2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord
3:1-9 – Die laaste dae waarin Timoteus leef
Jannes en Jambres was volgens die Joodse tradisie twee broers, albei towenaars, wat deur die farao ingeroep is om Moses en Aäron, teen te staan (Eks 7:10–12). Nog ‘n Joodse tradisie verbind hulle ook met die twee amptenare wat met Bileam saamgewerk het (Num 22:22).
In wese is die probleem van dwase mense dat hulle lewens om hulleself draai en nie om God nie. Die liefde vir jouself maak jou selfsugtig, geldgierig, grootpraterig, verwaand, beledigend, ongehoorsaam aan jou ouers, ondankbaar en ongodsdienstig. Dit maak mense verder liefdeloos, onversoenlik, kwaadpraters, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloses en hooghartig.
3:10-17 – Bly in wat jy geleer het en vas glo
Daar is maar een manier om die suigkrag van selfsug vry te spring, en dit is om op God en sy Woord te fokus. Dit is dié fokus wat ook Timoteus die krag gee om in vervolging, wat ‘n normale deel van die pad met die Here is, vas te staan.
Die waarde van die Skrifwoord (in die eerste plek die OT, maar kan op die hele Bybel van toepassing gemaak word) is velerlei: onderig in die waarheid, bestryding van dwaling, regstel van verkeerdhede, en die kweek van ‘n regte lewenswyse. Dan sal ‘n mens volkome voorbereid wees en toegerus vir elke goeie werk.
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - December 9, 2011
- 1 en 2 Timoteus - February 13, 2012
- 1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer
- 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens - February 14, 2012
- 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter - February 15, 2012
- 1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid - February 16, 2012
- 1 Timoteus 5:1-25 – Om met oorleg mekaar te onderskraag - February 17, 2012
- 1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou - February 20, 2012
- 2 Timoteus - February 24, 2012
- 2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie
- 2 Timoteus 2:1-26 – Getrou aan Jesus Christus - February 27, 2012
- 2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord - February 28, 2012
- 2 Timoteus 4:1-22 – Getrou aan jou roeping - February 29, 2012