1 en 2 Timoteus
Hoewel daar baie verskil van mening is onder geleerdes wanneer die briewe geskrywe is, en of dit hoegenaamd deur Paulus geskrywe is, lyk dit uit die briewe se eie interne gegewens asof die eerste brief aan Timoteus van ‘n tyd net na die gevangeniskap in Rome praat, want Paulus skryf dit waarskynlik uit Masedonië (1 Tim 1:3) in 62-63 nC. Die brief aan Titus kom waarskynlik ook uit hierdie tyd, en wel net nadat Paulus vir Titus agtergelaat het in Kreta (Tit 1:5). Dit veronderstel dat Paulus ‘n “vierde sendingreis” onderneem het deur Masedonië, Klein-Asië en Kreta, voor hy hom weer in Rome bevind. Die tweede brief aan Timoteus word duidelik weer uit die gevangenis in Rome geskryf (2 Tim 1:8, 17; 2:9) in 63-64 nC. Hierdie geskiedenis word dus nie deur die boek Handelinge beskrywe nie.
Timoteus was afkomstig van Listra en het heel moontlik tot bekering gekom met Paulus se eerste besoek daar tydens sy eerste sendingreis. Dit is die plek waar Paulus gestenig is en as’t ware uit die dood opgestaan het (Hand 14:19-20). Sy pa was ‘n Griek, en sy man, Eunice, ‘n Joodse Christen – soos trouens sy ouma Loïs ook was (Hand 16:1; 2 Tim 1:5). Met Paulus se tweede besoek aan Listra het Timoteus by Paulus aangesluit nadat hy besny is, waarskynlik omdat sy ma ‘n Jodin was. In Timoteus het Paulus ‘n jong gelowige gevind wat met oorgawe hom aan die bediening gegee het.
Timoteus is met die skrywe van die brief die pastor van Efese, die plek waar Paulus ook vroeër lank gewerk het (Hand 18-20).
‘n Kort oorsig van tekste waarin Timoteus in die NT genoem word
- Gewerf vir die evangelie in Listra op Paulus se 2de sendingreis – Hand 16:1-3
- Bedien saam met Paulus in Berea en bly in Masedonië agter – Hand 17:10-15
- Sluit aan by Paulus in Korinte – Hand 18:5
- Word genoem in Paulus se brief aan Tessalonika terwyl hulle in Korinte werk – 1 Tes 1:1; 3:2,5,6
- Word na Korinte gestuur om hulle te bedien namens Paulus, terwyl hy op sy 3de sendingreis in Efese werk – 1 Kor 4:17; 16:10
- Word weer gestuur na Masedonië op die 3de sendingreis – Hand 19:22
- Word genoem in Paulus se brief aan Korinte wat hy in Masedonië skryf – 2 Kor 1:1,19
- Word uit Masedonië gestuur na Troas – Hand 20:4
- Werk saam met Paulus in Korinte aan die einde van die 3de sendingreis, net voor hulle die dankoffer Jerusalam toe sou neem – Rom 16:21
- Word genoem as medeskrywer en dienaar van Christus in Paulus se brief aan Filippi uit Rome – Fil 1:1; 2:19,22
- Word nog drie keer in briewe genoem: Kol 1:1, Filemon 1:1 (beide uit die tronk, waarskynlik Rome)
- Beland self in die tronk, waarskynlik in Rome (Hebr 13:24), en word weer vrygelaat, hoewel ons nie enige detail daaroor het nie – Hebr 13:23.
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - December 9, 2011
- 1 en 2 Timoteus - February 13, 2012
- 1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer
- 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens - February 14, 2012
- 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter - February 15, 2012
- 1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid - February 16, 2012
- 1 Timoteus 5:1-25 – Om met oorleg mekaar te onderskraag - February 17, 2012
- 1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou - February 20, 2012
- 2 Timoteus - February 24, 2012
- 2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie
- 2 Timoteus 2:1-26 – Getrou aan Jesus Christus - February 27, 2012
- 2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord - February 28, 2012
- 2 Timoteus 4:1-22 – Getrou aan jou roeping - February 29, 2012