1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid
Draers en beskermers van die waarheid – 3:14-16
Laasgenoemde frase, dat die gemeente “die draer en beskermer is van die waarheid”, vertaal ‘n paar Griekse woorde wat letterlik vertaal kan word dat die gemeente: “die pilaar en grondslag van die waarheid” is. Die gemeente word dus met metafore uit die boubedryf beskryf. Paulus wil dus sê, dat die waarheid van die evangelie en die bewussyn van die Waarheid, Jesus Christus, berus op die bevestiging en ondersteuning wat dit geniet binne die gemeenskap van gelowiges.
Let op hoe Paulus hiermee eintlik ook die doel uitspel van die lewe in geloof (hoofstuk 1), die lewe in gebed (hoofstuk 2) en die lewe met karakter van die leiers van die gemeente (hoofstuk 3). Alles en almal moet meewerk om die evangelie van Jesus Christus aan hierdie wêreld op ‘n egte en outentieke manier bekend te stel.
Paulus gee hier ‘n beskrywing van hierdie evangelie met wat waarskynlik ook ‘n lied was wat in die vroeë kerk gesing is. Let op die ooreenkomste en verskille met 2 ander liedere oor Jesus: Fil 2:5-11 en Kol 1:15-23.
Die gevaar van afvalligheid – 4:1-5
Die rede dus vir die standvastigheid van die gemeente word nou uitgespel. Die waarheid moet gekoester word, omdat die gevaar van afvalligheid so groot is. Die bron van die dwaalleringe oor die huwelik en kos word as leerstellings van bose geeste uitgespel, hoewel die bose geeste blykbaar sinoniem met die dwaalleraars self is. Wat as ‘n diep waarheid verkondig word – om jou van die huwelik en sekere kossoorte te weerhou – bly skynheilige misleidings te wees, verdraaiings van die waarheid. En die gemeente moet hulle nie daardeur laat meesleur nie. God werk nie beperkend nie, maar helend en heiligend.
Die fokus van die bediening – 4:6-16
Waar Paulus in die eerste 3 hoofstukke uitgebrei het oor die geloof en gebed van die gemeente, sowel as die karakter van die leierskap, fokus hy Timoteus se aandag nou op sy eie bediening in die gemeente. En sy hoofopdrag is om hierdie dinge aan die gemeente voor te hou, sodat die gemeente sy funksie as draer en beskermer van die waarheid kan vervul.
Om dit goed te kan doen, moet hy nougeset let op sy eie leer en lewe, sodat hy self in totale toewyding aan die Here kan leef, en ‘n voorbeeld vir die gemeente en die gelowiges kan wees. Die primêre “tools” wat hy het, is 1) die Woord, en 2) die voorbeeld van sy eie lewe, wat van net soveel karakter as die ander leiers, indien nie meer nie, moet getuig.
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - December 9, 2011
- 1 en 2 Timoteus - February 13, 2012
- 1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer
- 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens - February 14, 2012
- 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter - February 15, 2012
- 1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid - February 16, 2012
- 1 Timoteus 5:1-25 – Om met oorleg mekaar te onderskraag - February 17, 2012
- 1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou - February 20, 2012
- 2 Timoteus - February 24, 2012
- 2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie
- 2 Timoteus 2:1-26 – Getrou aan Jesus Christus - February 27, 2012
- 2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord - February 28, 2012
- 2 Timoteus 4:1-22 – Getrou aan jou roeping - February 29, 2012
William Phillips
Baie dankie Chris.