Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde
RUS
- Ek raak stil voor die Here en vra vir insig in wat Hy aan my openbaar deur die evangelie.
HOOR
- In my lees van hierdie gedeelte tref die volgende aspekte my:
Die gedeelte bestaan uit vier perikope:
- die 2de wonderteken van die genesing van die regeringsamptenaar se seun (Matteus 8:5-13 en Lukas 7:1-10 het ’n soortgelyke verhaal waar dit ’n slaaf is wat genees word) – 4:43-54;
- die 3de wonderteken van die genesing van die siek man by die bad van Betesda – 5:1-17;
- die verweer van Jesus teen die Jode wat reeds nou al sy dood beplan, dat Sy genesings sy band met die Vader bevestig wat die ewige lewe gee vir elkeen wat in Hom glo – 5:18-29;
- die werk van Jesus wat Hy as getuienis aanbied waarmee Hy mense uitnooi om die lewe uit Sy hand te aanvaar, ’n getuienis wat ooreenkom met wat die Skrifte inderdaad ook oor Hom getuig, as hulle dit net sou glo – 5:30-47.
Onlangse kommentaar