1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer

Let op hoe doelgerig Paulus hierdie brief skrywe.  In hierdie eerste hoofstuk groet Paulus hom (1:1-3), beweeg onmiddelik na ‘n bespreking van die uitdaging van die mense in Efese wat valse leerstellings versprei (1:4-7), en gee vir Timoteus twee teologiese argumente as skietgoed (regte gebruik van die wet; regte begrip van die evangelie – 1:8-17) en eindig met ‘n oproep aan hom om die goeie stryd van die geloof te stry (1:18-20), dws ‘n lewe in geloof wat pas by die gesonde leer.

Die sleutel tot ‘n begrip van hierdie valse leraars se beheptheid met mitiese verdigsels, eindelose geslagsregisters en ‘n fokus op die wet, lê waarskynlik in die feit dat hierdie kennis ‘n skyn van diepte en misterie gehad het, iets wat net vir die ingewydes bedoel is, en net deur hulle verstaan kan word.

Die evangelie van Jesus Christus is darenteen ‘n baie publieke geloof, iets wat aan ‘n kind verduidelik kan word, en wat om ‘n rein hart en goeie gewete, en opregte geloof en liefde gaan.  Kennis is goed, maar net nuttig, as dit die doel dien dat ‘n mens in jou geloof in God gevorm word.

Daarom moet die dwaalleraars teëgegaan word, nie om hulle net te verneder of aan die kaak te stel nie, maar met die doel om hulle in liefde reg te help.  Dit is soos die tug altyd moet werk, om mense in liefde te help om weer van binne af te herstel om die gesonde leer aan te hang.

Paulus fokus dan op die regte verstaan en gebruik van die wet, en lê dit uit as iets wat eintlik vir die ongehoorsames bedoel is – en hy gee sommer ‘n lysie van die mense vir wie dit bedoel is.  Daarteenoor is die fokus van die evangelie om insig in die heerlikheid van die “goeie God” te verkry en Hom te dien.

Later sal Paulus verder hieroor skrywe en vir Timoteus waarsku teen mense wat die wet op ‘n beperkende wyse gebruik (in terme van die huwelik en dieet), teenoor die evangelie wat juis vryheid bring (1 Tim 4:1-5).

Vanuit Paulus se persoonlike Damaskus-ervaring kan hy onomwonde verklaar dat die genade en geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus betroubaar is en sonder voorbehoud aanvaar kan word.  Trouens, Paulus is by uitstek ‘n voorbeeld van hoe ruimhartig God is, omdat Hy hom aanvaar het ten spyte van sy vervolging van Jesus in die tyd van sy ongeloof.

Dit is met hierdie woorde in gedagte – 1) die regte begrip en gebruik van die wet; 2) die regte begrip en verstaan van die evangelie; 3) Paulus as voorbeeld van hoe God se genade werk – dat Timoteus die goeie stryd moet stry, aan die geloof moet vashou en ‘n goeie gewete moet behou.  Hy moet ook onthou van diegene wat juis nie dít reggekry het nie (Himeneus [ook 2 Tim 2:17]en Aleksander [ons weet nie wie dit presies was nie – kyk self na die volgende verwysings van ‘n Aleksander: Hand 4:6; Mark 15:21; Hand 19:33; 2 Tim 4:14]), sodat sy geloof nie ook soos hulle s’n skipbreuk ly nie.  Die verwysing na “aan die Satan oorgegee” beteken waarskynlik dat hulle lidmaatskap van die gemeenskap van gelowiges opgesê is.  Hulle was dus nie meer geag as deel van die koninkryk van die lig nie, maar deel van die koninkryk van Satan.

Opmerkings oor selfdegeslagverhoudings

1 Timoteus 1:3-11 – Geloofslewe moet pas by Geloofsleer

Opsomming – Geloofslewe moet pas by Geloofsleer – waar Paulus die regte gebruik van die wet en evangelie uitspel om onsedelikheid te vermy, onder andere deur na arsenokoitai te verwys.  Hy verwys ook hier na pornoi wat in die konteks op manlike prostitute sou kon dui (BDV), hoewel ek self ‘n bietjie onseker is daaroor.

Die briewe aan Timoteus

Die 2 briewe aan Timoteus, sowel as die brief aan Titus, staan bekend as die pastorale  briewe.  Sommige voeg Filemon ook daarby.  Dit is briewe wat aan hulle as pastors gerig is en handel oor hoe hulle die pastorale bediening van hulle onderskeie gemeentes moet behartig.  Daarom word sterk aandag gegee aan hulle persoonlike roepingsbewussyn, gefokus op hoe om die regte leer en lewe te handhaaf in ‘n situasie waar daar toenemend valse leerstellings die kop uitgesteek het, en aandag gegee aan die funksionering van die gemeente in terme van ouderlinge, diakens en ander geestelike werkers.

Hoewel daar baie verskil van mening is onder geleerdes wanneer die briewe geskrywe is, en of dit hoegenaamd deur Paulus geskrywe is, lyk dit uit die briewe se eie interne gegewens asof die eerste brief aan Timoteus van ‘n tyd net na die gevangeniskap van Paulus in Rome praat, want dit word aangebied as komende uit Masedonië (1 Tim. 1:3) in 62-63 nC.  Die brief word in elk geval laat gedateer.

Timoteus was afkomstig van Listra en het heel moontlik tot bekering gekom met Paulus se eerste besoek daar tydens sy eerste sendingreis.  Dit is die plek waar Paulus gestenig is en as’t ware uit die dood opgestaan het (Hand. 14:19-20).  Sy pa was ‘n Griek, en sy ma, Eunice, ‘n Joodse Christen – soos trouens sy ouma Loïs ook was (Hand. 16:1; 2 Tim. 1:5).  Met Paulus se tweede besoek aan Listra het Timoteus by Paulus aangesluit nadat hy besny is, waarskynlik omdat sy ma ‘n Jodin was.  In Timoteus het Paulus ‘n jong gelowige gevind wat met oorgawe hom aan die bediening gegee het.

Timoteus is met die skrywe van die brief die pastor van Efese, die plek waar Paulus ook vroeër lank gewerk het (Hand 18-20).

Die wet en die evangelie

Let op hoe doelgerig hierdie brief geskryf is.  In hierdie eerste hoofstuk word Timoteus gegroet (1:1-3), om onmiddellik te beweeg na ‘n bespreking van die uitdaging van die mense in Efese wat valse leerstellings versprei (1:4-7), en gee die skrywer vir Timoteus twee teologiese argumente as skietgoed (regte gebruik van die wet; regte begrip van die evangelie – 1:8-17) vir sy konflik met valse leringe en eindig met ‘n oproep aan hom om die goeie stryd van die geloof te stry (1:18-20), d.w.s. ‘n lewe in geloof wat pas by die gesonde leer.

Die sleutel tot ‘n begrip van hierdie valse leraars se beheptheid met mitiese verdigsels, eindelose geslagsregisters en ‘n verkeerde fokus op die wet, lê waarskynlik in die feit dat hierdie kennis ‘n skyn van diepte en misterie gehad het, iets wat net vir die ingewydes bedoel is, en net deur hulle verstaan kan word.

Die evangelie van Jesus Christus is daarenteen ‘n baie publieke geloof, iets wat aan ‘n kind verduidelik kan word, en wat om ‘n rein hart en goeie gewete, en opregte geloof en liefde gaan.  Kennis is goed, maar net nuttig, as dit die doel dien dat ‘n mens in jou geloof in God gevorm word.

Daarom moet die dwaalleraars teëgegaan word, nie om hulle net te verneder of aan die kaak te stel nie, maar met die doel om hulle in liefde reg te help.  Dit is soos die tug altyd moet werk, om mense in liefde te help om weer van binne af te herstel om die gesonde leer aan te hang.

Paulus fokus dan op die regte verstaan en gebruik van die wet, en lê dit uit as iets wat eintlik vir die ongehoorsames bedoel is – en hy gee sommer ‘n lysie van die mense vir wie dit bedoel is.  Hy ignoreer nie die wet omdat daar verkeerde uitlegte daarvan gemaak is nie, maar wys op die impak daarvan in die gesonde leer en lewe van die gemeente.  Daarmee help sy fokus op die evangelie wat insig gee in die heerlikheid van die “goeie God” sodat Hy gedien kan word.

Later sal Paulus verder hieroor skrywe en vir Timoteus waarsku teen mense wat die wet op ‘n beperkende wyse gebruik (in terme van die huwelik en dieet), teenoor die evangelie wat juis vryheid bring (1 Tim 4:1-5).  Hy hanteer dus die wet op ‘n baie genuanseerde wyse, maar probeer op geen manier dit net reduseer tot ‘n vervloë era van die OT bedeling nie.

Dit is met hierdie woorde in gedagte – 1) die regte begrip en gebruik van die wet; 2) die regte begrip en verstaan van die evangelie; 3) Paulus as voorbeeld van hoe God se genade werk – dat Timoteus die goeie stryd moet stry, aan die geloof moet vashou en ‘n goeie gewete moet behou.

Hy moet ook onthou dat daar ander is wat juis nie dít reggekry het nie (Himeneus [ook 2 Tim 2:17]en Aleksander [ons weet nie wie dit presies was nie – kyk self na die volgende verwysings van ‘n Aleksander: Hand 4:6; Mark 15:21; Hand 19:33; 2 Tim 4:14]), sodat sy geloof nie ook soos hulle s’n skipbreuk ly nie.

Die verwysing na “aan die Satan oorgegee” beteken waarskynlik dat hulle lidmaatskap van die gemeenskap van gelowiges opgesê is.  Hulle was dus nie meer geag as deel van die koninkryk van die lig nie, maar as deel van die koninkryk van Satan.

Eksegeties

Só vertaal die BDV dit:

3 Soos ek by jou aangedring het toe ek na Masedoniëa vertrek het, moet jy in Efese bly, sodat jy sekere mense kan beveel om nie vreemde leringe te versprei 4 en aan versinsels en eindelose geslagsregisters vas te klou nie. Hierdie dinge bevorder eerder sinlose argumente as God se plan wat Hy deur die geloof ten uitvoer bring. 5 Die doel van die opdrag is liefde uit ‘n rein hart, ‘n skoon gewete en ‘n ongeveinsde geloof. 6 Sommige het hiervan afgedwaal en in ‘n niksseggende gepraat verval. 7 Hulle wil leermeesters van die wet wees, maar hulle verstaan nie wat hulle sê of waarop hulle aandring nie.  8 Maar ons weet dat die wet goed is wanneer iemand dit op die regte manier gebruik, 9 omdat hy besef dat die wet nie bedoel is vir die regverdige nie, maar juis vir die wetteloses en ongehoorsames, vir die goddeloses en sondaars, vir die onheiliges en wêreldlinge, vir diegene wat hulle vaders en moeders doodmaak en mense vermoor, 10 vir manlike prostitute, vir mans wat met mans intiem verkeer, vir diegene wat mense ontvoer, leuens vertel, meineed pleeg of enigiets anders doen wat teen die gesonde leer indruis. 11 Dit stem ooreen met die evangelie van die heerlikheid van die lofwaardige God, wat aan my toevertrou is.”

Paulus fokus op die regte verstaan en gebruik van die wet.  Dit is uiters belangrik om raak te sien dat hy moeite doen om die wet as in ooreenstemming met die evangelie (vers 11) te koppel!   Die fokus van die evangelie is om vir dié sonde te kan nee-sê weens insig wat gelowiges in die heerlikheid van die “goeie God” verkry sodat hulle Hom kan dien.

Dit is met hierdie woorde in gedagte – die regte begrip en gebruik van die wet; die regte begrip en verstaan van die evangelie – en daarby ook vir Paulus as voorbeeld van hoe God se genade werk, dat Timoteus die goeie stryd moet stry, aan die geloof moet vashou en ‘n goeie gewete moet behou.

Let ook op dat die volle OT wet volgens Paulus geldig bly vir almal wat die Here nie dien nie. Daarom kan ‘n mens die afleiding maak dat dit juis die wet se verbod is op sondes wat die huwelik bedreig – die sewende gebod op egbreuk –  wat waarskynlik die agtergrond is vir die twee woorde wat hier met onsedelike (pornois) en selfdegeslag (arsenokoitai) gedrag verbind word.

Die ander Griekse woord in die konteks, ontvoerders (andrapodistês), het ook die moontlikheid van ‘n seksuele konnotasie, maar is myns insiens nie soseer op die onderwerp van toepassing nie (vgl. egter kommentare wat hieroor verskil as jy meer daaroor wil lees).

In terme van die fokus hier op die uitleg van die wet, sou ‘n mens die uitsprake van Paulus met die tweede tafel van die wet as volg kon verbind:

  • “diegene wat hulle vaders en moeders doodmaak” kan uitgelê word as in ooreenstemming met die vyfde gebod: “Eer jou vader en jou moeder”;
  • die wat “mense vermoor” kan verbind word met die sesde gebod: “Jy mag nie moord pleeg nie”;
  • die “manlike prostitute” en “mans wat met mans intiem verkeer” met die sewende gebod: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie”;
  • die “ontvoerders” kan verbind word met die agtste gebod: “Jy mag nie steel nie”;
  • die “leuens vertel” en die “meineed pleeg” kan verbind word met die negende gebod: “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie”.

Dat daar ‘n sterk moontlikheid is dat die Tien Gebooie hier as agtergrond dien vir Paulus se gedagtegang kan nie ontken word nie.

Die woord pornois – wat wat met immorele seksuele gedrag, manlik of vroulik in verband gebring kan word – word deur die BDV interpreteer as dat dit in kombinasie met arsenokoitai op “manlike prostitusie” dui, op voetspoor van die wyse waarop malakoi in verbintenis met arsenokoitai in 1 Kor. 6 as selfdegeslag gedrag geïnterpreteer word.  Dit is ‘n interessante perspektief op die wye reeks betekenisse wat aan pornois geheg kan word.

Die ander woord wat in die “sondelysie” belangrik is, is: “mans wat met mans intiem verkeer”, ‘n woord wat ons alreeds hanteer het by 1 Korintiërs 6.   Dit is die woord arsenokoitai – wat ons ook reeds uitgelê het in die betekenis van die aktiewe selfdegeslag seksuele party.

Ons volstaan dus met hierdie interpretasie, behalwe om te beklemtoon dat dit in die konteks van die uitleg van die Tien Gebooie duidelik ‘n ononderhandelbare onderwerp vir Paulus was.  Hy is konsekwent negatief in sy hantering nie net van enige tipe seksuele dade wat die familie en die huwelik bedreig nie, maar ook van enige selfdegeslag seksuele gedrag, of dit nou teen betaling/weens ontvoering was of nie.  Dit pas nie in by sy prentjie van die huwelik en die gesonde uitlewing van seksualiteit nie.

Timoteus


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d