Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander
Om “vas te val” by ‘n gedagte
Dit is goed om “vas te val” by ‘n teks en dit diep te oordink. Jy hoef glad nie skuldig te voel dat jy nie al die ander verse goed deurdink het nie. Hier is 35 verse in die hoofstuk, en jy kan ‘n paar uur nadink net oor die eerste een, soos ek amper vandag gedoen het! Stel jou dus oop vir die werk van die Heilige Gees om dié vers of twee wat jou roer, raak te sien, en dink dan daaroor na met die Lectio Divina metode: silencio, lectio, meditatio, oratio, contemplatio, en incarnatio. Die woorde rol so lekker van ‘n mens se tong af, maar dit beteken maar net: word stil voor die Here, lees ‘n gedagte of vers deeglik, dink diep daaroor na, bid daaroor, geniet God se teenwoordigheid, en gaan leef dit.
Onlangse kommentaar