Moses som self die seëninge en strawwe van die verbond op om die volk tot gehoorsaamheid aan te moedig as ‘n afsluiting van sy tweede preek. Hy begin met die dinge waarmee God die volk sal seën as hulle Hom en sy gebooie gehoorsaam. Dit is oorvloedig en omvattend en sluit elke faset van hulle lewe in, ook om in heiligheid voor die Here te leef (Deut. 28:1-14).
Hy vervolg met die dinge wat God nie net sal wegneem van hulle nie – die terugtrek en omkering van sy seën – maar ook dié vervloekinge wat Hy aktief oor hulle sal bring. Dit is net so omvattend en sluit die ervaring in om God as teëstander te hê deur verwarring, siekte en droogte, die vernedering onder die nasies deur nederlaag en ballingskap, en totale vernietiging as gevolg van die verbreking van die verbond. Die vervloekinge word opeenvolgend in ses fases beskryf soos in ‘n woeste maalkolk wat hulle sal insluk en vernietig (Deut. 28:15-68).
Die derde preek van Moses word voorafgegaan deur ‘n terugverwysing na sy preek van die vorige 25 hoofstukke. Daarmee onderstreep die redakteur van die boek die beslissende belang van Moses se woorde. Net soos die Tien Gebooie van God by die berg Horeb (Sinai) die basis van sy verbond met Israel gevorm het, só vorm Moses se uitleg van die Tien Gebooie, wat hy hier by Moab so voortreflik gedoen het, die basis van die verbond wat die Here hier deur Moses met Israel sluit.
Trouens, ‘n mens kan die verbond by Moab eintlik ‘n verbond van Moses noem, een wat hy met Israel sluit op grond van die Here se bevel. Vers 1 lui só in ’n meer direkte vertaling: “Dit is die woorde van die verbond wat die Here Moses beveel het om met die Israeliete te sluit in die land van Moab, afgesien van die verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.” (Deut. 29:1).
Moses begin met sy derde preek om hulle geskiedenis tot by die Jordaan in perspektief te stel (Deut. 29:2-8) as begronding van sy oproep aan hulle om te sorg dat hulle alles uitvoer wat die verbond vir hulle as volk van God bepaal (Deut. 29:9-21). Anders sal die toorn van die Here teen hulle ontvlam (Deut. 29:22-29).
Hy voltooi die preek in hoofstuk 30 deur die gevolge van hulle gehoorsaamheid al dan nie uit te spel in terme van die vloek en die seën van die Here (Deut. 30:1-10) en volg dit op met ‘n bemoedigende woord dat gehoorsaamheid moontlik is. Dit is nie moeilik nie. Dit is nie buite bereik nie (Deut. 30:11-14). Al wat hulle moet doen, is om te kies vir die lewe saam met God, om Hom nougeset te gehoorsaam. Die hemele en die aarde is getuies daarvan, sê Moses, dat hy niks teruggehou het van dít wat God wou hê dat hy vir hulle moes deurgee nie (Deut. 30:15-20; vgl. Jesus wat ‘n soortgelyke uitspraak maak in Joh. 15:15).
Die res van die boek is ‘n epiloog wat sal aandag gee aan die aanwys van Josua as die nuwe leier van die volk (Deut. 31; 34) sowel as aan twee liedere wat Moses: “tot die laaste woord toe” aan die volk voorgehou het. Die een is ‘n loflied op die karakter van God in sy ewewigtige hantering van Israel ten spyte van hulle wispelturigheid (Deut. 32). Die ander ‘n seënbede (Deut. 33).
Moses voltooi sy derde preek in hoofstuk 30 deur die gevolge van hulle gehoorsaamheid al dan nie uit te spel in terme van die vloek en die seën (Deut. 30:1-10), en volg dit op met ‘n bemoedigende woord dat gehoorsaamheid moontlik is. Dit is nie moeilik nie. Dit is nie buite bereik nie, ‘n gedagte wat Paulus sal gebruik in sy begronding van geloof in die NT (Deut. 30:11-14; vgl. Rom. 10:5-13).
Al wat hulle nou moet doen, is om te kies vir die lewe saam met God en Hom nougeset te gehoorsaam. Die hemele en die aarde is getuies daarvan dat Moses niks teruggehou het van dít wat God wou hê dat Hy vir hulle moes deurgee nie, soos Jesus dit eeue later ook sou doen (Deut. 30:15-20; vgl. Joh. 15:15).
Die res van die boek word gewy aan drie finale boodskappe van Moses. Die eerste fokus op die aanwys van Josua as die nuwe leier van die volk (Deut. 31:1-8; vgl. Deut. 34 vir die uitvoering daarvan) en die oorhandiging van die wetboek aan die volk as voortdurende lering van die volk by hulle feeste (Deut. 31:9-13).
Dan tree die Here self toe tot die proses en formaliseer direk die oorhandiging van die leierskap aan Josua by die Tabernakel met ‘n woord van bemoediging en versterking vir sy taak, tesame met die opdrag aan Moses om die loflied wat God vir hom gee, op te teken en vir die volk aan te leer (Deut. 31:14-23). Moses sluit sy boodskap af met ‘n waarskuwende woord oor hulle waarskynlike ongehoorsaamheid, maar is helder daaroor dat hy die wet wat die Here vir hom gegee het: “tot die laaste woord toe” aan die volk voorgehou het (Deut. 31:24-29).
Die tweede en derde boodskappe van Moses fokus op die twee liedere van Moses, ‘n loflied en ‘n seënbede, wat ook opgeteken word afgewissel met ‘n paar laaste reëlings (Deut. 31:30-33:29).
Deuteronomium 32 is ‘n loflied op die karakter van God in sy ewewigtige hantering van Israel ten spyte van hulle wispelturigheid. Dit is egter ook ‘n getuienis téén die volk wat hulle waarsku om rekening te hou met die God wat in die geskiedenis en die natuur sy almag kan betoon (Deut. 32:1-44).
Die betekenis van die loflied word onderstreep deur Moses se woorde daarna dat dit nie ’n geringe saak is vir hulle nie: “dit is die lewe vir julle.” (Deut. 32:45-47). Daarna beveel die Here vir Moses om op die Neboberg te klim waar hy sou sterf (Deut. 32:48-52).
Ek gee die vertaling van die loflied min of meer weer soos dit in die nuutste BDV verskyn, met enkele wysigings en ‘n eie indeling van die onderskeie verse in gedagte eenhede. Uit my indeling sal my weergawe van die boodskap van die loflied ook blyk:
Hemel en aarde is getuies van God se onderrig – Deut. 32:1-3
God is betroubaar – die volk is dwaas en onverstandig – Deut. 32:4-7
God is goed vir alle nasies, maar in die besonder vir sy volk – Deut. 32:8-14
Israel het eiesinnig geword en God versaak – Deut. 32:15-18
Die Here het dit gesien en hulle verstoot – Deut. 32:19-25
Die Here wou hulle uitwis, maar het Hom bedink weens sy vyande – Deut. 32:26-35
Die Here sal sy volk tot insig bring – Deut. 32:36-43
Lees daarom die onderstaande loflied aandagtig deur en probeer om drie goed vir jouself te merk in die gedeelte om oor na te dink:
Wat sê die loflied oor God se karakter?
Wat sê die loflied oor die volk se karakter?
Wat sê die loflied oor God se optrede teenoor sy volk?
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar