Vandag lees ons die inleiding van die eerste bundel van die woorde van die wyses, sowel as die eerste 5 spreuke.
Inleiding – 22:17-21
Let op die persoonlike gesprekstyl waarin die spreuke aangebied word – “wat ek jou wil leer”. Op dieselfde wyse as wat die seun deur sy pa onderrig is om 1) na hom, sy pa, en na sy ma te luister in die eerste 9 hoofstukke, en 2) veral Vrou Wysheid aan hom voorgehou is as die stem van die Here self, só word 3) die woorde van die wyses aan hom voorgehou as ‘n stem om na te luister.
Die voordele van ‘n luister na wysheid word op drie maniere weergegee: 1) dit is lekker om wys te wees, 2) dit is lekker om self wyse woorde kwyt te raak in geselskap, en 3) dit leer hom om op die Here te vertrou. Laasgenoemde is sekerlik die belangrikste funksie van die wysheid, dat dit ‘n mens leer om op die Here te vertrou. Dít is die vers wat my vandag tref as die woord van die Here aan my – elke keer wat ek kies om na die stem van wysheid te luister, leer ek ook hoe om die Here meer en meer te vertrou met my lewe. Diep en duidelik!
Daar is 2 bundels van die gesegdes van die wyses in die boek opgeneem (22:17-24:22; 24:23-34). Die eerste bundel het ‘n inleiding (22:17-21) en dan tussen 26 en 30 spreuke van wisselende lengte, afhangende van hoe jy die spreuke indeel. Die tweede bundel is ‘n kort addendum tot die eerste een met ‘n inleiding (24:23) en 5 spreuke.
Die eerste bundel van die gesegdes van die wyses werk veral met ooreenstemmings soos ons reeds in die tweede deel van die eerste bundel spreuke van Salomo gesien het (“Moenie ‘n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie; moenie die hulpelose vertrap in die regspraak nie” – 22:22). Die kort tweede bundel werk veral met sinteses (“Iemand wat eerlik antwoord, is ‘n ware vriend.” – 24:26).
Die woorde van die wyses is in ‘n persoonlike gesprekstyl geskrywe, amper soos die gesprek wat die pa met sy seun het in die eerste nege hoofstukke. Dit is ook hier waar ‘n hele paar spreuke aangetref word wat ooreenstem met van die Egiptiese wysheidstradisies, spesifiek die tradisie van die Egiptiese wysheidsboek van Amenemope uit die 11de of 12de eeu v C. Amenemope was ‘n skrifgeleerde en moenie verwar word met ‘n latere farao wat ook dié naam gehad het nie.
Trouens, ‘n mens kan 22:20 só vertaal: “Ek skryf vir jou dertig voorskrifte neer …” wat nogal sin maak in die lig van die poging van sommige om die bundel in 30 spreuke op te deel (Martin, NIV, NCV), en in die lig van die moontlikheid dat die skrywer daarmee ‘n verband met die dertig hoofstukke van die Wysheid van Amenemope wou trek. Baie geleerdes dink selfs dat hierdie deel van Spreuke gebaseer is op die Wysheid van Amenemope.
Ons kom by die laaste 16 verse van Salomo se eerste bundel spreuke. Interessant genoeg is die aantal spreuke in hierdie versameling van hom gelyk aan die numeriese waarde van Salomo se naam: 375.
Waar Salomo nou al oor God se sorg vir die opregtes (hfst 10) geskryf het, en dat Hy ‘n toevlug is vir ons (hfst 14), uitgebrei het op die invloed van wyse woorde op welvaart (hfst 13), en die veilige ruimte wat ons integriteit vir ander gee (hfst 14), tesame met ‘n hele spektrum van ander sake, skryf hy in hierdie paar verse veral oor rykdom en armoede en die invloed wat dit op verhoudings het (22:1,2,4,7,9,16). Hy lê ook klem op die gevolge wat volg op ‘n mens se gedrag – luiheid stomp jou waagmoed af; mededeelsaamheid is tot jou eie voordeel.
Hierdie hoofstuk toon van meet af aan meer van ‘n eenheid as van die ander hoofstukke in hierdie versameling van Salomo se spreuke. Dit begin en eindig met ‘n verwoording van God se aktiewe betrokkenheid in alles wat gebeur, van die koning af regdeur tot by gewone mense (21:1-2 en 21:30-31). En 6 keer word die woord reg gebruik om die lewenstyl wat God se guns wegdra, uit te druk, veral in die sin van ‘n hoë premie te stel om goeie verhoudings oor die spektrum van die lewe te handhaaf (21:2,3,7,15,18,21). Dit verskaf die goue draad wat die spreuke by mekaar laat pas.
Die kersie op die koek – die sleutel om die hoofstuk se boodskap te verstaan – is die spreuk wat die herstel van verhoudings in God se regverdigheid sien (21:12). Sy geregtigheid motiveer ons om goeie verhoudinge te handhaaf. Ons kan Hom immers vertrou om dinge reg te stel.
Hierdie spreuke is weereens woordprentjies van die wyse lewe teenoor die dwase een. In elkeen word ‘n lewensituasie op ‘n baie bondige, maar ook boeiende manier geskilder, waarin die lewenswysheid van die Spreukedigter, Salomo, weergegee word. Die onderwerpe word uit alle lewensfere geneem: die ekonomie, die politiek, die regbank, die geestelike lewe, die gesinslewe, en die sosiale lewe.
Hier is my opsomming van die betekenis van die onderskeie spreuke, met ‘n klein bietjie kommentaar daarby:
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar