WEEK 4: Johannes 13:1-17:26
Ons begin vandag die tweede deel van die Johannes evangelie lees waar die fokus gaan val op die persoonlike bediening van Jesus aan sy dissipels wat uitmond in sy verheerliking deur sy lyding, kruisdood en opstanding as publieke getuienis aan die wêreld binne die konteks van Jesus se bywoning van sy laaste Paasfees.
Ons lees in die volgende 5 dae:
- Johannes 13:1–30 – Jesus wat die voete van sy dissipels was en wys hoe ware gemeenskap werk, en tegelykertyd vir Judas as Sy verraaier uitwys;
- Johannes 13:31–14:31 – Jesus wat sy dissipels verder en baie persoonlik onderrig dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is;
- Johannes 15:1–26 – Jesus wat hulle innooi in ’n diep gemeenskap met Hom as die ware wynstok;
- Johannes 16:1-33 – Jesus wat die werk van die Heilige Gees as voortsetting van sy eie bediening verkondig;
- Johannes 17:1–26 – Jesus se gebed vir sy dissipels om in ’n diep eenheid met God en met mekaar te leef.
Onlangse kommentaar