Skip to main content

Deuteronomium 8 – Die Here leer die volk afhanklikheid en dankbaarheid

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Dit is nie net die Skrif waarvan elke deel in pas by die ander dele daarvan nie.  Dit is ook waar van die lewe coram Deo (voor God) soos Moses hier verkondig. Alles wat met die volk gebeur, die goeie en die slegte, pas in God se plan met hulle in.  Die Here leer die volk afhanklikheid deur die swaar tye en dankbaarheid deur die goeie tye.

Elke gebod wat God gee (Deut. 8:1), elke stuk voorsiening in tye van swaarkry en dissipline (Deut. 8:2-5), en elke stuk oorvloed in tye van voorspoed en sorg (Deut. 8:6-10) pas by mekaar om die volk bewus te maak van God se bestaan en sy beloning van dié wat Hom soek en gehoorsaam (Hebr. 11:6).

Dit is die rede waarom hulle nougeset die Here moet gehoorsaam sodat hulle Hom nie vergeet (Deut. 8:11-16) en dink dat dit hulle eie krag is wat hulle gebring het waar hulle is nie (Deut. 8:17-18).  Hoekom?  Want denke en dade het gevolge.  As hulle die Here vergeet en ander gode aanhang, sal hulle verseker tot niet gaan (Deut. 8:19-20).

Continue reading

Deuteronomium 9 – Moenie hardnekkig of verwaand raak nie

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses sit sy preek voort deur die volk te waarsku teen hardnekkigheid – deur nie te buig voor die Here en sy wil vir hulle lewe nie – óf verwaandheid – deur hoogmoedig te word en te dink dat hulle beter is as die volke wie se grondgebied hulle van die Here in ontvangs gaan neem – Deut. 9:1-6.

Moses illustreer dit met vyf voorbeelde uit hulle geskiedenis, veral met die verhaal van die goue kalf uit Eksodus 32.  Hy verwys ook na die opstand oor water by Massa net voor die gebeure by Sinai (Eks. 17), die verwyte by Tabera (Num. 11:1-3) en die onweerstaanbare lus vir vleis by Kibrot-Taäwa (Num. 11:4-35) en die weiering van die eerste geslag om die Here te vertrou om die land in te trek by Kades-Barnea (Num. 13 en Num. 14) – Deut. 9:7-29.

Continue reading

Deuteronomium 10 – Gehoorsaam die Here, want Hy is jou God

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die eerste deel van Moses se tweede preek word met hoofstuk 10 tot 11 afgesluit.  Hy het begin by die Tien Gebooie wat hulle moes leer en gehoorsaam om daarvolgens te lewe (Deut. 4:44-5:33).  Terwyl die liefde vir die Here hulle hele lewe moes bepaal (Deut. 6), sou dit die liefde van die Here wees wat hulle in staat sou stel om gehoorsaam te wees (Deut. 7).  Daarom het God hulle in die woestyn afhanklikheid geleer en sou hulle in die oorvloed van die beloofde land dankbaarheid leer (Deut. 8).  Hulle moes net nie die Here vergeet en hardnekkig of verwaand raak nie, want dan sou sy toorn oor hulle ontvlam.

Nou sluit Moses die eerste deel af – die uitleg en toepassing van die Tien Gebooie – met ‘n terugverwysing na die bewaring van die twee plat klippe in die ark van doringhout, en die opdrag dat net die Leviete die ark mag dra (Deut. 10:1-9) saam met ‘n oproep om die Here alleen te dien en lief te hê met hart en siel deur elkeen van die dinge wat Hy hulle beveel het, nougeset te doen (Deut. 10:10-11:32).

Let op dat Moses hierdie opdrag motiveer in wie God self is (Deut. 10:17-18).  Daarom moet die volk die dinge doen wat die Here hulle beveel.  Die Tien Gebooie is gegrond op wie God ten diepste is.  Dieselfde geld alles wat God hulle in die uitleg daarvan beveel het.

Continue reading

Deuteronomium 11 – Gehoorsaamheid bring seën; ongehoorsaamheid bring straf

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses sluit die eerste deel van sy tweede preek af met ‘n opsomming van drie vereistes in hulle verhouding met Hom wat hy telkens baseer op voorbeelde uit hulle geskiedenis met God sowel as op beloftes vir die toekoms.

  1. Hulle moet die Here God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam (Deut. 11:1-7).
  2. Hulle moet alles gehoorsaam wat God beveel, sodat hulle sterk kan optree (Deut. 11:8-12).
  3. As hulle die Here God liefhet en gehoorsaam, sal hulle vrugbaarheid in die land beleef (Deut. 11:13-17).

Die wil van die Here vir die lewe moet hulle hele lewe volmaak (Deut. 11:18-25).  Gehoorsaamheid sal die seën van die Here oor hulle bring. Ongehoorsaamheid sal die straf van die Here oor hulle bring (Deut. 11:26-32).

Continue reading

Deuteronomium 12 – Aanbid alleen die Here op die plek wat Hy uitkies en volgens sy voorskrifte

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die woorde waarmee Deuteronomium 12 begin, lui die hele tweede deel van Moses se tweede preek in tot met die afsluiting daarvan in Deuteronomium 26.  “Hierdie voorskrifte en bepalings moet julle gehoorsaam in die land wat Jahwe aan julle gegee het …”  Die inhoud daarvan kan in drie hoofdele verdeel word:

  1. Voorskrifte vir die kultus en die gemeenskap: die plek van aanbidding, die persoonlike afkeur van ander gode en dié wat jou daartoe kan verlei, die onderskeid tussen rein en onrein, tiendes elke jaar wat elke derde jaar vir die Leviete bedoel was (vgl. Deut. 26:12-19), die hantering van skuld, slawe, eerstelinge en die viering van drie van die feeste – Deut. 12-16:17;
  2. Voorskrifte vir leiers en die gemeenskap: regspraak, die publieke hantering van mense wat ander gode dien, godsdienstige uitsprake by die heiligdom deur die priesters, uitsprake deur die koning, voorregte vir priesters en Leviete, die afskaffing van afskuwelike Kanaänitiese praktyke, en gehoorsaamheid aan die profeet wat die Here vir hulle sal gee – Deut. 16:18-18:22;
  3. Voorskrifte vir allerlei ander dinge in die gemeenskap: asielstede, grenslyne, getuies, oorlog, moord, huwelik, doodstraf, sosiale gebruike, godsdienstige gebruike, maatskaplike gebruike, egskeiding en hertrou, onderlinge verhoudinge, swaershuwelik (leviraat), billikheid in regspraak, uitwissing van die Amalekiete, eerstelinge van die oes, en tiendes elke derde jaar vir die Leviete – Deut. 19-26.

Die voorskrifte en bepalings wat God vir sy volk gee, is nie iets wat net vir ‘n tyd lank bedoel is nie.  Dit is bedoel vir hulle hele lewe.  Dit is die voorskrifte waarvolgens hulle: “hier op aarde moet lewe in die land wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het om in besit te neem.”  Die voorskrifte is die basis van die ooreenkoms tussen God en die volk.  In hulle nougesette gehoorsaamheid daaraan sou die verbond met God bevestig en in stand gehou word.

Continue reading

Onlangse kommentaar