Skip to main content

Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012

In ‘n vorige rondte het ons Paulus se twee eskatologiese briewe gelees aan die gemeente in Tessalonika en sy vier leerstellige briewe aan die gemeentes in Galasië, Korinte en Rome.

Ons lees van 12 Januarie 2012 af Paulus se vier briewe wat hy uit die gevangenis in Rome skrywe aan die gemeentes in Filippi, Kolosse (ook bedoel vir Laodisea) en Efese, sowel as aan Filemon, en sluit af met sy drie pastorale briewe aan Timoteus en Titus[1].  Filemon was waarskynlik ‘n geestelike leier van Kollosse (Kol 4:9 – Onesimus, sy slaaf, is “een van hulle”).  Die vier gevangenis briewe is waarskynlik deur Tigikus (Kol 4:7,9; Ef 6:21) en Onesimus (Kol 4:9 – Filemon se slaaf) afgelewer in die vroeë sestiger jare van die eerste eeu, moontlik op dieselfde reis.

Die briewe aan die gemeentes in Filippi en Efese (Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle in Open 2:1-7) sal ook in die lig van die uitvoerige verhale oor die stigting van dié gemeentes gelees word soos Lukas ons in die boek Handelinge vertel.  Verfris jou geheue hier: Filippi, Efese.

Daar was, interessant genoeg, ook nog ander briewe van Paulus, bv dié een aan Laodisea (Kol 4:16 – Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle: Open 3:14-22), wat ongelukkig verlore geraak het.  Hoe jammer!

Lees verder oor die Skedule van leeswerk, die byeenkomste in Somerstrand en die toekomstige beplanning van die Bybelskool.

Continue reading

1 en 2 Timoteus

Die 2 briewe aan Timoteus, sowel as die brief aan Titus, staan bekend as die pastorale  briewe.  Sommige voeg Filemon ook daarby.  Dit is briewe wat aan hulle as pastors gerig is en handel oor hoe hulle die pastorale bediening van hulle onderskeie gemeentes moet behartig.  Daarom word sterk aandag gegee aan hulle persoonlike roepingsbewussyn, gefokus op hoe om die regte leer en lewe te handhaaf in ‘n situasie waar daar toenemend valse leerstellings die kop uitgesteek het, en aandag gegee aan die funksionering van die gemeente in terme van ouderlinge, diakens en ander geestelike werkers.

Continue reading

1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer

Let op hoe doelgerig Paulus hierdie brief skrywe.  In hierdie eerste hoofstuk groet Paulus hom (1:1-3), beweeg onmiddelik na ‘n bespreking van die uitdaging van die mense in Efese wat valse leerstellings versprei (1:4-7), en gee vir Timoteus twee teologiese argumente as skietgoed (regte gebruik van die wet; regte begrip van die evangelie – 1:8-17) en eindig met ‘n oproep aan hom om die goeie stryd van die geloof te stry (1:18-20), dws ‘n lewe in geloof wat pas by die gesonde leer.

Continue reading

1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens

Waar Paulus nou raad vir Timoteus gegee het oor hoe om dwaalleraars en dwalinge as sodanig te hanteer, fokus hy nou op die positiewe riglyne vir die werk in ‘n gemeente.

En let op waarmee hy begin. Nie met die prediking of die organisasie nie, maar met gebed.  En hy spel die werkswyse daarin uit ook in terme van mans en vroue.

Daarna eers, in hoofstuk 3, skets hy die wyse waarop die leierskap in die gemeente moet funksioneer, ouderlinge en diakens, altyd met die fokus van die gemeente in gedagte, 1) dat hulle die gemeente is van die lewende God, en 2) dat die gemeente “die draer en beskermer is van die waarheid” (vers 15).  Maar daaroor later.

Continue reading

1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter

Na Paulus nou die plek van gebed in die gemeente uitgespel het in hoofstuk 2, brei hy nou uit oor die wyse waarop die leierskap in die gemeente moet funksioneer, eerstens met betrekking tot ouderlinge en tweedens tot diakens.

Continue reading

Onlangse kommentaar