Skip to main content

1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter

Na Paulus nou die plek van gebed in die gemeente uitgespel het in hoofstuk 2, brei hy nou uit oor die wyse waarop die leierskap in die gemeente moet funksioneer, eerstens met betrekking tot ouderlinge en tweedens tot diakens.

Ouderlinge – 3:1-7

Die Griekse woord vir ouderling wat hier gebruik word, is eintlik episkopos (biskop) maar word deur baie as ‘n sinoniem vir prebuteros (ouderling) beskou, wat elders gebruik word (Hand 20:17,28; Tit 1:5,7).

Let op dat die ouderling se werk nie in terme van pligte as sodanig uitgespel word nie, maar as ‘n manier van leef.  Dit moet wys in sy private persoonlike gesinslewe (wat onder andere insluit dat hy een vrou sal hê en nie buite-egtelike verhoudings sal aanknoop nie), sowel as in die publieke lewe.   Dit enigste werklike verantwoordelikheid kan afgelei word uit die voorskrif dat só ‘n persoon bewaam moet wees om te onderrig.

Diakens – 3:8-13

Net so fokus Paulus op die karakter van die diakens, en nie soseer oor wat hulle in die gemeente moet doen nie.  Sy persoonlike en familielewe moet in ooreenstemming wees met sy of haar belydenis van geloof.

Vers 11 praat van vroue wat van goeie karakter sal wees en in alles betroubaar.  Die woord gunaikas word gebruik (meervoud van gune, wat ons ook in 2:9 teëgekom het).  Die woord kan weereens óf vroue in die algemeen óf vroulike eggenote beteken.  In die eerste geval kan dit met ‘n vroulike diakenamp verbind word, soos baie geleerdes dit doen, en in die tweede geval kan dit dui op die diakens se vroue wat ook mense van goeie karakter sal wees, soos ander geleerdes aandui.

Dit is nie só belangrik watter keuse ‘n mens hier maak nie, want die vraag of vroue diakens kan wees of nie, hang nie van hierdie vers se interpretasie af nie.  Om die waarheid te sê, vroue was na alle waarskynlikheid reeds voluit in die ampte van daardie tyd betrokke, Junias as apostel (Rom 16:7), en Phoebe as leraar of diaken (Rom 16:1) en nóg ander as huiskerk leiers.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Timoteus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar