Een van die vreugdes van die boek Spreuke is dat elke vers eintlik ‘n preek op sy eie is. Elke spreuk maak vir jou ‘n wêreld van gedagtes oop om te ontgin. Die spreuke vervul daarmee dieselfde funksie as die gelykenisse van die NT, wat waarhede op ‘n pittige en stimulerende manier deel van jou lewe maak.
Ek het weereens die kernwaarheid van elke spreuk in hierdie hoofstuk probeer vasvat en opsom. En dié waarhede is al genoeg om oor na te dink, en die Here te vertrou om daardeur met jou te praat.
Hier is my opsomming van die 28 waarhede (twee verse is amper identies) wat ek in hierdie spreuke raaksien:
Hierdie hoofstuk van Spreuke lê baie klem op die waarde van woorde, maar dan meer spesifiek in terme van die kommunikasie patrone wat dit vestig. Kommunikasie maak saak! Dit kan soos diep waters wees, ‘n bron van wysheid (vers 4) óf dit kan rusie veroorsaak (vers 6,) en jou eie (vers 7,13) en ander (vers 3,5,8) se ondergang beteken.
Hier is my opsomming van die inhoud van die verse in my eie woorde – ‘n bietjie meer prosaïes as wat dit in die NAV vertaling is – om my begrip van die teks neer te pen.
Hierdie hoofstuk kan nie so maklik in temas ingedeel word as hoofstuk 16 nie. Dit lyk op die oog af na ‘n paar losstaande gedagtes. Daarom het ek probeer om die tekste eers in my eie woorde op te som om die betekenis my eie te maak. Daarna het ek begin om vir patrone en temas te kyk en ‘n paar tekste met mekaar te probeer verbind. Toe het ek probeer om sin te begin maak van die geheel van die tekste. En my verrassing was groot om in ‘n oënskynlik losstaande klomp verse ‘n diepsinnige deurlopende tema te vind. Reg aan die einde het ek ‘n teks gekies, wat hierdie tema – verhoudings maak saak – vir my die beste uitdruk, om oor na te dink met die Lectio Divina manier.
Betekenisse
Om julle mee te neem in my manier van werk met die teks, gee ek die lysie van betekenisse weer (met die verbintenisse met ander tekste in hakies), net soos ek dit aanvanklik gemaak het:
Die vorm van die spreuke van Salomo verander in hierdie hoofstuk na sinteses en ooreenstemmings, eerder as teenstellings soos dit die geval was in hoofstuk 10-15. Dit sal die geval wees tot aan die einde van hierdie eerste bundel van sy spreuke in hoofstuk 22.
‘n Mens kan die hoofstuk in 3 deel, waarvan die eerste en tweede deel ‘n duidelike tematiese samehang het, en die derde deel meer losstaande spreuke oor die wysheid bevat:
Ons kom in hoofstuk 15-16 waarskynlik by ‘n teologiese dieptepunt in die boek Spreuke. Nie net word die naam van die Here hier meer kere gebruik nie (20 keer uit die 111 keer wat die Here se persoonsnaam in Spreuke gebruik word)[1] maar die temas het ook spesifiek met God se teenwoordigheid en betrokkenheid in ons lewens te make.
Terloops: skaf vir jou ‘n gratis Bybelprogram aan vir jou rekenaar of selfoon, om sulke navorsing makliker self te kan doen: e-Sword (e-sword.net), Netbible (bible.org/netbible), Online Bible (onlinebible.org), of Youversion (youversion.com). Die meeste van hulle het toepassings (toeps of applications) vir jou selfoon of tablet en verskeie vertalings, onder andere ook Afrikaans. Daar is ook sulke sagteware teen betaling beskikbaar, bv Logos Bible Software (logos.com), en Vyrso (vyrso.com) wat die moontlikheid van soekfunksies in ander boeke in jou biblioteek insluit.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar