Skip to main content

Psalm 64

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie kort Psalm word nie aan ’n spesifieke tyd in Dawid se lewe gekoppel nie, hoewel ’n mens kan agterkom dat sy gebed teen die agtergrond van die optrede van kwaadwilliges teen onskuldiges geskryf word. Die Psalm kan gemaklik in twee verdeel word: 1) Bewaar my van die komplotte van kwaadwilliges – vers 2-7. Let op hoe die booswigte as meesters met die woord geteken word – skerp tonge vir swaarde, giftige woorde vir pyle, beplan skelmstreke, smee volmaakte komplotte. Maar, hulle eie woorde word as strikke gebruik om hulle tot ’n val te bring (vers 8). Die bedreiging van die vyande word as “uit die bloute” geteken (vers 5), dieselfde woord wat in die tweede deel van die Psalm vertaal word met “meteens” en hulle is daarmee heen. Net so skielik soos die aanval gebeur op die onskuldige, só skielik laat God toe dat hulle eie tonge hulle tot ’n val bring. Dit gee groot versekering vir gelowiges wat onskuldig ly. Vers 7 is ’n diepsinnige refleksie oor die boosheid van die mens – dit kom van diep van binne af. 2) Die regverdige verbly hom in die Here wat kwaadwilliges tot ’n val bring – vers 8-11. God se hantering van sulke kwaadwilliges geniet ’n breë instemming – knik met voldoening die kop (vers 9). Dit word die tipe stories wat vertel word om God se dade te verheerlik, veral omdat dit insig gee in hoe God optree (vers 10). Daarom kan die regverdige hom in die Here verbly en sy toevlug by Hom soek, want Hy het raad met die vyande. Opregtes kan Hom daarvoor prys.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Psalm van Dawid. O God, luister tog na my klag. Beskerm my teen die dreiging van my vyande. Beskut my teen sameswerings van kwaadwillige mense, teen die kwaadstokery van hulle wat onreg doen. Hulle wat hulle tong skerp maak soos swaarde, soos pyle met bitter woorde skiet, om uit hinderlae op die onskuldige te skiet, om onverwags op hom te skiet sonder om bang te wees. Hulle spoor mekaar aan tot bose dade; in die geheim beplan hulle lokvalle. Hulle vra: “Wie sal dit ooit raaksien?” Hulle beplan misdaad, en sê: “Ons het ’n volmaakte plan!” Die mens se gedagtes en bedoelings is inderdaad baie duister. Maar God tref hulle met ’n pyl, en skielik is hulle gewond. Hulle eie woorde laat hulle struikel. Elkeen wat dit sien, skud die kop. Dan sal almal, vervul met ontsag, getuig oor die dade van God en iets van sy werke verstaan. Die regverdiges sal bly wees in die Here, en skuiling soek by Hom. Al die opregtes van hart sal Hom prys.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie Psalm beklemtoon die listigheid en vervalsing van verraderlike teenstanders, wat hulle woorde kamoefleer, omdat hulle saak skandelik is en hul taktiek onverdedigbaar. Wat veral interessant is, is dat Dawid agterkom dat God sulke mense met “hulle eie tonge” tot ’n val bring. Die “giftige woorde vir pyle” wat hulle uit hinderlae vir hom bedoel, word getroef met die pyl van God, die waarheid. Dit is deur God se toedoen dat bose mense deur hulle eie boosheid gevang word. Ironies genoeg deur hulle eie bose planne teen hulle te gebruik. Gebruik die Psalm om soos Dawid te vra dat die Here jou sal bewaar van die komplotte van kwaadwilliges sodat alle regverdiges hulle kan verbly in die Here wat kwaadwilliges tot ‘n val bring.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 65

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm is ’n lofsang aan God vir al sy oorvloedige gawes. Let op hoe die teenwoordigheid en betrokkenheid van God in konsentriese geografiese sirkels beskryf word, wat ook die wyse is waarop die Psalm opgebou is. 1) God seën die geloofsgemeenskap in Sion – vers 2-6a. Die hart van God se seën word eerstens persoonlik en in die geloofsgemeenskap in Sion by die tempel in Jerusalem ervaar (vers 2-6a). God verhoor gebede, spreek vry van skuld en laat sy mense die goeie dinge in sy huis in oorvloed geniet. In Sy trou antwoord Hy met kragtige dade. Hy is immers God, ons Verlosser. Aan dié God kom ’n lofsang toe in Sion. Maar let ook op dat dié vergifnis vir alle mense bedoel is, soos vers 3-4 aandui. Dit is ’n baie belangrike stuk hoop in die Psalm. 2) God seën die mense in afgeleë plekke en op verre seë – vers 6b-9. Tweedens het God se seën ook ’n uitkringende kragtige uitwerking op alle mense en nasies selfs op afgeleë plekke en op verre seë. Die God en sy mag dwing ontsag af, want Hy kan vir gebedsverhoring in alle situasies vertrou word. Hy laat selfs die rumoer van die nasies bedaar. Mense in die ooste en in die weste juig oor God. 3) God seën die hele aarde – vers 10-14. Derdens bring God se sorg oorvloed en vrugbaarheid vir die hele aarde – die land, die riviere, die ploeglande, die woestyn, die bulte, die velde en die vlaktes (vers 10-14). Daar is volop water, welige koring, genoeg reën, welige groei, volop weiding selfs in die woestyn en wemelende kleinvee. God kroon die jaar met sy goeie gawes. Waar God ook al gaan, is daar oorvloed! Dit is die evangelie van dié Psalm. Trouens, alles is Sy werk!

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Dawidspsalm. ’n Lied. O God, lof kom U toe in Sion. Ons geloftes sal ons betaal. O Hoorder van gebed, na U toe sal alle mense kom. Wanneer sondige dade my oorweldig, vergewe dan tog my opstandigheid. Geseënd is dié vir wie U uitkies, hulle wat U laat naderkom en in u tempel laat woon. Mag ons oorlaai word met die goedheid van u huis, in u heilige tempel. God ons verlosser, U antwoord ons met magtige dade en in geregtigheid. Tot aan die einde van die aarde en vanaf die verste seë hoop mense op U. Deur u krag is die berge gevorm; Uself is met mag omgord. U bedaar die gedruis van die see, die dreuning van die golwe, en die rumoer van die nasies. Mense in afgeleë plekke kry ontsag vir u wonders. Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, laat U hulle sing van vreugde. U versorg die aarde, en laat dit reën, U maak dit ryk en vrugbaar. Die riviere van God is vol water; U verskaf graan soos U bepaal het. U vul die leivore met water, en deurweek die kluite; U laat hulle sag word van reën en laat alles welig groei. U kroon die jaar met u goeie gawes; in u spore volg daar oorvloed. Die woestyn word ’n weiland, die heuwels is oordek met vreugde. Die weivelde wemel van kleinvee, en die valleie is oordek met graan. Hulle juig en sing van vreugde!” NLV

Boodskap en betekenis

Die Psalm is ’n lofsang aan God vir al sy oorvloedige gawes. Dit sluit sy gebedsverhoring en vryspraak van skuld vir alle mense in, ook die oorvloed van die goeie dinge wat Hy gee vir die geloofsgemeenskap, dié wat Hy uitkies om nader te kom om sy teenwoordigheid by die tempel te geniet asook die kragtige dade wat Hy regoor die wêreld vir almal en alles doen. Hy is nie net God ons Verlosser nie, maar die God van alle mense selfs in afgeleë lande, trouens die God van die hele bewerkte en onbewerkte aarde.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 66:1-12

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm moedig ons aan om God se dade vir almal te vertel, want God se werke is oral sigbaar. Let op dat vers 1-12 in die meervoud geskryf is – ons – en vers 13-20 in die enkelvoud – ek, wat dan ook die verdeling van die Psalm is wat ons oor twee dae gaan bid. Die wisseling van meervoud na enkelvoud getuig van ’n wisselwerking tussen die verhale van die geloofsgemeenskap en dié van ’n lid/leier van daardie gemeenskap, wat ons ’n goeie voorbeeld gee van wat ons in ons byeenkomste moet doen.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Lied. ’n Psalm. Almal op aarde, juig tot eer van God! Sing tot eer van sy Naam! Gee Hom eer en lof. Sê vir God: “Hoe ontsagwekkend is u werke! U vyande kruip voor u groot mag. Almal op die aarde sal U aanbid; hulle moet sing tot u eer en lofsing tot eer van u Naam.” Sela Kom en kyk wat God gedoen het, sy magtige dade met die mensdom! Die see het Hy verander in ’n droë pad, droogvoets het hulle deur die rivier gegaan. Kom, laat ons jubel oor Hom, Hy wat vir altyd deur sy groot mag regeer. Sy oë is gerig op die nasies. Laat geen opstandeling homself verhef nie. Sela Alle volke, prys ons God en laat sy lof weerklink. Ons lewe, dié hou Hy in stand, ons voete laat Hy nie struikel nie. U het ons beproef, o God, soos silwer ons gesuiwer. U het ons met ’n net gevang, ’n sware las op ons geplaas. U het mense oor ons laat ry, ons deur vuur en vloed laat gaan, en tog gebring waar daar oorvloed is.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie Psalm is ‘n Psalm vir die nasies. Hulle word opgeroep om die Here te prys, want sy werke is vir almal sigbaar in die magtige dade van die Uittog uit Egipte waar die Here sy volk droogvoets deur die Rooi See laat gaan het sowel as met die Intog in Kanaän waar Hy hulle droogvoets deur die (Jordaan) rivier laat trek het. Die nasies moet weet dat God regeer en dat niks sy oë ontglip nie. Die Psalmis erken wel in sy lofprysing dat beproewings deel van die lewe saam met God is. Dit is nie net as gevolg van sonde en swakheid, soos dit in die Rigterstyd die geval was nie. Dit kom ook oor ons weens God se oorhoofse suiweringsdoel daarmee: “U het ons beproef, o God, soos silwer ons gesuiwer.” Maar, daarvan kan die geloofsgemeenskap getuig, die uiteinde daarvan is die belewenis van sy oorvloed.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 66:13-20

