Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8

Dink aan die vrou van Lot!
Jesus is besig om met sy dissipels te gesels oor die koninkryk van God. Veral oor die feit dat daar dae gaan kom wat hulle verlang daarna dat die koninkryk sal aanbreek. Wat hulle die nuwe hemel en aarde sal wil beleef.
- Dit sal dae wees waarin hulle baie valse berigte oor Hom sal hoor. Dat mense ‘n valse idee van die Here Jesus sal skep en ander só sal leer. En hulle sal verlang daarna dat die waarheid sal seëvier.
- Dit sal dae wees waarin hulle sal dit sal beleef dat baie mense die Here sal verwerp soos in die dae van Noag en die dae van Lot. Dat mense die rug sal keer op God en sy gebod, en sal leef soos hulle wil. En hulle sal verlang daarna dat die afvalligheid tot ‘n einde sal kom.
Jesus stel hulle gerus met twee voorbeelde uit die verlede. Hulle kan moed skep uit die tyd van Noag en die tyd van Lot.
- Die afvalligheid in die tyd van Noag is kort geknip deur die sondvloed waar die bekende wêreld deur water vernietig is.
- Die afvalligheid in die tyd van Sodom en Gomorra is kort geknip deur die vuur en swael wat van die hemel neergereën het en die vier stede daar by die Dooie See vernietig het.
Nie dat dit maklik sal wees nie, want die einde sal kom met toestande wat sal herinner aan die tyd van Noag en die tyd van Lot.
Hulle moet volhard in geloof, want: “Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.” En Jesus herinner hulle aan Lot se vrou wat in ‘n soutpilaar verander het toe sy teruggedraai het na dít wat sy reeds agter gelaat het.
Jesus waarsku die dissipels. Moenie met verlange terugdraai na die genot van die wêreld nie, want dan sal jy die koninkryk mis. Wanneer die Seun van die mens kom, sal Hy die skape van die bokke skei, selfs al slaap hulle saam op een bed of werk hulle skouer aan skouer by die meul. Die een sal saamgeneem word en die ander een agtergelaat word.
Jesus maak dit duidelik dat ewige lewe afhanklik daarvan is of ons gereed sal wees by sy koms.
“Dink aan die vrou van Lot!”
Die gelykenis van die weduwee en die regter
Maar waarmee Jesus hulle veral wil bemoedig is om aan te hou bid, nie maar net vir hulleself nie, maar vir die koms van die koninkryk.
Dit is waarom Hy die gelykenis van die onregverdige regter vertel.
Onlangse kommentaar