) en selfs die beskerming van die ekologie van vrugtebome in die proses (Deut. 20:19-20).  Die oorlog is teen die mense, nie teen die bome nie!

Continue reading

Deuteronomium 21 – Respek vir die lewe rig selfs die wyse waarop die doodstraf toegepas word

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses brei verder uit oor die implikasies van die sesde (moord) en sewende (egbreuk) gebod wat ook die vyfde gebod (ouers) betrek.  In die geval van moord deur ‘n onbekende persoon is daar ‘n spesifieke versoeningsvoorskrif om die land en sy mense van bloedskuld te vrywaar (Deut. 21:1-9).  In die geval van ‘n troue met ‘n krygsgevange vrou word sy volledig as Israeliet gereken.  Met egskeiding is sy dus as vry persoon vrygelaat (Deut. 21:10-14).  In die geval van ‘n tweede huwelik word die regte van die eersgebore seun beskerm ongeag die voorkeur wat die pa het (Deut. 21:15-17). In die geval van ‘n koppige en rebelse kind, ‘n vraat en ‘n suiplap, wat nie op enige dissipline reageer nie, was die doodstraf deur die gemeenskap voorgeskryf (Deut. 21:18-21).  In die geval van ‘n teregstelling deur iemand aan ‘n paal op te hang, moes die liggaam dieselfde dag begrawe word (Deut. 21:22-23).

Continue reading

Deuteronomium 22 – Respek vir die grense van God vir die lewe en die huwelik

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses trek nou die beginsel van respek vir die lewe en die grense wat God gestel het deur na ‘n hele aantal ander sake.

Hy begin met agt losstaande sake: hulp aan jou naaste se verdwaalde diere of diere van hom wat geval het, die dra van klere wat pas by jou geslag, die beskerming van wyfievoëls, veiligheidsbewustheid by jou huis, geen vermenging van verskillende sade of materiale of die inspan van oneweredige trekdiere nie, sowel as die gebod om klossies aan die klere te dra, wat ons uit Numeri 15:37-41 weet ‘n herinnering was aan die gebooie van die Here (Deut. 22:1-12).

Hy pas die beginsel van respek toe op ses gevalle waardeur die huwelik in die gedrang kan kom: twee gevalle van voorhuwelikse seks, twee gevalle van owerspel of verkragting, en twee gevalle van bloedskande (Deut. 22:13-30).

In die volgende drie hoofstukke sal Moses nog verskeie voorbeelde noem waarin respek vir die lewe en die grense wat God gestel het prakties uitgespel sal word vir toepassing in: die gemeente of volksvergadering, persoonlike higiëne, beskerming van slawe, die verbod op kultiese of gewone prostitusie, beperking op rente, betaling van geloftes, beskerming van ander se eiendom, egskeiding, en ander voorskrifte wat die menswaardigheid van mense beskerm het. ‘n Uitsondering is die uitwissing van die Amalekiete weens hulle oorlogsugtigheid in die woestyn!

Continue reading

Onlangse kommentaar