Die boek Spreuke is saamgestel uit hoofsaaklik kort stellings of spreuke (mâshâl in Hebreeus – hfst 10-31) – sommige noem dit aforismes of two‑liners (teenstellings, ooreenstemmings en sinteses). Daar is ook langer uitgebreide gesegdes en numeriese spreuke (veral in hfst 30-31), sowel as die inleiding wat ‘n hele paar langer wysheidsgedigte bevat wat in die raamwerk van ‘n uitgebreide gesprek tussen ‘n pa en sy seun opgeneem is (hfst 1-9).
Hierdie spreuke vang lewenswaarhede of –wyshede vas sodat jy daaruit die beginsels van die lewe kan leer ken, met groter onderskeiding jou eie en ander se gedrag kan beoordeel en met meer oorleg kan leef (1:2). Hierdie versameling God-gegewe oortuigings, oor die breë spektrum van die lewe, is daarom ‘n goudmyn van slagspreuke vir die lewe: “the scrapbook of common grace” (Martin).[1]
Ek het ‘n navraag gekry oor die betekenis van salwingin die Bybel. Hier is ‘n kort verduideliking daarvan:
Salwing met (olyf)olie is op verskillende wyses in ou Israel gebruik as simbool van toewyding vir voorwerpe (Eks 40:9–11 – die tabernakel, die altaar en ander voorwerpe), priesters (Lev 8:12, 30), en konings (1 Sam 10:1; 1 Kon 1:39). Die salwing met olie simboliseer in die OT dus veral die amptelike bevestiging of toewyding van iets of iemand aan die Here. Dit is nou benewens die gebruik van olie in die kosmaak proses (1 Kon 17:12), as medisyne en as salf vir sere (Jes 1:6; Mark 6:13; Luk 10:34) by die versorging van die liggaam (2 Sam 12:20; Ps 104:15) en as offer (Eks 29:40; Lev 8:26; Num 7:19) . Olie simboliseer ook voorspoed en oorvloed (Deut 33:24; Job 29:6; Eseg 16:13).
Die OT praat ook van ‘n salwing met die Heilige Gees wat die ontvanger bemagtig en toerus vir sy werk en roeping (Jes 61:1). Dit is ook wat gebeur het met die kerk in die NT toe die Heilige Gees uitgestort is (Hand 2). Só is gelowiges gesalf/bemagtig vir die taak wat God vir hulle in sy koninkryk gehad het (1 Joh 2:22 – “Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle almal ken die waarheid” -vgl ook vers 27).
Jesus word natuurlik by uitstek in die NT die Gesalfde genoem (Luk 2:26), wat in Aramees met Messias en in Grieks met Christus weergegee word. Al drie hierdie name: Gesalfde, Messias en Christus, beteken dus dieselfde, dat Jesus deur God as Verlosser van die wêreld gesalf en bemagtig is (Luk 4:18-19; Hand 10:38). Dit is wat Petrus ook van Jesus bely: “U is die Christus” (Mark 8:29).
Die NT noem gelowiges natuurlik ook gesalfdes, omdat ons volgelinge van Christus is (2 Kor 1:21). Die Heidelbergse Kategismus vra in Vraag en Antwoord 32: “Waarom word jy ’n Christen genoem ?”, en antwoord: “Omdat ek deur die geloof ’n lid van Christus is en daardeur deel aan sy salwing het, sodat ek sy naam kan bely, myself as ’n lewende dankoffer aan Hom kan toewy en in hierdie lewe met ’n vrye gewete teen die sonde en die duiwel kan stry en hierna met Christus in ewigheid oor alle skepsels kan regeer.” Christen beteken dus beide om ‘n volgeling van Christus en ‘n gesalfde van Christus te wees.
Salwing met olie is ook deur die dissipels gebruik in die proses om siekes gesond te maak, dit waarvoor die Here hulle uitgestuur en bemagtig het (Mark 6:13). Hierdie salwing met olie was aan die een kant die benutting van ‘n bekende geneesmiddel, maar ook ‘n simbool van die genesing wat God deur Sy Gees gee.
Dit is waarskynlik ook waarom salwing met olie gebruik is as deel van die gebed om genesing deur ouderlinge (Jak 5:14). Omdat olie as ‘n geneesmiddel geag was, was dit ook ‘n kragtige simbool om te benut in die gebed om genesing.
Salwing het dus ‘n geestelike betekenis waar dit aan die werk van die Heilige Gees verbind word, en as deel van ‘n gebedsaksie gebruik word. Die krag lê natuurlik nie in die olie nie, maar in die Heilige Gees en in die gebed. Gebed sonder olie is daarby net so kragtig, soos vele plekke in die Bybel dit vir ons uitspel (bv Jak 5:16). Salwing (met olie) kan ook in terme van die OT gebruik as ‘n simbool van toewyding benut word, hoewel hande oplê ook dié simboliese funksie kan verrig.
Die boek Spreuke is saamgestel uit hoofsaaklik kort stellings of spreuke. Hierdie spreuke vang lewenswaarhede of –wyshede vas sodat jy daaruit die beginsels van die lewe kan leer ken, met groter onderskeiding jou eie en ander se gedrag kan beoordeel en met meer oorleg kan leef (1:2). Hierdie versameling God-gegewe oortuigings, oor die breë spektrum van die lewe, is daarom ‘n goudmyn van slagspreuke vir die lewe: “the scrapbook of common grace” (Martin).
Praktiese benadering tot die lewe
Spreuke leer jou die geheim ken van die lewe coram Deo (voor God), sodat jy met wysheid en oorleg kan leef (1:3) en die dwaasheid kan vermy (1:7).
Spreuke wil jou inspireer om die wysheid na te jaag, nie net in terme van wat in die boek self opgeteken is nie, maar ook om ons eie oortuigings in ons lewe saam met God en mekaar te vind en formuleer. Die boek werk nie soseer met groot of abstrakte teorieë of selfs godsdiens-kategese as sodanig nie, maar met ‘n doodgewone common sense praktiese benadering tot die lewe voor God en die wêreld, geïllustreer met vele stories, beelde, onthoubare slagspreuke en gesegdes. Maclaren beskryf die boek daarom as “portable medicine for the fevers of youth” en voeg by dat dié medisyne werk of jy die dokter ken of nie (Zondervan Bible Commentary, 654)!
Bou jou kapasiteit vir wysheid
Met die waarhede en wyshede van die boek Spreuke as gids kan ook jy ‘n ekspert in die lewe word! In die proses bou Spreuke jou kapasiteit vir wysheid, en vir wyse gedrag. Kom leer by die wyses uit die verlede sodat jy nie net self wys kan leef nie, maar ook ‘n wyse kan word.
Registreer by bybelskool.com (Widget aan die regterkant: Gebruikers/registreer) om die dagstukkies elke weeksdag te ontvang. Eerste dagstukkie 25 Julie.
Skryf in by die Somerstrand kerkkantoor (0415835115) om die byeenkomste Woensdagaande te kan bywoon (tot 12 Sept). Eerste byeenkoms Woensdag 25 Julie 18:30
Ons lees DV die boek Spreuke by bybelskool.com in die derde kwartaal 2012. Die eerste bydrae word beplan vir Woensdag 25 Julie en word dan elke weeksdag opgevolg met ‘n bydrae vir die volgende 6 weke. Ons sal min of meer teen ‘n hoofstuk ‘n dag vorder.
Die leeswerk uit Spreuke fokus op die praktiese wysheid wat die Here ons wil leer. My gebed is dat elkeen van ons ‘n paar lewenswaarhede sal leer wat ons lewens kan verryk en verander. Dit is dinge soos:
“Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” – 3:6.
“Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind” – 10:9.
“Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ‘n oomblik” – 12:19.
“‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam” – 15:1
“Liewer min hê en reg lewe, as baie inkomste hê deur onreg” – 16:8.
“Wie ‘n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie ‘n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende” – 17:9.
“Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer” – 18:12.
“As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van ‘n arm mens, sal jý ook nie antwoord kry as jý roep nie” – 21:13.
“‘n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly” – 27:5.
Indien jy nog nie geregistreer het nie, doen dit sommer nou: REGISTREER. Dan sal jy bydraes telkens ‘n dag vooruit ontvang per e-pos, voordat dit hier by die webtuiste gepubliseer word.
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar