5 boeke/briewe in die NT word aan Johannes toegeskryf: 1 evangelie, 3 briewe en die Openbaring.
Daar is groot onderlinge ooreenkomste in taal, styl en beelde. Die 3 briewe van Johannes kan bv. die beste verklaar word wanneer dit saam met die evangelie van Johannes gelees word en uit daardie hoek verklaar word. Die Openbaring van Johannes gebruik unieke Johannese beelde: Jesus as die Woord (Logos – Joh 1:1; Open 19:13), die Lam (Joh 1:29, 36; Open 5:6-13 en nog verskeie ander plekke), en die Herder (Joh 10:1; Open 7:17).
Hoewel daar ook verskille is (in die evangelie word die woord amnos en in die Openbaring die woord arnion vir Lam gebruik) maak die ooreenkomste dit waarskynlik dat al 5 boeke/briewe uit die pen van dieselfde skrywer of ten minste redaksie-skool afkomstig is (Du Rand).
Die apostel Johannes, een van die seuns van Sebedeus (Mark 1:16-20), die sogenaamde “seuns van die donder” (Mark 3:17), word gewoonlik as die skrywer van die inhoud van die evangelie van Johannes aangedui, soos dit ook van vroeg af deur die kerkvaders aangegee is (Irenaeus, Klemens), hoewel dit duidelik is dat hy nie alles kon geskryf het nie (21:24 is ’n beskrywing van hom).
Johannes se naam word egter nêrens as skrywer in die evangelie genoem nie. Die evangelie noem net ’n naamlose dissipel as bron van die inhoud van die evangelie. Hy was ’n ooggetuie van onder andere die kruisdood (19:35) sowel as die leë graf (20:2) en word die dissipel genoem vir wie Jesus baie lief was en aan wie Hy sy moeder toevertrou (19:26-27 – vgl ook 13:23; 20:2; 21:7). Hy word beskrywe as: “die dissipel wat oor al hierdie dinge getuienis aflê en dit beskrywe het, en ons weet dat sy getuienis waar is” (21:24). Die “ons” wat dit skrywe, is egter waarskynlik die redakteur of selfs outeur van die evangelie. Maar die dissipel op wie se getuienis staatgemaak word, se naam word nêrens eksplisiet genoem nie.
Hoewel hierdie dissipel dus gewoonlik met Johannes verbind word, en sy getuienis die basis vorm vir die evangelie, kan ons nie die outeurskap van Johannes bo alle redelike twyfel vasstel nie. Wat ons wel van seker is, is dat die evangelie op ’n ooggetuie verslag uit die tyd van Jesus berus, en daarom deur die kerk as gesaghebbend aanvaar is. Die plek waar dit geskryf is, word gewoonlik as Efese aangedui, omdat dit die plek is waar Johannes lank gewerk het, voor hy na Patmos verban is (Irenaeus).
Die meeste geleerdes dateer die evangelie van Johannes ná die ander sinoptiese evangelies, êrens tussen 70-100 n C.
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar