Skip to main content

Psalm 71:17-24

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalmis herhaal in die derde deel van die Psalm sy gebed dat sy oudheid en grysheid nie teen hom sal tel nie, maar gee hier ’n ander motivering daarvoor.  Dít is, dat die geslagte wat nog kom, sy kleinkinders bv., selfs in die toekoms nog in hom ’n lewende getuie van God se verlossingswerk sal kan sien en saam met hom sal kan sê: “Wie is soos U, o God?”  Daarom bid die Psalmis vir uitkoms, sodat hy kan voortgaan om te sing tot God se eer en die hele dag deur te praat van sy verlossingswerk.

Bid die Psalm

“O God, U het my van jongs af geleer, en nog steeds getuig ek van u wonderdade. O God, noudat ek oud en grys is, moenie my verlaat nie, sodat ek aan die nageslagte u mag bekend kan maak, en aan elkeen wat nog sal kom van u magtige werke kan vertel. U regverdigheid, o God, reik tot aan die hoogste hemele. U het wonderlike dinge gedoen. Wie is soos U, o God? U het diep nood oor my laat kom, maar U herstel my weer tot lewe. Uit die diepwaters van die aarde, uit die doderyk, rig U my weer op. U sal my in eer herstel en weereens my vertrooster wees. Dan sal ek U prys met die harp, want U is getrou, o God. Met sang en lier sal ek U loof, o Heilige van Israel. Van vreugde sal ek jubel en u lof besing, want U het my gered. Heeldag vertel ek van u geregtigheid. Dié wat my kwaad wou aandoen, is nou self beskaam en verneder.” NLV

Boodskap en betekenis

Saam met die hoop en lofprysing van die tweede deel van die Psalm kom hier die vaste voorneme om van God en sy wonderdade te bly getuig. Dit is al manier waarop die geloof vars gehou word vir die komende geslagte, hetsy in die lewe van jou eie kinders en kleinkinders of in die lewe van die kinders van jou geloofsgemeenskap. Hoe sal hulle weet die Here is goed en regverdig as dit nie vir hulle vertel word, en in jou lewe gedemonstreer word nie? Dit is in die lofprysing en getuienis van elkeen wat God se getrouheid ervaar wat die koninkryk kom. En jy word geroep om jou stem by die getuies hiervan deur die eeue te voeg.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 72:1-14

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 72 is een van twee Psalms wat aan Salomo toegeskryf word (vgl. ook Ps. 127).  Dit is ook een van ’n hele aantal Psalms wat fokus op die koning.  Waar een van die ander koningspsalms, Psalm 2, fokus op die verhouding tussen die koning en God, fokus hierdie Psalm meer op die verhouding van die koning met die volk en die nasies.  Die Psalm is dus waarskynlik gebruik by die kroning van ’n koning. Aan die eenkant word God in die Psalm aangeroep om die koning te leer om te regeer soos God wil, sodat die mense God kan dien van geslag tot geslag en daar vrede met die nasies kan wees. Aan die ander kant word die wil van God uitgespel en in praktiese terme voorgebid, waarin veral die handhawing van die reg van verdruktes, armes, swakkes en behoeftiges die prioriteite is. Ons lees die Psalm in twee dele: 1) Leer die koning om te regeer volgens u wil – vers 1-14; 2) Mag die koning lank lewe – vers 15-17 – waarna die Psalm afgesluit word met 3 verse – vers 18-20 – wat ook die tweede Psalmboek afsluit.

Bid die Psalm

“’n Psalm van Salomo. O God, skenk u geregtigheid aan die koning, en u regverdigheid aan die seun van die koning. Hy sal u volk regverdig oordeel en aan armes reg verskaf. Die berge sal voorspoed bring vir die volk, en die heuwels regverdigheid. Hy sal aan die verdruktes reg verskaf, die kinders van behoeftiges red, hulle verdrukkers verpletter. Mag hulle U dien so lank as wat die son skyn, en die maan daar is, geslag na geslag! Mag hy wees soos reën vir plante, soos reënbuie wat die aarde natmaak. Mag regverdiges floreer tydens sy bewind en voorspoed in oorvloed ontvang tot die maan nie meer daar is nie. Mag hy regeer van see tot see, en vanaf die Eufraat tot aan die eindes van die aarde. Mag woestynbewoners voor hom buig, sy vyande voor hom in die stof kniel. Mag die konings van Tarsis en die kuslande vir hom belasting betaal, die konings van Skeba en Seba vir hom geskenke bring. Mag al die konings voor hom buig, en al die nasies hom eer bewys. Ja, die armes wat roep, sal hy verlos, ook die verdrukte sonder helper. Hy het medelye met swakkes en behoeftiges, en red die lewe van behoeftiges. Uit onderdrukking en geweld sal hy hulle red, want hulle lewens is kosbaar vir hom.” NLV

Boodskap en betekenis

Let op hoe vers 1-4 sentreer rondom die handhawing van die reg vir dié wat dit nie self kan regkry nie.  Dit het ’n enorme effek op mense se Godsbewussyn. Selfs die natuur is bly as reg vir en onder mense geskied.  Vers 5-7 sentreer weer om die  lewe en voorspoed wat ’n regverdige koning vir sy mense bring.  Dit het selfs ’n effek op die internasionale betrekkinge van die volk (vers 8-11).  Let ook op hoe die statuur van die koning juis groei uit sy deernis met swakkes en behoeftiges wat hom nie kan terugbetaal nie, want: “hulle lewens is kosbaar vir hom.” Hierdie dinge wat Salomo hier uitspel is die primêre dinge waarop die koning moet fokus. Hy moet instaan vir dié wat dit nie vir hulleself kan doen nie.  ’n Maatstaf wat ons gerus vandag nog kan aanlê vir leiers, in watter sfeer van die lewe ook al, maar natuurlik ook iets waarvoor ons moet bid en God se aangesig oor moet soek. Dit is daarom ook ’n Psalm wat ’n mens onmiddellik laat dink aan die ideaal van die Messiaanse koning, dié een waarna die OT uitgesien het om dít alles waar te maak.  Die NT prentjie van Jesus pas perfek hierby in, veral as ’n mens sy toespraak in sy tuisdorp onthou, waar Hy die genadejaar van die Here aangekondig het vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes (Luk. 4). Dit is ook die boodskap wat ons met woord en daad in hierdie lewe moet verkondig en alles in ons vermoë doen om ‘n verskil te maak ook in mense se lewens wat dit regtig nodig het.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 72:15-20

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Om die koning te ondersteun om die reg te handhaaf en met oorgawe veral mense wat sukkel se voortbestaan te verseker, word in die laaste deel van die Psalm, vers 15-17, vir die koning self gebid, trouens alle mense opgeroep om gedurig vir hom te bid dat daar volop voorsiening in mense se behoeftes sal wees. Die laaste 3 verse sluit nie net die Psalm af nie, maar ook die 2de Psalmboek.  God se Naam moet reg deur die wêreld geloof word, “Amen, ja, amen”.  Daarmee word hierdie versameling van Dawid se bydraes ook afgesluit.

Bid die Psalm

“Lank leef die koning! Mag hy goud uit Skeba ontvang. Mag mense gedurig vir hom bid en die hele dag hom seën. Mag daar volop graan wees in die land, en die bergtoppe daarvan wuif. Mag dit vrugbaar wees soos die Libanon, en mag die stede groei soos gras op die veld. Mag die koning se naam altyd onthou word en nooit vergeet word so lank as die son daar is nie. Mag al die nasies deur hom geseën word en al die nasies hom geseënd noem. Prys die Here God, die God van Israel! Net Hy doen wonderlike dade. Mag sy heerlike Naam vir altyd geprys word! Mag die hele wêreld vol wees van sy heerlikheid. Amen, ja, amen! (Hier eindig die gebede van Dawid, seun van Isai.)” NLV

Boodskap en betekenis

Psalm 72 roep ons op om erns te maak met ons gebede vir mense in mags- en leiersposisies. Trouens, om “gedurig” vir hulle te bid, en hulle te “seën”! Soos Jeremia later die ballinge in die 6de eeu v.C. opgeroep het om vir die stad waar hulle is, te bid, want hulle eie voorspoed is verbind aan dié van die stad (Jer. 29), só het Salomo al in die 10de eeu v.C. dieselfde gedoen. En Paulus maak ná die koms van die Messiaanse koninkryk wat in Jesus aangebreek het, nog steeds dieselfde oproep: “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. 3So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, 4wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim. 2:1-4 – 1983-vertaling). Maak dié gebed ‘n daaglikse deel van jou stiltetyd.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 73:1-14

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 73 is die eerste van elf Psalms wat aan Asaf – een van die sangleiers wat Dawid aangestel het om die sangerstradisie in Israel te begin – toegeskryf word (Ps. 50 is ook van Asaf). Dit is ook die Psalm wat die 3de Psalmboek inlei (Ps. 73-89). Anders as Psalm 1 wat die 1ste Psalmboek inlei met die boodskap van die voorspoed van die regverdiges, worstel Asaf met die realiteit dat dit baie keer van die mens se kant lyk asof die goddeloses die eintlike voorspoediges is. Dit is eers wanneer hy uit God se hoek kyk – as hy in die heiligdom ingaan – dat hy agterkom dat dit net oënskynlik waar is; dat die goddelose tog uiteindelik omkom en dat die gemeenskap met God die ware geluk gee wat alle ander realiteite verdwerg. Die Psalm is duidelik gestruktureer as ‘n eenheid veral met die eerste en laaste vers wat van die goedheid van God en sy teenwoordigheid praat wat die boodskap van die Psalm omraam. Ons lees dit egter in twee dele met die worsteling as eerste lesing (vers 1-14) en die wending as tweede lesing (vers 15-28).

Bid die Psalm

“’n Asafpsalm. Waarlik, God is goed vir Israel, vir hulle wat suiwer van hart is. Maar my voet het byna gestruikel. Ek het my vastrapplek byna verloor. Want ek het die verwaandes beny, die goddeloses se voorspoed het ek gesien. Hulle het geen lyding nie, en is vet en gesond. Hulle het nie sorge soos sterflinge, of teëspoed soos ander mense nie. Daarom is trots hulle halssnoer; geweld is vir hulle soos ’n kleed. Hulle uiterlike spel net voorspoed; hulle verwaandheid is grensloos. Hulle spot en praat net kwaad; hooghartig dreig hulle met geweld. Hulle lippe laster teen die hemel en hulle tonge spog op die aarde. So draai sy volk na hulle toe, en neem alles in wat hulle sê. “Besef God wat aangaan?” vra hulle. “Weet die Allerhoogste wat gebeur?” Kyk, so is goddelose mense: altyd sorgvry, besig om rykdom te vermeerder. Het ek dan tevergeefs die kwaad vermy, en my onskuld met ’n eed bevestig? Die hele dag lank moes ek ly, elke oggend is ek opnuut gestraf.” NLV

Betekenis en boodskap

Psalm 73 is ongelooflik relevant vir almal wat die pad met die Here onwrikbaar wil stap, maar aan allerlei beproewinge in die lewe en uitdagings en versoekings van binne en buite blootgestel word. As ‘n mens met ‘n korttermyn perspektief na jou lewensloop kyk, sal jy ook kan dink dat dit oënskynlik niks help om jou hart rein/suiwer te hou nie, want op die oog af beleef verwaande hooghartige goddelose mense, mense wat God laster en misken, voorspoed in hierdie lewe en nie teëspoed nie. Hoe werk dit dan dat Jesus, in lyn met hierdie Psalm, stellig met die sesde saligspreking in die Bergrede kan verklaar dat reinheid van hart jou in God se teenwoordigheid sal bring: “Geseënd is dié wat rein/suiwer van hart is, want hulle sal God sien.” (Matt. 5:8)? Wanneer jy kortsigtig na die relatiewe voorspoed van goddelose kyk, sal jy maklik God se regverdigheid kan bevraagteken en Jesus se verklaring as ‘n onhaalbare ideaal kan beskou. Maar, let op, dat Asaf sê, hy het “byna” sy vastrapplek verloor… want in die tweede helfte van die Psalm sal hy met ons deel wat hom weer laat vasstaan het in sy verbintenis aan die Here. En dit is die langtermyn perspektief wat vir hom vasbyt en vastrap gebring het, want God beheer nie net die begin van ons lewe nie, maar ook, en veral die einde daarvan.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 73:15-28

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Let op hoe belangrik beide die persoonlike – “ek het nagedink om dit te verstaan” – en die korporatiewe nadenke – “totdat ek ingegaan het in die heiligdom van God”, d.w.s waar hy saam met die geloofsgemeenskap aanbid en die openbaring van God ontvang – is. Dit is in jou eerlikheid oor jou persoonlike ervarings, sowel as in jou aanbidding saam met die gemeenskap van die gelowiges wat die insig wat God gee, begrip en berusting bring.  Want dit is in die heiligdom van God – in die grondteks staan daar eintlik ‘n meervoud “heiligdomme van God” wat waarskynlik op die hele plek van die tempel dui – waar die gelowige blootgestel is aan die openbaring van God, wat hy begrip en berusting kry.

Bid die Psalm

 “As ek sou sê: “Ek sal só praat,” sou ek u kinders verloën het. Ek het nagedink om dit te verstaan; tog was dit vir my ’n moeilike taak, totdat ek ingegaan het in die heiligdom van God, en die uiteinde gesien het van die goddeloses. U plaas hulle op gladde plekke en laat hulle verval tot ’n puinhoop. In ’n oogwink is hulle vernietig, verslind deur verskrikking. Soos ’n droom wat ophou wanneer ’n mens wakker word, so verdwyn hulle beeld wanneer U ontwaak, o Here. Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. Wie het ek in die hemel behalwe U? Ook op aarde soek ek net vir U. My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd. Dié wat ver van U is, sal omkom; dié wat ontrou is aan U, vernietig U. Maar wat my betref, dit is vir my goed om naby God te wees! Ek het geskuil by die oppermagtige Here, en sal bly vertel van al u wonders.” NLV

Betekenis en boodskap

God is waarlik goed vir sy mense.  Daar is geen twyfel daaroor nie. Hy is goed vir dié wat rein van hart is, wie se motiewe suiwer is, wie sonder bybedoelings lewe … maar dít kan jy net beleef en bely as jy, saam met God se mense, jou hart rein hou deur na Hom te bly kyk en in sy teenwoordigheid saam met ander gelowiges te bly leef. As jy val vir die versoeking om na die voorspoed (vrede) van die verwaande goddeloses te kyk, en jaloers raak op hulle oënskynlike sorgelose oorvloedige welvaart, sal jy God se goedheid juis miskyk, sy goedheid en regverdigheid begin bevraagteken, en vol bitterheid raak oor die lewe se ongelykhede en die teistering van teëspoed waaraan gewone mense uitgelewer is.  Op die langtermyn kry goddeloses hulle verdiende loon.  Sonder God struikel goddeloses op die einste Godlose pad wat hulle vanweë hulle ongevoelige harte verkies en word hulle boonop verdoem tot ‘n ewige duisternis.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar