Skip to main content

Tag: Levitikus

Levitikus 22 – Die priesters moes sorg dat alle offers vir God aanneemlik is

Levitikus 22:1-16 handel oor ‘n vierde riglyn vir die priesters, naamlik hoe hulle die kos wat vanaf die offers aan hulle toegedeel is, moes hanteer en wie dit mag eet.  Die gedagte was dat die priesters nougeset sorg dat die offers vir die Here aanneemlik is, en dat die priesters se lewenskoste daaruit voorsien word.  Levitikus 22:17-33 handel oor die voorskrifte vir die offers wat die aanvaarbaarheid al dan nie van diere met allerlei gebreke gereël het.  God se heiligheid moes ten alle koste beskerm en bevestig word.

Continue reading

Levitikus 21 – Voorskrifte vir priesters rondom die dood, die huwelik en gestremdheid

Waar Levitikus 18 meer op families gerig was, Levitikus 19 op ‘n uitleg van die Tien Gebooie en Levitikus 20 meer op die gemeenskap, vervolg die Here met twee verdere stelle voorskrifte rondom heiligheid.

  • Die eerste is die voorskrifte waaraan alle priesters hulleself moet hou om heilig voor God te kan lewe en bedien, in terme van die dood en die huwelik, waarin die hoëpriester spesiaal uitgesonder word – 21:1-15.
  • Die tweede is die voorskrifte waaraan die hoëpriester homself moet hou in terme van homself – strenger voorskrifte rondom die dood en die huwelik – en sy nageslag en opvolgers – voorskrifte rondom gestremdheid – om nie die Tabernakel in die teenwoordigheid van die Here te ontheilig nie – 21:16-24.

Families en die gemeenskap is alreeds opgeroep om in alles heilig te lewe.  Die verantwoordelikheid van die priesters en hoëpriester om heilig te lewe, was selfs nog groter en meer omvattend.

Continue reading

Levitikus 20 – Die hele gemeenskap moet sorg dat God se voorskrifte nagekom word

Levitikus 20 sit die uitleg van die Tien Gebooie voort in die eerste agt verse met spesifieke verwysing na afgode, (voorvader)geeste en waarsêers – 20:1-8.  Daarna keer dit terug na die seksuele oortredings wat in Levitikus 18 genoem is – 20:9-21.  Dit sluit af met ‘n opsommende opmerking oor al die wette van Levitikus 18-20 dat dié voorskrifte gehoorsaam en uitgevoer moet word sodat die Israeliete nie in dieselfde strik val as die Kanaäniete wat weens hulle sondige seksuele en afgodiese gebruike uit die land gedryf is nie – 20:22-27.

Waar die voorskrifte oor seksuele gedrag in Levitikus 18 egter meer pastoraal van aard was met die oog daarop dat elke familie hulle daaraan sou hou, wil dit voorkom asof Levitikus 20 baie meer formeel gerig is op die hele gemeenskap van Israel om hulle nie net te waarsku teen ongeoorloofde seksuele gedrag nie, maar ook die publieke hantering daarvan deur steniging, verbranding of verbanning uit te spel.

Levitikus 18 was dus meer vir die families bedoel. Levitikus 20 was meer vir die gemeenskap bedoel.  Waar dit in ‘n familie nog moontlik was om hierdie dinge geheim te hou, was dit in die gemeenskap onmoontlik.  Almal het die verantwoordelikheid gehad om te waak oor die seksuele gedrag in die gemeenskap en was ook verplig om by die uitvoering van die strafmaatreëls betrokke te raak.

Continue reading

Levitikus 19 – Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig

Dit is insiggewend dat Levitikus 19 ingebed is tussen die voorskrifte oor allerhande ongeoorloofde seksuele verhoudings in Levitikus 18 en die soortgelyke ongeoorloofde seksuele verhoudings met hulle strawwe in Levitikus 20.  Dit dra die betekenis dat heiligheid in die huwelik van onskatbare belang is vir die geloofsgemeenskap in die lig van die volle boodskap van die Tien Gebooie uit Eksodus 20, want ons vind elke enkele een van die Tien Gebooie hier gereflekteer.  Daarom begin Levitikus 19 met die oorhoofse beginsel: “Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig.

Die hele uitleg van die Tien Gebooie in hierdie hoofstuk word dus op God se heiligheid gebaseer.  Die voorskrifte word egter nie in die volgorde van die Tien Gebooie gegee nie.  Trouens, dit is baie moeilik om die hantering van die voorskrifte in ‘n sinvolle struktuur te orden.

Dit wil voorkom asof daar ‘n losserige tematiese samehang is rondom voorskrifte vir:

  1. aanbidding – eerste tafel van die wet rondom afgode, sabbat en die skuldoffers van Levitikus;
  2. verhoudings – tweede tafel van die wet rondom steel, leuens, bedrog, berowing, haat, wraak, armes, vreemdelinge, en selfs landbou;
  3. regspraak – wat onpartydig, regverdig, en billik moet wees (Hartley).

Maar selfs in só ‘n indeling is dit eintlik die verbintenis aan die Tien Gebooie wat deurslaggewend is, soos gesien kan word dat die regspraak eintlik ook met die tweede tafel van die wet te make het.

Continue reading

Levitikus 18 – Enige seksuele verhouding buite die huwelik word afgekeur

Die voorskrifte oor seksuele oortredings in Levitikus 18 word ingelei deur ‘n waarskuwing dat die Israeliete vanweë God se verhouding met hulle nie op seksuele gebied volgens die gebruike van óf Egipte vanwaar hulle getrek het, óf Kanaän waarheen hulle op pad is, mag optree nie.  Die gebruike en bepalinge van die  Egiptenare en Kanaäniete rondom seksuele verhoudings, vrugbaarheidsgebruike en alternatiewe patrone van familieverbintenisse mag hulle nie navolg nie, net dié wat die Here vir hulle as voorskrifte gaan gee.

Die maatstaf van rein en onrein word gebruik binne beide die polariteit van lewe en dood, normaal en abnormaal.  Seks hoort in die huwelik tussen man en vrou. Dit is die normale plek waar dit beoefen moet word.  Dit bring lewe.  Enige seks buite die huwelik is dus abnormaal, maak ‘n mens onrein en word afgekeur.  Dit bring die dood.

Trouens, dit is juis vanweë die onsedelike praktyke van die Kanaäniete wat die Here hulle uit die beloofde land gedryf het en die Israeliete daar sou vestig, dinge soos dié waaraan Sodom en Gomorra hulle skuldig gemaak het (Gen. 19).  Die Here het die land beveel om die heidene uit te spoeg, omdat hulle skandelike, afstootlike en afskuwelike seksuele praktyke beoefen het.  Dieselfde lot sou die Israeliete tref as hulle hulleself ook skuldig sal maak aan hierdie seksuele praktyke: “Hou julleself rein.  Ek is die Here julle God.” (Lev. 18:30).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders