Skip to main content

Tag: Johannes

Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk

RUS

  • Ek raak stil voor die Here na ’n besige dag en laat sy vrede van my hart besit neem.

HOOR

  • Ek lees hierdie baie bekende Skrifgedeelte en vra dat die Here my insig sal verdiep.
Dit tref my dat hierdie gebed in Johannes eintlik die rol inneem van die gebed wat Jesus in Getsemane gebid het, en waar sy dissipels nie wakker kon bly nie.  Dit is sy finale aardse gebed (en lering) vir die dissipels.  Hierna sou Hy as Hoëpriester hemelse gebede bid vir hulle (Hy is daar ons Voorspraak – 1 John 2:1; Hy leef daar vir altyd om vir ons in te tree – Heb 7:25; Hy pleit daar vir ons [nes die Gees in ons harte] waar Hy sit aan die regterhand van God – Rom 8:34).  En die inhoud van die gebed is net so omvattend soos die Ons Vader wat Jesus aan sy dissipels geleer het.

Continue reading

Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie

RUS

  • Ek raak stil voor die Here en wy my aan Hom toe.

HOOR

  • Ek lees Johannes 16.  Die volgende aspekte tref my:
Die hoofstuk val in vier dele uiteen: 

  • In aansluiting by die vorige waarskuwing dat die wêreld hulle sal haat, moedig Jesus hulle aan om nie afvallig te raak weens vervolging nie – 16:1-4;
  • Jesus belowe dat die Heilige Gees sal kom wat die gelowiges in die volle waarheid sal lei – 16:5-15;
  • Jesus gebruik beeldspraak om sy opstanding na ’n “klein rukkie” te voorspel wat tot groot blydskap vir hulle sal lei asook vrymoedigheid in gebed – 16:16-24;
  • Jesus moedig hulle weereens aan om moed te hou, want Hy het die wêreld klaar oorwin en hulle sal die vrug daarvan geniet – 16:25-33.

16:1-4: Dit tref my hoe pertinent Jesus die dissipels waarsku om nie afvallig van Hom te raak nie.  Om Jesus te volg, is nooit eenvoudig nie.  Daarvoor sal daar altyd te veel teenstand wees teen die ware gelowiges wat aan Jesus getrou wil bly.  En in die dissipels se geval sal die teenstand kom van die Joodse leiers (ban uit die sinagoges) en die Romeinse ryk (vervolging het amper 4 eeue voortgeduur).

Continue reading

Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe

RUS

  • Dit is ’n mistige oggend en ek dra die dag aan die Here op.

HOOR

  • Ek lees Johannes 15.  Die volgende aspekte tref my:

Die hoofstuk val in drie dele uiteen:

  • Jesus is die ware wynstok – die Een in Wie hulle moet bly om vrug te dra – 15:1-8;
  • Jesus het hulle uitgekies om vrug te dra – hulle sal dit doen deur mekaar lief te hê – 15:9-17;
  • Soos die wêreld Jesus gehaat het, sal die wêreld hulle ook haat – Jesus stuur vir hulle die Heilige Gees wat hulle in hul getuienis sal bystaan – 15:18-27.

15:1-8: Jesus word hier gekontrasteer met die volk Israel.  In die OT is Israel baie keer met ’n wingerdstok of wingerd vergelyk (Ps 80:9–16; Jes 5:1–7;  Jer 2:21;  Eseg 19:10–14;  Hos 10:1).  Waar Israel egter ’n wilde wingerdstok geword het (Jer 2:21), is Jesus die ware wingerdstok, dié Een uit wie die wingerd van God sal groei en gedy.

Continue reading

Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het

RUS

  • Dit bly heerlik om die natuur waar te neem terwyl ’n mens stil raak voor die Here.  Ek kyk nou uit op ’n tuin gebaai in sonlig, met sagte geluide wat van buite af inkom in die vertrek.
  • Ek loof die Here vir sy voorsiening en sorg en vandag veral dat Hy alles onderhou.

HOOR

  • Ek lees die gedeelte in Johannes en die volgende aspekte tref my:
Jesus sluit aan by die aanwysing van Judas as sy verraaier en intensifiseer sy gesprek met die oorblywende dissipels, waarskynlik in die eerste plek om hulle geloof te versterk, en hulle te verseker dat dieselfde lot hulle nie sal tref as vir Judas nie:
  • Liefde vir mekaar sal dissipels se uitstaande kenmerk wees (in teenstelling met Judas) – 13:31-35;
  • Hierdie liefde sal onder druk kom – soos in die geval van Petrus vir Jesus (Joh 18:25–27) – maar uiteindelik seëvier – 13:36-38;
  • Jesus gaan na sy Vader toe en word daardeur die weg en die waarheid en die lewe vir elkeen wat in Hom glo – 14:1-14;
  • Jesus gee hulle die Heilige Gees waardeur God self by hulle Sy intrek sal neem – 14:15-31.

13:31-35 en 36-38: Die punt van hierdie hele gesprek van Jesus is dat liefde bo-oor alles geskryf moet staan.  Dit moet die uitstaande kenmerk van ’n dissipel van Jesus wees.  Dit moet alles deursuur wat ons doen en sê.  Daar moet niks in die pad staan van ’n lewe in liefde nie.  En dit beteken, in die konteks van Jesus se naderende dood, dat ’n mens selfs bereid moet wees om jou lewe vir ander af te lê.  Dit is ook die punt wat later in hoofstuk 17 oor eenheid gemaak sal word – niks mag in die pad van die eenheid staan nie.  En niks mag in die pad van liefde staan nie.

Continue reading

Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels

RUS

  • Ek sit by die venster en uitkyk na ’n grou bewolkte hemel.  Raak bewus van hoe afhanklik ons van God is vir alles wat belangrik is.
  • Bely my afhanklikheid van Hom.

HOOR

  • Ek lees Johannes 13 en die volgende val my op:

Die gedeelte beslaan twee hoofdele:

  • Jesus wat die Paasfees met sy dissipels vier en hulle wys hoe gemeenskap werk deur die voetewas simboliek – 13:1-17, en
  • Judas wat as Jesus se verraaier aangewys word – 13:18-30.
13:1-17: Johannes herinner ons daaraan dat Jesus doelbewus na Jerusalem gekom het vir die kruispad wat vir Hom voorgelê het.  Dit plaas sy lering in hoofstuk 14 – dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is – ook in ’n heel ander lig.  Waar ons Hom volg – as die weg – daar sal ons ook bereid moet wees om sy lydenspad te volg.

Dit is waarom Johannes ook klem lê op die uiterste liefde wat Jesus vir sy mense gehad het.  Dit is waarom Hy bereid is om die lydenspad te kies en te loop.  Maar, hy herinner ons ook daaraan dat Jesus dit kon doen, omdat Hy vas oortuig was dat God in beheer was van alles, en dat Hy die belofte gehad het dat Hy weer sal opstaan en na God toe sal teruggaan.  Dit is ook die kern van ons hoop – dat hierdie Jesus met dié belofte geleef het, die belofte as waar bewys het met sy eie opstanding, en daarom vir ons belofte van die opstandig en die lewe word.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda