Skip to main content

2 Timoteus 2:1-26 – Getrou aan Jesus Christus

Die Christelike lewe sentreer om Christus Jesus, nie net in terme van ‘n eie persoonlike verhouding nie, maar ook in terme van ons bediening en publieke betrokkenheid.  Timoteus word dus daaraan herinner dat hy sterk moet wees in die gemeente en gemeenskap deur die genade wat Christus Jesus aan hom verleen (2:1 – vgl Ef 6:10).

Daaruit vloei die opdragte wat Paulus aan hom gee voort, waarvan die eerste (2:2), die aanstel van betroubare leraars – nie net vir hom kan bystaan nie, maar ook kan sorg dat die waarheid van die evangelie nie in gedrang kom nie.  Die gemeente is immers die draers van die waarheid.

Let op hoe Paulus vir Timoteus motiveer in sy bediening met twee leidende metafore.

2:3-13 – Soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus

Die eerste leidende metafoor kom uit die militêre wêreld, om sy deel van die ontberings vir die evangelie soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus te doen (2:3).  Paulus gebruik die beeld waarskynlik omdat hy moet sterk staan in ‘n konteks van dwaalleraars en vastigheid en fokus moet bring vir die gemeente.  Hy vul dit aan met die metafore van ‘n atleet wat volgens die reëls moet meeding en ‘n boer wat ‘n deel van die oes as beloning kry.  Daarmee motiveer hy Timoteus nie net om sterk te wees nie, maar in sy ywer om reg te doen, ook die beloning in gedagte te hou wat God verseker vir hom sal gee.

Let op hoe Paulus dan terugkeer na die hart van die evangelie, Jesus Christus, wat nie net die Messias uit die geslag van Dawid was nie, maar uit die dood opgewek is.  Dit is die boodskap wat verkondig moet word.  Dit is die boodskap waaraan getrou gebly moet word, ten spyte van die ontberings.  Dit is die boodskap wat in die wêreld geglo moet word, sodat ons uiteindelik saam met Christus kan leef en regeer.

Vers 13 het ‘n ongelooflike belofte.  Waar vers 11 en 12 die deelname aan Christus se lewe en regering verbind aan ons volharding en bereidheid om ontberings te dra, sê vers 13 dat God se getrouheid groter is as ons ontrouheid(soos die wagtende vader van Lukas 15).  Selfs al faal ons langs die pad, sal Hy ons nie los nie, en ons nie verloën nie.  Groter liefde as dit, is daar nie!

2:14-6 – Soos ‘n goeie arbeider van God

Die tweede leidende metafoor kom uit die arbeidswêreld, om hom tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat hom nie vir sy werk hoef te skaam nie (2:15).  Paulus gebruik die beeld waarskynlik omdat Timoteus nie net bewus moet wees van wat die dwaalleraars verkondig nie, om hulle te kan teenstaan nie, maar ook moet weet waarop hy dan wel moet fokus.  Paulus sê dit is om die woord van God suiwer te verkondig, sodat die gelowiges se geloof kan groei en vir die goeie werke van God beskikbaar kan wees.

Vanuit hierdie suiwer verkondiging van die woord van die waarheid moet hy gelowiges help om op te hou stry oor woorde, en verkeerde idees, soos dié idee van Himeneus (1 Tim 1:20) en Filetus, wat gesê het dat die opstanding (van die gelowiges) al reeds plaasgevind het (2:18).  Deur hulle te help om op die fondament te fokus wat God gelê het, sal hulle dit kan regkry om nie net die ongeregtigheid te vermy nie (2:19), maar om ‘n voorwerp van besondere gebruik in die hande van God te wees (2:20-21).  Paulus gebruik hier taal wat sterk herinner aan sy soortgelyke lering aan die Korintiërs (1 Kor 3).

Saam met die suiwer verkondiging van die woord van die waarheid moet Timoteus ook let op sy eie lewe, en jongmens begeertes vermy deur te streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede saam met almal wat die Here uit ‘n rein hart aanroep (2:22).  Let op hoe hy steeds vriendelik moet wees met mense van wie hy verskil, hom moet instudeer om ander te kan leer, en bereid moet wees om onreg te verdra, omdat dit doodgewoon deel van die pad van ‘n gelowige is.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Timoteus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms