2 Timoteus 2:1-26 – Getrou aan Jesus Christus
Daaruit vloei die opdragte wat Paulus aan hom gee voort, waarvan die eerste (2:2), die aanstel van betroubare leraars – nie net vir hom kan bystaan nie, maar ook kan sorg dat die waarheid van die evangelie nie in gedrang kom nie. Die gemeente is immers die draers van die waarheid.
Let op hoe Paulus vir Timoteus motiveer in sy bediening met twee leidende metafore.
2:3-13 – Soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus
Die eerste leidende metafoor kom uit die militêre wêreld, om sy deel van die ontberings vir die evangelie soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus te doen (2:3). Paulus gebruik die beeld waarskynlik omdat hy moet sterk staan in ‘n konteks van dwaalleraars en vastigheid en fokus moet bring vir die gemeente. Hy vul dit aan met die metafore van ‘n atleet wat volgens die reëls moet meeding en ‘n boer wat ‘n deel van die oes as beloning kry. Daarmee motiveer hy Timoteus nie net om sterk te wees nie, maar in sy ywer om reg te doen, ook die beloning in gedagte te hou wat God verseker vir hom sal gee.
Let op hoe Paulus dan terugkeer na die hart van die evangelie, Jesus Christus, wat nie net die Messias uit die geslag van Dawid was nie, maar uit die dood opgewek is. Dit is die boodskap wat verkondig moet word. Dit is die boodskap waaraan getrou gebly moet word, ten spyte van die ontberings. Dit is die boodskap wat in die wêreld geglo moet word, sodat ons uiteindelik saam met Christus kan leef en regeer.
Vers 13 het ‘n ongelooflike belofte. Waar vers 11 en 12 die deelname aan Christus se lewe en regering verbind aan ons volharding en bereidheid om ontberings te dra, sê vers 13 dat God se getrouheid groter is as ons ontrouheid(soos die wagtende vader van Lukas 15). Selfs al faal ons langs die pad, sal Hy ons nie los nie, en ons nie verloën nie. Groter liefde as dit, is daar nie!
2:14-6 – Soos ‘n goeie arbeider van God
Die tweede leidende metafoor kom uit die arbeidswêreld, om hom tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat hom nie vir sy werk hoef te skaam nie (2:15). Paulus gebruik die beeld waarskynlik omdat Timoteus nie net bewus moet wees van wat die dwaalleraars verkondig nie, om hulle te kan teenstaan nie, maar ook moet weet waarop hy dan wel moet fokus. Paulus sê dit is om die woord van God suiwer te verkondig, sodat die gelowiges se geloof kan groei en vir die goeie werke van God beskikbaar kan wees.
Vanuit hierdie suiwer verkondiging van die woord van die waarheid moet hy gelowiges help om op te hou stry oor woorde, en verkeerde idees, soos dié idee van Himeneus (1 Tim 1:20) en Filetus, wat gesê het dat die opstanding (van die gelowiges) al reeds plaasgevind het (2:18). Deur hulle te help om op die fondament te fokus wat God gelê het, sal hulle dit kan regkry om nie net die ongeregtigheid te vermy nie (2:19), maar om ‘n voorwerp van besondere gebruik in die hande van God te wees (2:20-21). Paulus gebruik hier taal wat sterk herinner aan sy soortgelyke lering aan die Korintiërs (1 Kor 3).
Saam met die suiwer verkondiging van die woord van die waarheid moet Timoteus ook let op sy eie lewe, en jongmens begeertes vermy deur te streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede saam met almal wat die Here uit ‘n rein hart aanroep (2:22). Let op hoe hy steeds vriendelik moet wees met mense van wie hy verskil, hom moet instudeer om ander te kan leer, en bereid moet wees om onreg te verdra, omdat dit doodgewoon deel van die pad van ‘n gelowige is.
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - Dec 9, 2011
- 1 en 2 Timoteus - Feb 13, 2012
- 1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer
- 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens - Feb 14, 2012
- 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter - Feb 15, 2012
- 1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid - Feb 16, 2012
- 1 Timoteus 5:1-25 – Om met oorleg mekaar te onderskraag - Feb 17, 2012
- 1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou - Feb 20, 2012
- 2 Timoteus - Feb 24, 2012
- 2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie
- 2 Timoteus 2:1-26 – Getrou aan Jesus Christus - Feb 27, 2012
- 2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord - Feb 28, 2012
- 2 Timoteus 4:1-22 – Getrou aan jou roeping - Feb 29, 2012