Skip to main content

Tag: Leesrooster 2021

HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25

1Die wet bevat immers net ‘n afskaduwing van die toekomstige goeie dinge, nie ‘n presiese weergawe daarvan nie. Daarom kan dit nooit deur dieselfde offers, wat onophoudelik jaar ná jaar gebring word, diegene wat kom aanbid, tot volmaaktheid bring nie. 2Sou hulle nie andersins opgehou het om offers te bring, omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou hê nie? 3Maar deur dié offers word hulle nou jaarliks aan hulle sondes herinner; 4want die bloed van bulle en bokke kan onmoontlik sondes wegneem.

5Daarom sê Hy met sy koms na die wêreld:

“Offerande en offergawe

wou U nie hê nie,

maar ‘n liggaam het U vir My voorberei;

6ja, brandoffers en reinigingsoffers

het U nie tevrede gestel nie.

7Toe het Ek gesê,

‘Kyk, hier is Ek om u wil te doen, o God!

Dit is in die boekrol oor My geskryf.’ ”

8Eers sê Hy hierbo,

“Offerandes en offergawes”,

en “brandoffers en reinigingsoffers

wou U nie hê,

en het U nie tevrede gestel nie” –

dit is wat volgens die wet geoffer word. 9Dan sê Hy:

“Kyk, hier is Ek om u wil te doen!”

Hy beëindig die eerste, sodat Hy die tweede tot stand kan bring. 10Volgens sy wil is ons heilig gemaak deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, eens en vir altyd.

11Elke priester staan wel dag vir dag en diens doen, en bring oor en oor dieselfde offers, wat nooit in staat is om sondes weg te neem nie; 12maar toe Christus vir altyd een offer ter wille van sondes gebring het, het Hy aan die regterhand van God gaan sit. 13Sedertdien wag Hy totdat sy vyande ‘n voetbank vir sy voetegemaak word. 14Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak.

15Ook die Heilige Gees getuig teenoor ons; want nadat Hy gesê het,

16“Dit is dan die verbond

wat Ek ná daardie dae

met hulle sal sluit, sê die Here:

Ek sal my wette in hulle harte gee,

en dit op hulle verstand neerskryf,”

sê Hy ook:

17“Aan hulle sondes

en aan hulle wettelose dade

sal Ek glad nie meer dink nie.”

18Waar daar vergifnis hiervoor is, word ‘n offer vir sondes nie meer gebring nie.

OPROEP EN WAARSKUWING

19Broers, ons het dus vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te gaan na die heiligdom, 20langs ‘n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geopen het deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam, 21en ons het ‘n groot Priester oor die huis van God. 22Laat ons daarom ingaan met ‘n opregte hart, in volle geloofsekerheid, met ons harte besprinkel, vry van ‘n slegte gewete, en ons liggame gewas met skoon water.23Laat ons styf vashou aan die belydenis van wat ons hoop, sonder om af te wyk, want Hy wat die belofte gemaak het, is getrou. 24Laat ons ons ook daarop toelê om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade, 25sonder om ons eie samekoms te verwaarloos, soos sommige se gewoonte is; laat ons eerder mekaar aanmoedig, soveel te meer nog namate julle dié dag sien nader kom!

26Want as ons willens en wetens aanhou sonde doen, nadat ons kennis van die waarheid ontvang het, bly daar nie meer ‘n offer vir ons sondes oor nie, 27maar wel ‘n verskriklike verwagting van oordeel en intense vuur, wat God se teenstanders gaan verteer. 28Wanneer iemand die wet van Moses verwerp het, het hy gesterf op grond van twee of drie se getuienis, sonder genade. 29Hoeveel erger straf dink julle sal iemand verdien wat die •Seun van God vertrap het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, gering geag het, en die Gees van genade uitgedaag het? 30Want ons ken Hom wat gesê het:

“Aan My behoort die wraak;

Ek sal vergeld.”

en ook:

“Die Here sal sy volk oordeel.”

31Verskriklik is dit om te val in die hande van die lewende God!

32Maar onthou die vroeër dae toe julle, nadat julle verlig is, ‘n geweldige stryd van lyding deurstaan het. 33Aan die een kant is julle deur beledigings en deur verdrukking openlik bespotlik gemaak; aan die ander kant het julle julle vereenselwig met dié wat so behandel word. 34Ook het julle met die gevangenes medelye gehad, en die beslaglegging van julle besittings met vreugde aanvaar, omdat julle weet dat julle ‘n beter en blywende besitting het. 35Julle moet dus nie julle vrymoedigheid prysgee nie; dit hou ‘n groot beloning in. 36Julle het inderdaad volharding nodig, sodat julle, wanneer julle die wil van God gedoen het, die belofte kan verkry.

37Want nog net

“’n baie kort rukkie,

en Hy wat kom, sal kom

en nie talm nie.

38My regverdige sal deur geloof leef.

As hy hom egter sou onttrek,

het Ek geen behae in hom nie.”

39Maar ons is nie deel van enige onttrekking wat tot ondergang lei nie, maar van die geloof wat lei tot behoud van die lewe. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

1 SAMUEL 2:1-10

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

1 SAMUEL 2:1-10

HANNA SE GEBED

21Hanna het gebid en gesê:

“My hart juig in die Here,

ek is sterk in die Here.

Ek maak my mond wyd oop

teenoor my vyande,

want ek verheug my in u verlossing.

2“Niemand is heilig soos die Here nie,

ja, daar is niemand buiten U nie;

daar is geen rots soos ons God nie.

3Julle moet nie verwaand bly praat nie,

nie vermetele woorde

oor julle lippe laat kom nie;

want ‘n God van kennis is die Here;

deur Hom word dade geweeg.

4“Die boë van helde is verpletter, 

maar dié wat struikel,

omgord hulleself met krag.

5Hulle wat versadig was,

verhuur hulleself vir brood,

maar hulle wat honger was,

het oorvloed.

Selfs die onvrugbare

gee geboorte aan sewe,

maar die vrou met baie seuns

kwyn weg.

6“Die Here maak dood

en Hy maak lewend;

Hy laat na die •doderyk afdaal

en Hy laat daaruit opkom.

7Die Here maak arm

en Hy maak ryk;

Hy verneder,

ook verhoog Hy.

8Hy laat armes uit die stof opstaan,

van die ashoop af

hef Hy behoeftiges op

om hulle by vooraanstaandes te laat sit

en ‘n ereplek hulle erfdeel te maak.

Ja, aan die Here behoort die fondamente

van die aarde,

Hy het die wêreld daarop geplaas.

9“Die voete van sy troue volgelinge

beskerm Hy,

maar goddeloses –

in duisternis word hulle vernietig.

“Ja, dit is nie deur krag

dat iemand seëvier nie.

10Die Here –

wie teen Hom te staan kom,

word verpletter;

oor hulle laat Hy dit dreun

uit die hemel.

Die Here spreek reg tot by

die uithoeke van die aarde.

Hy gee krag aan sy koning,

Hy gee sterkte aan sy gesalfde.”

11Daarna het Elkana na Rama gegaan, na sy huis toe. Die seuntjie was egter in diens van die Here onder toesig van Eli, die priester. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

1 SAMUEL 1:4-20

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

1 SAMUEL 1:4-20

SAMUEL SE GEBOORTE

11Daar was ‘n sekere man uit Ramatajim Sofim, in die heuwelland van Efraim. Sy naam was Elkana, seun van Jerogam, seun van Elihu, seun van Togu, seun van Suf, uit Efraim. 2Hy het twee vroue gehad. Die eerste vrou se naam was Hanna en die tweede vrou se naam was Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.

3Hierdie man het jaar ná jaar uit sy dorp opgegaan om te aanbid en vir die Here, Heerser oor alle magte, offers te bring in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pinehas, priesters van die Here was.

4Wanneer Elkana die dag geoffer het, het hy vir sy vrou Peninna en vir al haar seuns en dogters dele van die offervleis gegee. 5Maar vir Hanna kon hy net een deel gee – al het hy haar liefgehad – want die Here het haar moederskoot gesluit. 6Haar mededinger het haar ook erg getreiter om haar seer te maak, omdat die Here haar moederskoot gesluit het.

7So het dit jaar ná jaar gegaan. Elke keer as Hanna opgegaan het na die huis van die Here, het Peninna haar só getreiter dat sy gehuil het en nie wou eet nie. 8Elkana, haar man, het op ‘n keer vir haar gesê: “Hanna, hoekom huil jy? Hoekom eet jy nie? Hoekom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”

9Nadat hulle daar in Silo klaar geëet en gedrink het, het Hanna opgestaan. Eli, die priester, het op die stoel by die deurkosyn van die •tempel van die Here gesit. 10Sy was bitter ongelukkig en het tot die Heregebid terwyl sy onbedaarlik huil. 11Sy het ‘n gelofte afgelê en gesê: “Here, Heerser oor alle magte, as U tog net die ellende van u slavin wil raaksien en aan my sal dink en u slavin nie sal vergeet nie, en as U aan u slavin ‘n manlike nasaat sal gee, dan sal ek hom aan U, Here, teruggee so lank hy leef. ‘n Skeermes sal nooit oor sy kop gaan nie.”

12Terwyl Hanna so aanhou bid voor die Here, het Eli haar mond dopgehou. 13Maar Hanna self was besig om in haar hart te praat – net haar lippe het beweeg en haar stem was onhoorbaar. Eli het gedink sy is dronk. 14Eli sê toe vir haar: “Hoe lank nog gaan jy dronk bly? Raak ontslae van jou wyn!”

15Maar Hanna het geantwoord en gesê: “Nee, my heer! Ek is ‘n vrou met ‘n swaar gemoed. Wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my hart voor die Here uitgestort. 16Moet my, u slavin, nie as ‘n slegte vrou beskou nie, want dit is oor my kommer en ontsteltenis wat ek so lank gepraat het.”

17Eli het haar geantwoord en gesê: “Gaan in vrede! Die God van Israel sal jou versoek, dit wat jy van Hom gevra het, toestaan.”

18“Mag u slavin genade vind in u oë,” het sy gesê.

Die vrou is toe daar weg. Sy het geëet, en haar gesig was nie meer droewig nie. 19Hulle het vroeg die volgende môre opgestaan, voor die Here in aanbidding gebuig, en weer na hulle huis in Rama gegaan.

Elkana het met sy vrou Hanna gemeenskap gehad, en die Here het aan haar gedink. 20Met die draai van die jaar was Hanna swanger en het sy aan ‘n seun geboorte gegee. Sy het hom Samuel genoem, “want,” het sy gesê, “van die Here het ek hom gevra”.

WYDING VAN SAMUEL AAN DIE HERE

21Hierdie man, Elkana, en sy hele gesin het weer opgegaan om aan die Here die jaarlikse offer en ook sy gelofte-offer te bring. 22Hanna het nie saam opgegaan nie, maar het vir haar man gesê: “Nadat die seun gespeen is, sal ek hom bring, sodat hy voor die Here kan verskyn en vir altyd daar bly.”

23Haar man, Elkana, het vir haar gesê: “Maak soos jy goedvind. Bly maar totdat jy hom gespeen het. Mag die Here net sy woord gestand doen.” Die vrou het toe tuis gebly en haar seun gevoed totdat sy hom gespeen het.

24Nadat sy hom gespeen het, het sy met hom opgegaan, met ‘n driejaaroud bul, ‘n efa meel en ‘n kruik wyn. Sy het hom as ‘n jong seuntjie na die huis van die Here in Silo geneem. 25Hulle het die bul geslag en die seuntjie na Eli geneem.

26Sy het gesê: “Asseblief, my heer! So seker as wat u leef, my heer, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid. 27Vir hierdie seun het ek gebid, en die Here het my versoek, dit wat ek van Hom gevra het, toegestaan. 28Op my beurt staan ek hom nou aan die Here af. Solank as wat hy leef, is hy geleen aan die Here.”

Hulle het toe daar voor die Here in aanbidding gebuig. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

MARKUS 12:38-44

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

MARKUS 12:38-44

WAARSKUWING TEEN DIE SKRIFKENNERS

(Matt 23:1-36; Luk 20:45-47)

38In sy lering het Jesus gesê: “Pasop vir die skrifkenners! Hulle hou daarvan om met lang stolas rond te loop, op die markpleine begroet te word, 39en die voorste sitplekke in die sinagoges en ereplekke by die feesmaaltye in te neem. 40Hulle verslind die huise van die weduwees, en vir die skyn bid hulle lang gebede. Hulle sal ‘n swaarder oordeel ontvang.”

OFFERGAWE VAN DIE ARM WEDUWEE

(Luk 21:1-4)

41Jesus het oorkant die offergawekis gesit en kyk hoe die skare kopermunte in die offergawekis gooi. Baie rykes het baie ingegooi. 42‘n Arm weduwee het gekom en twee lepton, wat saam ‘n kwadrant werd is, ingegooi. 43Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Amen, Ek sê vir julle dat hierdie weduwee, wat brandarm is, meer ingegooi het as almal wat geld in die offergawekis gegooi het. 44Want almal het uit hulle oorvloed ingegooi, maar sy het ten spyte van haar behoeftigheid alles ingegooi wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud.”

Teks en konteks

Continue reading

HEBREËRS 9:24-28

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

HEBREËRS 9:24-28

CHRISTUS SE VOLMAAKTE OFFER

23Dit was dus nodig dat die afbeeldings van wat in die hemele is, deur hierdie dinge gereinig word – maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. 24Want Christus het nie ‘n mensgemaakte heiligdom, ‘n nabootsing van die ware een, binnegegaan nie, maar die hemel self, om nou ter wille van ons voor God te verskyn; 25ook nie sodat Hy Homself herhaaldelik sou offer nie – anders as die hoëpriester, wat jaar ná jaar in die Heilige met ‘n ander se bloed ingaan – 26aangesien Hy dan dikwels, van die grondlegging van die wêreld af, sou moes ly. Maar nou, by die volheid van die tye, het Hy eens en vir altyd verskyn om met sy offer die sonde ter syde te stel. 27En net soos dit bestem is vir mense om slegs een maal te sterf, en daarna kom die oordeel, 28so sal •Christus, nadat Hy eenmalig geoffer is om die sondes van baie te dra, ‘n tweede maal verskyn aan hulle wat Hom verwag, nie weens sonde nie, maar om hulle te verlos.

Teks en konteks

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda