Skip to main content

Tag: Wie is God?

Hoe help die Heilige Gees jou? – Die belydenisskrifte

1. Lees die Heidelbergse Kategismus 1, 70, 76, en 86, asook die Dordtse Leerreëls 3-4.1.11-13. Wat leer jy oor die werk van die Heilige Gees? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Continue reading

Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23

Die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. (NLV)

1. Dit is die tweede baie praktiese manier waarop ‘n mens die werk van die Heilige Gees in jou lewe agterkom. Dink na oor jou lewe. Waar kom jy aspekte van hierdie vrug in jou lewe agter? Waarmee sukkel jy?

2. Paulus beskryf die vrug van die Heilige Gees as iets wat deur die Gees voortgebring word in ons lewe. Wat dink jy is nodig dat dit kan gebeur? Lees ‘n bietjie wyer in Galasiërs 5 om jou daarmee te help.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jou lewe in die Gees vrug sal dra. Wy jou aan Hom toe dat Hy jou gedrag bepaal.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 5 sowel as my bydrae daaroor: Galasiërs 5:13-6:17 – VRYHEID: dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges.

Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10

Daar is ’n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees. En daar is ’n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer. Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel. Aan die een gee die Gees die bekwaamheid om goddelike wysheid te verkondig, aan ’n ander gee Hy die gawe van spesiale kennis. Aan iemand anders gee hierdie selfde Gees ’n heel besondere geloof, aan nog een gee Hy gawes van genesing, aan ’n volgende een die vermoë om wonders te verrig, aan ’n ander die gawe van profesie, aan nog een die vermoë om te onderskei tussen geeste, aan iemand anders die gawe van praat in tale, aan nog een die bekwaamheid om die tale uit te lê. (NLV)

1. Daar is twee verdere praktiese maniere waarop ons die werk van die Heilige Gees in ons lewens agterkom. Die eerste is die gawes wat Hy aan elke kind van God gee. Wat is die gawes wat Hy vir jou gegee het? Hoe funksioneer dit in jou lewe?

2. Watter gawes kan jy in die gelowiges rondom jou raaksien? Hoe werk julle gawes saam om die liggaam van Christus te bou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die gawes wat Heilige Gees vir jou gegee het en besluit opnuut om dit onder sy leiding te ontwikkel en gebruik.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 1 Korintiërs 12 en my bydrae daaroor: 1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid.

Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5

As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee. Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV)

1. Paulus beskryf ons posisie voor God as een van heerlike genade. Watter gevolge het dit vir ons lewe hier? Watter gevolge het dit vir ons toekoms?

2. Een van die algemeenste ervarings van die Heilige Gees is ‘n liefde wat in ons hart uitgestort word. Hoe ervaar jy dit? Vra die Here om jou ‘n dieper ervaring daarvan te gee.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat die Heilige Gees se liefde in jou hart uitgestort is en dat jy daarom kan volhard in enige omstandigheid in hierdie lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 5 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang.

Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14

Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Raadgewer, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie. As Ek egter weggaan, sal Ek die Raadgewer na julle toe stuur. En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sy sonde, van God se regverdige oordeel, en dat die oordeel hier is. Van sonde, omdat die wêreld nie in My glo nie; van God se regverdige oordeel, om dat Ek teruggaan na die Vader toe en julle My nie meer sien nie; van veroordeling, omdat die regeerder van hierdie wêreld reeds veroordeel is. Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou ver werk nie. Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel. Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle sal meedeel. Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: “Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle meedeel.” (NLV)

1. Ons het verlede week ook na ‘n deel van hierdie teks gekyk. Die Griekse woord Paraklêtos wat hier met Raadgewer vertaal word, kan ook met Helper vertaal word. Dit is ‘n titel vir die Heilige Gees wat sy werk verduidelik as die Een wat help, die Een wat troos, die Een wat bemoedig, die Een wat intree. Dink hieroor na. Miskien help dit jou om die werk van die Heilige Gees nog beter te verstaan.

2. Die Heilige Gees sal ons in die volle waarheid lei. Wat dink jy bedoel Jesus as Hy dit sê? Waarna verwys Hy? En hoe werk dit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat die Heilige Gees jou Helper is en jou in die volle waarheid sal lei.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Johannes 16 lees en my bydrae daaroor: Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie.

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.