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die leier/liturg van die geloofsgemeenskap sluit homself in sy toewyding aan die Here in deur getrou sy brandoffers vir sy sondigheid te bring en sy geloftes na te kom as getuienis van die Here se redding uit sy eie nood. Die Here het sy gebed verhoor en sy liefde nie aan hom onttrek nie.

Bid die Psalm

“Met brandoffers kom ek na u tempel; geloftes aan U wil ek betaal, geloftes met eie lippe en mond gesê toe ek diep in moeilikheid was. As brandoffer bring ek die vetste van my vee, as wierook die beste van my ramme. Ook bulle en skape sal ek offer. Sela Kom en luister, dienaars van God, ek sal vertel wat Hy vir my gedoen het. Ek het na Hom om hulp geroep, Hom geprys terwyl ek praat. As ek kwaad in my hart bedink het, sou die Here nie na my luister nie. Maar God het tog geluister; Hy het my gebed verhoor. Loof God wat my gebed nie verwerp het nie en sy troue liefde nie aan my onttrek het nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Ons bring vandag nie meer diereoffers vir ons sondigheid nie, want Jesus het eens en vir altyd ‘n offer aan die kruis gebring, Homself, wat ons van ons sondes verlos het (Hebr. 7:26-27). Ons gee egter steeds offers, maar van ‘n ander aard. Ons offers nou is dié van ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer van ons liggame, sowel as om Hom toe te laat om ons gedagtes te vernuwe om dit al hoe meer in lyn te bring met sy wil, dit wat vir Hom goed, en aanneemlik en volmaak is (Rom. 12:1-2). Daarby kom die offer van lof wat ons onophoudelik deur Jesus aan God bring deur oral sy Naam te bely. ’n Interessante stukkie kommentaar kom van die Psalmis op sy eie gebed na vore in vers 18-20 dat God nie sou luister as daar sonde in sy hart sou wees nie (vgl. Jes. 59:1-2 wat dieselfde boodskap dra: “Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.”) Daarom het die Here sy gebed nie verwerp nie, en sy troue liefde nie aan hom onttrek nie.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 67

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 67 is ook ‘n Psalm vir die nasies. Dit onderstreep die feit dat God mense seën om tot ’n seën te wees vir ander, sodat hulle Hom kan eer.  Let op hoe die gebed in vers 2-3 albei kante insluit: “Mag God ons genadig wees… sodat u werke bekend kan word oor die aarde.”  God se seën is bedoel om Sy teenwoordigheid op aarde bekend te stel en as ’n teken daarvan te dien, soos die vorige Psalm dit ook in terme van gebedsverhoring uitgespel het. Die opgewonde verwagting van God se ingrype en verbintenis om daarvan te vertel, lei tot ’n verdere dubbel-herhaalde gebed (vers 4 en 6) dat dié dade van God mag lei daartoe dat alle nasies Hom sal loof. Die spits daarvan is: “Laat die nasies bly wees en sing van vreugde, want met billikheid regeer U die volke!” (vers 5).

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Met snarespel. ’n Psalm. ’n Lied. Mag God ons genadig wees en ons seën. Mag sy goedheid oor ons skyn Sela sodat u werke bekend kan word oor die aarde, u reddende krag onder al die nasies. Mag die volke U prys, o God, mag al die nasies U loof. Laat die nasies bly wees en sing van vreugde, want met billikheid regeer U die volke en lei U die nasies op die aarde. Sela Mag die volke U prys, o God. Mag al die volke U loof. Die aarde het oeste gelewer. God, ons God, sal ons seën. God sal ons seën, en mense oor die hele aarde sal Hom dien.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie is ’n Psalm wat in ’n neutedop saamvat wat God se doel is met alle nasies. God seën mense om tot ’n seën te wees vir ander, sodat hulle Hom kan eer. Die Psalm eindig met lof vir die wyse waarop God ook in die land sy seën laat blyk met die oes op die regte tyd. Maar selfs dít is bedoel as getuienis van God se teenwoordigheid vir die mense op die hele aarde! Jesus sluit ook by dié gedagtegang aan in sy Bergrede, maar neem dit nog ’n stappie verder: “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;  seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.  As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.” (Matt. 6:27-31).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar